Waghond bekyk metropolisie se optrede ná vulstasie-voorval

‘n Skermgreep uit die video.

Die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) ondersoek die optrede van lede van die Tshwane-metropolisie ná die beweerde aanranding van ʼn jong vrou by ʼn vulstasie die afgelope week.

Kymie du Toit (28), ʼn kleuterskoolonderwyseres, is Dinsdag laatnag uit haar voertuig gepluk en in hegtenis geneem nadat sy glo versuim het om op ʼn verlate plek in opdrag van die metropolisie stil te hou.

Du Toit het tot by ʼn vulstasie in Moreletapark gery, waar die voorval op kringtelevisie opgeneem is. Sy was op pad huis toe nadat sy kinders in Centurion opgepas het. Die voorval is wyd op sosiale media versprei en het groot kritiek op die metropolisie ontlok.

Du Toit het aan Rapport gesê sy is geslaan, geskop en teen ʼn sementvloer gegooi. Luidens die koerant is sy boonop in Februarie beroof deur vier mans wat hulle as polisiebeamptes voorgedoen het. Die polisie het haar daarna aangeraai om, as sy ooit weer in ʼn soortgelyke situasie beland, aan die polisiebeamptes te beduie dat sy kennis neem van hulle, en dan stadig aan te ry na ʼn plek waar sy veilig voel.

Du Toit is glo in hegtenis geneem omdat sy volgens een van die polisiebeamptes “verdag” gelyk het. Die metropolisielede het volgens haar ook ʼn tyd lank met haar rondgery, voordat sy na ʼn polisiestasie geneem is.

Maroela Media het vroeër berig Justice Project SA (JPSA) het aangekondig dat hy sy goedkeuring van die sogenaamde Bloulig‑protokol, wat hy in 2013 in samewerking met die Padverkeersbestuurskorporasie (RTMC) ontwikkel het, terugtrek.

Een van die riglyne in die protokol was dat motoriste aan die polisie wys dat hulle die opdrag om stil te hou verstaan en dan stadig tot op ʼn veilige plek te ry – soos wat Du Toit oënskynlik in dié geval gedoen het.

JPSA-voorsitter Howard Dembovsky sê die protokol is destyds ontwikkel om die vlaag voorvalle waar misdadigers blou ligte op hul voertuie gebruik het om niksvermoedende motoriste te teiken, te help stuit.

Die sogenaamde bloulig-bendes het op dié manier enigiets van gewapende rooftogte tot kapings, verkragtings en moorde gepleeg. Die polisie het gesukkel om dié soort misdaad te stuit.

“Ten spyte hiervan is talle polisie- en verkeersbeamptes heeltemal ongevoelig oor die kwessie en glo hulle verkeerdelik dat die wet hulle bemagtig om lede van die publiek te misbruik wat hulself teen geweldsmisdaad probeer beskerm,” het Dembovsky gesê.

Sontago Seisa, Opod-woordvoerder, het bevestig dat die waghond-organisasie ʼn verslag oor die beweerde aanrandingsklagte teen die betrokke metropolisielede gekry het.

“Ons ondersoek duur voort en niemand is nog in hegtenis geneem nie,” het Seisa gesê.

Sr.supt. Isaac Mahamba, woordvoerder van die Tshwane-metropolisie, het Vrydag gesê die saak word ook departementeel ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

59 Kommentare

Christa ·

Hoop nie dis rassiste wat die saak ondersoek nie. Lyk my een en almal van ANC is be ooroordeeld.

M ·

Jou kommentaar het meriete Christa. Daar is geen ander rede vir hulle optrede nie. Iemand my nou die dag gese hulle huil nie as een van die MP se mense dood geskiet word nie toe is ek vies vir die man. Nou verstaan ek sy redenasie …

Anni ·

Ai Ai, dink net spul moes in hegtenis geneem gewees het. Di hoof metro polisie mut eers di video bekyk, om te sien of di dame ni dalk Sy lede aangerand het ni. Hoop Sy Kry n advokaat!!!

Jannie van Niekerk ·

Hulle sal die saak toesmeer. Die saak “word ondersoek”. Ek is seker teen die jaar 2219 sal die saak nog nie afgehandel wees nie. En ja, die saak sal beslis ondersoek word deur vooroorbedeelde polisiebeamptes wat sal glo hierdie slagoffer van polisiemisdaad is eerder die rassis. Daardie spul aanranders sal skotvry daarvan afkom.

Basjan ·

Sdl, die optrede van die metropolisie was beslis ras-gedrewe. Jy sal my nie anders kan oortuig nie.

