Vrystaat: ‘Verklaar brandgeteisterde gebiede tot rampgebiede’

(Foto: Twitter)

Die parlement se portefeuljekomitee vir landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling doen ’n beroep op Thoko Didiza, die minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, om die gebiede in die Vrystaat en Noord-Kaap wat die afgelope paar dae deur verwoestende veldbrande geraak is, tot rampgebiede te verklaar.

Meer as 100 000 hektaar is al verwoes en duisende diere dood nadat verwoestende veldbrande die afgelope paar dae in die omgewing van Hertzogville, Bultfontein, Hoopstad, Bloemhof en Dealesville woed.

(Foto: Twitter)

Maroela Media het vroeër berig ’n veldbrand het Sondag te midde van ’n betoging op die R708 tussen Hertzogville en Christiana uitgebreek en in die rigting van Bultfontein, Hoopstad en Dealesville versprei.

Weiding, lyndrade en ander infrastruktuur is verwoes terwyl beeste in sommige gevalle sewe plase ver gehardloop om van die brande te probeer ontsnap.

“Ons vertrou dat die ondersoek die moontlikheid van brandstigting sal uitskakel, aangesien dit ondenkbaar is waarom iemand sulke wydverspreide vernietiging wil veroorsaak,” sê Nkosi Zwelivelile Mandela, komiteevoorsitter, nou.

Altesaam nege persone is reeds in hegtenis geneem in verband met Sondag se betogings.

Die verdagtes word aangekla van openbare geweld en kwaadwillige saakbeskadiging.

’n Saak van brandstigting word ook ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Rentia ·

Dit is nie brande wat ontstaan het van ‘n stukkie glas wat in die veld gelê het nie…
Is dit vergelding vir mense wat opgestaan het vir waarin hulle glo? Gesê het hulle gaan nie vee net weggee soos ge-eis word nie? Geen skuur slaan aan die brand op sy eie in die middel van die nag nie – boere weet hoe om vlambare stowwe te skei, wel enige regdenkende mens weet dit! Hierdie is ‘n nuwe, absolute abnormale totale laagtepunt in Suid – Afrika. Mag ons genade ontvang om hierdeur te kom…

marius ·

Ondenkbaar ? Jou hoofman , sy hekwag en hul kornuit wat moorde aanhits sit en giggel daaroor .

PH ·

Ondenkbaar?. die probleem kom al jare. Nou’s dit “ondenkbaar”?

Reinier ·

So ondenkbaar soos om ou mense met strykysters te brand.iemand se knieë te boor,koelbloedig te vermoor, kinders te verkrag iemand aan sy nek aan n paal ophang….resiesperde te slaan totdat hulle uitgesit moet word…en die lys gaan aan…vir ONS is dit net so ondenkbaar…

Persheks Adri ·

Glad nie ondenkbaar nie die “common sense” moet gebruik word! Wat gaan die kaders en “our people” sê as daar NIKS is om te eet nie? O ja, jy gaan koop mos als by winkel ek’t vergeet dis wat hulle dink

Vernon ·

Ek hoop van harte ons volkie,veral die wat in stede bly se oe gaan nou bitter vinnig oop. Hierdie vergelding is n voortsetting van die moorde. Dit gaan defnitief nie oor wat hulle gaan eet as daar niks oor is nie,dit gaan oor vergelding .

Hoekom ·

Jy praat seker van die liberale, daar is liberale boere ook en om enigsins te hoop dat liberale se oë oopgaan is ongelukkig ondenkbaar. Baie mense in die stede en dorpe staan saam die boere. Moet nie ‘n skeiding skep tussen landelike en stedelike afrikaners nie. Ons almal is boere van afkoms…

Snowball ·

Ons in die stede gaan ook gebuk onder misdaad. Ek en my familie bid vir boere se veiligheid en God se beskerming – dis al wanneer ons oë toe is.

Janee ·

“Ondenkbaar dat sulke vernieting sal plaasvind??”….Kom nou asseblief! Almal weet…

Cherry ·

In Senekal het EFF lede gesing dat hulle boere moet brand nou brand dit en niemand weet niks. Die wiel draai net ‘n kwessie van tyd en hier is dalk ‘n oorlog.

Tino ·

Hierdie ongelowiges het niks om te verloor nie, hulle voel vere

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.