Volbank regters sal Ramaphosa-aansoek aanhoor

Pres. Cyril Ramaphosa. (Foto: ANC/Twitter)

Die saak tussen pres. Cyril Ramaphosa en oudpres. Jacob Zuma sal Donderdag voor ʼn volbank regters aangehoor word. Ramaphosa se dringende aansoek om Zuma se privaat vervolging van hom stop te sit, sou aanvanklik Dinsdag op ʼn virtuele platform aangehoor word. Dit sal egter nou in die Johannesburgse hooggeregshof self plaasvind.

Die Jacob Zuma-stigting het oudergewoonte ʼn eier hieroor gelê en op Twitter gesê geen partye het gevra vir ʼn volbank regters nie.

Die stigting het in Desember, op die vooraand van die ANC se leierskapsverkiesing, aangekondig dat Ramaphosa strafregtelik aangekla word as ʼn medepligtige tot “misdade wat deur onder andere adv. Billy Downer gepleeg is”.

Volgens Zuma wil Ramaphosa in sy hofaansoek vra dat die hof hom van die wet vrystel wat bepaal dat mense wat strafregtelik aangekla word, persoonlik in die hof moet verskyn.

“Dit is ʼn ongewone versoek deur iemand wat geen siekte of ander redes het behalwe dat hy die president van die land is nie,” lui die antwoordende verklaring wat Zuma Vrydag by die hof ingedien het.

In hofstukke wat Ramaphosa Dinsdag by die hof ingedien het, sê hy dat Zuma se poging om hom te vervolg ongeldig en onwettig is. Ramaphosa het kort ná die stigting se aankondiging gereageer en Zuma se “misbruik van regsprosesse” en verdraaiing van die nolle prosequi-bepaling “met absolute minagting” verwerp.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Prikkie ·

Kyk, as die comrades mekaar begin hof toe sleep, dan het die son laag gesak oor daardie party.

Sobymykoolkop ·

Die oorbelaste belastingbetaler se geld, in elk geval ramaphosa se geval

Pietie ·

Kan jy nou meer…….nou vat hulle mekaar in hof aan. What a joke.

annie ·

Dit begin wel lyk of Cyril die situasie begin geniet en misbruik dat hy die beste man vir die job as president is en dat al sy oortredinge daarom oorgesien moet word. Dit is so dat baie stemme opgegaan het dat Cyril tog uitgelos moet word oor die vreemde Phala-storie want sonder hom sal die land sink. Zuma het erg verbrou en hy moes al lankal goed gestraf gewees het, maar Cyril kan nou ook maar opsystaan. Ons sal deur al die kaders en flaters draf totdat iemand betroubaar opduik.

kaplyn ·

Hierdie het niks met die Phala-storie uit te waai nie. Gaan lees weer hierdie en vorige berigte hieroor.

JohanR ·

Slaat Ramaphosa Zuma. Wil daai glimlag van sy bakkies af vee!

LANA is ELANè ·

Onnodige proses waarvan dadels gaan kom en net verdere geld vd belastingebetaler vermors.

Pietertjie ·

Dis moeiliker om ‘n volbank van die “regte” Regters bymekaar te kry, en dít laat Zuma die eier lê. Hy gaan seker daarteen appelleer.

ES ·

Asof die ANC kan besluit of ‘n volbank regters nodig is of nie… die Regsbank besluit hoeveel regters is nodig, nie enige politieke party kan die Regsbank voorse nie.

es ·

Netflix of iemand moet n “series” maak van die klomp….sal baaaaie gewilde “series” wees

Carolina ·

Wanneer kok en koksmaat rusie kry, dan hoor jy waar die spek bly.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.