Zoro ·

Sdl. ek stem volkome met jou die beamptes behandel almal met minagting – die rassisme is sommer twaak

JohanR ·

Daar moet nie eers hier gedink word nie. Die vyf lede moet dadelik geskors word voordat hulle soos ‘n pak honger honde, weer volgende naweek iemand aanval!

skurweberg ·

Die seniors wat hulle in hulle poste aangestel het moet ook voor stok gekry word, Die hele opleidingsprogram en werwing van lede om as metropolisie opgelei te word moet ondersoek word.

JZ ·

Basjan jy kan nie meer die waarheid se nie . Wat kan dit anders as ras gedrewe wees?

Willehond ·

Cherokee ek se ook hier gaan niks van kom nie. En ja dis spoeg en plak want dis wat nog elke keer gebeur!

Spark Plug ·

Ek stem saam theuns….daar sal niks van kom nie. Hoekom kry ek di idee Cherokee is dalk ook metro

PJ ·

Mag ek dit sè as dit wittes was wat n swarte so behandel het was die wittes lankal toe gesluit ?

George ·

Kymie laat hulle maar aangaan met hulle ondersoek, maar gaan jy aan met jou saak en gee hulle h…

Elize du Plessis ·

Ek hoop meer mense pas druk toe op die kamma wetstoepassers, ek het maar my bedenkinge oor Opod se ondersoek… Dit was n tipiese uitbuiting van magsposisie… Hoop hulle skaam hulle

Sdl ·

Wat het haar verdag laag lyk? Tree jy as polisie beampte so op as die persoon haarself oorgee?
Metro en SAPD lui julle mense better op.

Anoniem ·

Miskien is dit die hele probleem – SAPS lui hulle mense op.

CJ ·

Dit is wat gebeur as jy mense mag gee wat nie weet hoe om dit te hanteer nie. Dink net wat gaan gebeur as hulle net graad nege (9) agter hulle naam het.
Wat gaan dan van ons word.

C ·

En as dit nou wit verkeersbeamptes was met ‘n “African” dame wat presies dieselfde opgetree het, wat sou dan met hul gebeur het? Goeie vraag is dit nie?

Corrien ·

Juist, vooral siviel, vat alles van hulle weg. Tronkstrawe daar Bo op minimaal 10 jaar.

Hendrik ferreira ·

Dagvaar die klomp wat die arme meisie soos n pak wolwe aangeval het en open kriminele klagtes teen hulle vir aanranding en ontvoering.

J ·

Hierdie lede sal niks oorkom nie, sy was wit, andersom sou al 5 lede alreeds sonder werk gesit het, jammerlik dat n sekere woord baie meer reaksie uitlok as hierdie tipe vernederende optrede van onopgeleide mense, as dit n taxibestuurder gewees het, sou hulle hom nie eers probeer stop het nie

stem ·

roer metro, meisie, dis nou jou reg om op te maak vir al jou verlede se aksies van blouligte

Ig ·

Wonder wat sou gebeur het as sy n vuurwapen gehad het en haarself beskerm het?? Arme weerlose vrou in die hande van geregsdienaars, hoop hulle kry hulle dag.

Flying Dutchman ·

Volgens die letter van die wet is die metropolisie ‘n gewone burger sodra hy buite die wet optree soos wat hier gebeur het. As sy ‘n vuurwapen gehad het en haarself kon beskerm het sou hulle niks aan haar kon doen nie en kon sy haarself verdedig het teen die aanranding en kaping wat hulle met haar gedoen het,maar die ons weet die ANC “owerhede” gee nie om vir die wet nie en sy sou nie regverdige hofsaak gekry het as sy een van hulle sou skiet nie en sy sou dan die rassis gewees het wat die swart polisie aangeval het…

Ontstelde Pa ·

My seun is ook twee maande terug in Hatfield afgetrek. Hy het ‘n blok verder gery om net onder ‘n werkende straatlig te kom. Daar het hulle hom met ‘n pistool teen sy kop geslaan en hom agter in bantam bakkie gegooi. Toe het hulle vir bykans 30 minute hom vir ‘n “roofie ride” gevat. Agter in die bakkie was n los spaarwiel. Hy was oortrek met blou kolle en knoppe. Daarna het hulle hom by Brooklyn polisie gaan aflaai. Ek was eers toegelaat om hom’ n dag later te sien. By die hof het hulle alle aanklagte summier laat vaar. So effektief het hulle hom vir twee en ‘n half dae net rondgeneuk. Niemand het eers om verskoning gevra nie.

