Vier vas ná moord op Vrystaatse polisielid

Argieffoto van ‘n gedenkdiens vir polisielede wat dood is. (Foto: GCIS)

Vier mans is in hegtenis geneem vir die moord op ʼn Vrystaatse polisielid vroeër vandeesmaand.

Sers. Koos Mokoena, verbonde aan die Vrystaatse provinsiale veiligheidsintelligensie-eenheid, is vermoedelik op 2 Augustus in Phuthaditjhaba ontvoer en van sy staatsvoertuig en ander elektroniese toerusting beroof.

ʼn Gesamentlike operasie tussen die Valke se eenheid vir ernstige georganiseerde misdaad, misdaadintelligensie, asook die taktiese reaksie-eenheid, het die afgelope naweek tot ʼn deurbraak gelei.

“Op 8 Augustus is inligting opgevolg en die liggaam van sers. Mokoena, asook dié van ʼn burgerlike persoon, is naby die Basotho-kulturele dorpie in Phuthaditjhaba gevind. Die sersant se staatsvoertuig is verlate in nabygeleë Lesotho gevind,” het ao. Lynda Steyn, woordvoerder van die Valke in die Vrystaat, gesê.

Die ander persoon se naam is nie bekend gemaak nie.

“Die vier verdagtes, Setoro Koenehelo (33), Rasunyane Pule Enoch (27), Ralejoe Patrick Tumelo (27) en Teboho Mokoena (24), het Maandag in die Phuthaditjhaba-landdroshof verskyn.

“Die saak teen hulle uitgestel tot volgende week,” het Steyn gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Pieter ·

Snaaks hoe gou hulle die klomp gevang het as dit nou n plaasboer was dan het daar niks van gekom nie

Neels ·

Ad die gesamentlike mag maar net so ywerig was om die skuldiges by plaas moorde te vang dan was die tronke oorvol

Karlahari ·

Sal graag wil weet of hulle Lesotho of SA burgers is……

Pieter ·

Jy gaan lank wag broer glo my die plaas moorde word gereel ons blankes loop en slaap

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.