Pieter Barnard ·

Nee nee, nie los rasisme nie. Hulle optrede was rasisties. So wa is die kamtige MRK? En waar is die SAP – intimidasie, ontvoering en aanranding – 5 jaar sonder parool ba dankie

Japie Venter ·

Die DA het n groter gemors van Pretoria en die groter Tswane area gemaak as die ANC. Hierdie is maar net nog n bewys van die wanorde wat daar heers. Metro polisie wat dink hulle is die regering en die DA kan hulle nie in beheer hou nie. Die DA het een kans gehad on Pretoria te regeer en sal nie weer die kans gegun word nie. Plakkerskampe in Pretoria Oos en selfs in die Pretoria Oos Begrafplaas het van krag tot krag gegaan en julle het niks daaraan gedoen nie. Julle is my stem nie waardig nie en kon al die jare net kritiseer en toe julle self moes uihaal en wys toe val julle plat

André-Chris ·

Ou Suid-Afrika, nuwe Suid Afrika. Ou DA, nuwe DA. ANC bly ANC. EFF bly EFF. VF Plus bly VFPlus.

Johan de Beer ·

Hierdie is nou ‘n aangeleentheid wat deur Afriforum en Gerrie Nel aangepak behoort te word. Dit is ‘n gulde geleentheid om te sorg dat sogenaamde “wetstoepassers” met hierdie tipe neigings duidelik die boodskap kry dat boewery soos díé nie net onder die mat ingevee sal word nie.
Kan ons nie dalk ‘n “crowdfund” begin om haar met kostes by te staan nie?

Anni ·

Anoniem Wat het di SAPS met di oplui, dis Lei vd metro uit te waai. Lewer kommentaar waaroor di berig gaan. Dis di metro polisie, en kommentaar gaan oor hulle optrede. Dankie

Willem Grobler ·

Omdat sy “verdag gelyk het” of omdat sy ‘n wit vrou was wat alleen in haar motor was? Die gevaarlikste ding op die pad is ‘n halfgeleerde megalomaniak in ‘n uniform.

Niklaas ·

Die berig meld dat die waghond die voorval se beeldmateriaal “bekyk”. En wat dan ? Hoop daar word opgetree voor middel 2021. Dis n blanke dame wat rondgepluk is en derhalwe nie juis iets ernstigs vir ons owerhede nie. Mens twyfel maar of stappe gaan volg , maar laat ons wag en kyk of iets gaan kom hiervan.

Pampoen ·

Die land en sy regering is so deurmekaar dat ons arme. Blankes ook nie meer weet wanneer ons reg optree nie. Gelukkig het die dame na ‘n plek toe gery wat kameras gehad het, anders was dit net haar woord teen die spul pape en hulle sou gewen het. Dit is sulke optredes wat my, my respek vir die polisie heeltemal knou. Hoop hulle almal sit sommer gou sonder werk.

Pampoen ·

Hi Pampoen, As jy onder my naam wil skryf moet jy asseblief ‘n goeie job doen. Ek duld geen spel of grammatika foute nie!

June ·

As dit nie op kringtelevisie vasgevang was nie, sou niemand haar geglo het nie. Hulle sou eenvoudig net gelieg het om hulle waglike optrede te regverdig. Daar is baie meer gevalle wat nie eens aangemeld word nie.

Apie ·

Kan hierdie swart BOELIES asb verduidelik wat soo verdag was aan n onskuldige meisie? Was sy die enigste een wat “verdag” voorgekom het? Roer hulle Kymie, roer hulle!!

Mens ·

Die vraag is – hoe word hulle opgelei? Wat is die riglyne? Karre en veral taxies word gehoor deur die oorverdofende musiek lank voordat hulle gesien word. Die Metro/verkeerspolisie weet blykbaar nie dis n oortreding nie. Rommel word deur voertuig vensters geslinger om reg voor metriese se voete te land. Metro / verkeerspolisie weet nie dis n oortreding nie. Voertuig bestuurders ry oop en bloot met n 750ml voor hulle monde en Metro / verkeerspolisie weet steeds nie dis n oortreding nie! Wat word hulle dus geleer? Dat net blankes wette oortree?

Sakkie ·

Ek bevraagteken ook die metropolisie se bekwaamheid. Die ander dag is ek afgetrek omdat ek kwansuis nie by n stopteken gestop het nie. Ek ry elkedag daardie pad en ek weet hulle staan gereeld daar om mense af te trek juis vir daardie stopstraat. n mens kan hulle ook myle voor die tyd daar sien staan, so hoekom sal ek myself in die moeilikheid bring as ek hulle sien en nie te stop nie. So trek die metrpolisie lid my af en se ek het nie gestop nie. Na n lang woordeverwisseling se sy vir my sy gaan my dan skryf vir my veiligheidsgordel wat ek los gemaak het om my beursie uit tehaal vir my rybewys. So my siening is dit sal altyd jou woord teen hulle woord wees. en as hulle ootuig is jy het oortree dan moet jy maar hulle onopgeleide beslissing net so aanvaar want hulle is die wet en jy nie.

André-Chris ·

Ek was jare gelede in die private sektor dikwels deur die instansie vir wie ek gewerk het verplaas om onder andere na daardie takkantoor se werkverrigting om te sien. By die takkantoor het ek elkeen se pligte gevalueer, dus, wie doen wat, wanneer en hoe, daarna het regstelling gevolg na gelang van die omstandighede om aan ‘n sekere standaard te voldoen. Dieselfde is toegepas waar ek by die stigting van ‘n nuwe takkantoor betrokke was.

Ek wil my verstout om te sê, hierdie mag dalk vandag nog in die private sektor gebeur, maar nie in die openbare sektor of regeringsdepartemente nie, daar tel net getalle in diens en die aantal lessenaars. Dan wonder ek as ‘n nuwe politieke party ‘n area/munisipaliteit edm oorneem word daar hoegenaamd aan die standaard en manier van hoe die werk gedoen word aandag verleen, die kennis van die persoon wat die werk verrig, is hulle tevrede daarmee? En deurlopend of van tyd tot tyd met die evaluasie van elke werker voor salarisaanpassing of bevordering?

Hector Jooste ·

Die feit van die saak is dat ‘n groot hoeveelheid lede van die SAPD asook lede van Metropolisie in verskeie Suid-Afrikaanse stede is self kriminele.

AndrewL ·

Was sy amper ‘n tweede keer beroof deur’ n bloulig bende?

JZ ·

Waar is die MRK nou wat altyd so vinnig is om te oordeel soos ons ondervind het in Langebaan’

Sonja ·

Hoor ons ooit die uitslag? Waarom is hulle tydelik geskors tewyl die ondersoek aan die gang is nie. Jy kan sien die slagoffer is klein fyn gebou, watter skade kon sy die metro doen, hulle het haar hardhandig behandel en nie eers n kans gegee om iets te verduidelik nie. Waar is ons mense regte?????????????

Annelize ·

Bekyk???

Dis tyd dat die waghond begin byt, want die vet weet, as dit nie blatante magsvergryp is nie, weet ek nie!!! Ek hoop hierdie meisiekind trek hulle kaal uit in die hof, nie net strafregtelik nie, maar siviel ook, Ek weet, ek sou.

Suzette Geringer ·

Ek stem saam Annelize. Ek sou dit ook gedoen het.

Willie ·

As dit my kind was, sou ek julle persoonlik besoek het… en mooi gepraat het…

Johan ·

Een woord: ” Ontvoering” met voorbedagte rade, deur eers met haar rond te ry.

VanAfrika ·

Man, julle moet bietjie facebook gaan lees. Sy het klaar regshulp en gaan hulle dagvaar. Daar is n advokaat met die naam van Willie wat haar besonderhede gesoek het wat haar wil help. Dalk is dit haar regshulp.
So los maar vir Gerrie Nel, julle hoor buitendien niks van sy kant af as hy n saak aanvat. Ek hoop die Metropolisie betaal so baie aan Kymie uit dat hulle vir die volgende paar heer geen bonus ontvang nie.

Wonder ·

Moet ons nou stop vir polisie of kan ons na ‘n veilige plek ry verstaan nou nie so mooi nie.

George in Bloem ·

Hulle “bekyk” die voorval? Pleks hulle eerder daadwerklik optree. Ek is seker daai onbevoegde lafhartige rassistiese bende aanvallers is almal syeeds daagliks by die werk asof niks gebeur het nie.

Joey ·

Opod moet weet baie hou die ondersoek dop. Hoe kan niemand nog aangekla wees nie…..kroonwild dalk?

louis strydom ·

dis baie interesant n week gelede het n taxi oor n rooi verkeeerslig gery in Isando en 2 fietsryers doodgery metro en polisie op toneel nie taxi bestuurder in hegtenis geneem nie so wat nou maar die “verdagte” persoon in hegtenis geneem KOM ONS WEES EERLIK DIS RAS GEMOTIVEERD

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.