Weermag in Dunoon midde protesaksies

Verlede week se betogings. Foto: Stad Kaapstad

Lede van die weermag is in Dunoon naby Bloubergstrand in die Wes-Kaap ontplooi te midde van die afgelope paar dae se gewelddadige protesaksies in die gebied.

Weermaglede is sedert gisteraand besig met operasies in die Tableview- en Dunoon-gebied, veral by die taxistaanplekke, het brig. Novela Potelwa, polisiewoordvoerder, gesê.

“Die operasies is vanoggend hervat en fokus op goed wat tot misdaad lei, soos vuurwapens en dwelms. Dit moet ook genoem word dat die weermag nie in die omgewing ontplooi is om die protesaksies te hanteer nie, maar as deel van geteikende operasies om misdaad en die gebeure wat daaruit voortspruit te hanteer.”

Een van die vragmotors wat verlede week aan die brand gesteek is. Foto: Stad Kaapstad

ʼn Vragmotor is Maandag in die gebied aan die brand gesteek. Volgens Siyabulela Malo, ʼn polisiewoordvoerder, is die vragmotor wat eiers vervoer het aan die brand gesteek waarna die vrag gesteel is. “Die vragmotorbestuurder is nie tydens die voorval beseer nie en niemand is nog in hegtenis geneem nie.”

Dit volg nadat twee vragmotors Vrydag ook aan die brand gesteek is en motoriste met klippe bestook is.

JP Smith, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid, het vroeër gesê die Stad Kaapstad het reeds aansienlike hulpbronne beskikbaar gestel om die SAPD by te staan om die voortdurende onrus en vandalisme in die Dunoon- en Milnerton-omgewing onder beheer te bring.

Betogers op ‘n besige snelweg tydens protesaksies. Foto: Stad Kaapstad

Die onrus het reeds verlede week begin, na bewering in reaksie op ’n operasie deur die stad se verkeersdiens rakende minibustaxi’s. Volgens Smith is taxibestuurders en -eienaars van mening dat hulle nie beboet of gearresteer moet word vir oortredings nie en dat die stad hulle eers moet betrek by besprekings oor hierdie oortredings. “Dit is ’n verregaande voorstel.”

Smith het ʼn beroep op die polisie gedoen om diegene wat verantwoordelik is vir die geweld, beserings en skade aan openbare en private eiendom voor stok te kry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Salamander ·

Kan hulle nie maar ‘n demonstrasie gee oor hoe hierdie tipe van onluste en terroriste bedrywighede in die ’80s hanteer is nie?

HARRY ·

Glo nie hulle weet hoe ons dit gedoen het in die ’80s nie .

HPV ·

Nou praat jy Harry, ons het sulke onluste sommer in die kiem gesmoor want ons was prakties opgelei en moes onlustebeheer gereeld toepas.

JR ·

Die ja stem van die verlede om in liefde en harmony saam te leef was misleidend want dit was eerder om die duiwel in ons land los te laat

Onnodig ·

Bespreking van oortredings? As ons nou almal daarop aandring?

JohanR ·

Een of ander tyd moet die skerpunt ammunisie uitkom?? Die mooi praat en soebat hulp net niks nie!

Brandslang ·

Belastingbetalers sal betaal vir als wat afgebreek of uitgebrand word! Moenie bekommerd wees nie, die regering is nog in volle beheer. Dis die belastingbetalers wie se geld so verbrand en verwoes word, maar dit is nie ernstig nie. Dis mos maklik, kry net nog iets om te belas, soos suikebelastingr, en die regering kry al die geld binne een dag om die skade te betaal.

James ·

Net nog n heerlike dag vir mense wat die belasting betaal en wil werk nie..

potlood ·

Let wel, hulle is ontplooi om misdaad te verhoed, maar nie hierdie misdaad nie…

George ·

Kan jy glo….betogings op ‘n snelweg!!! Wat het van wetstoepassers geword?????

George ·

Kan jy glo, betogings op die snelweg…… BESTAAN DAAR NOG SO IETS SOOS WETSTOEPASSERS????

boet ·

Dit lyk of die weermag geen verskil maak nie, hulle monitor hoe die trokke uitbrand soos SAP.

Marna ·

En nog ‘n hartseer punt: daardie is splinter nuwe geteerde paaie waarop hul nou so brand en aangaan. Die N7 is besig met konstruksie, alles ‘verniet’.

Elana ·

Ons word gyselaar gehou in ons area en die arme mense wat daar bly mag nie gaan werk nie. Die gedrag is totaal onaanvaarbaar en die oortreders kom weg daarmee. Hoe is daar soveel haat in iemand se hart om dit te doen?

Kobus ·

M.A.W. Die sg. Protesoptredes word steeds beskerm en die Gemeenskap moet die prys betaal. Kan iemand my antwoord asb. Hie is dit dat mense kan roof brand aanrand en verniel onder die dekmantel van hulle ” Grondwetlike Reg” om te protesteer maar die res van die gemeenskap wie se eiendom en leqens bedreig en beskadig word se ” grondwetlike reg” op vreedsame bestasn word nie erken nie. Kan die DA sommer vir my antwoord asb.

James ·

Die kern van al die geweldadigheid, van Plet tot Kaapstad, is die stille Xhosa-inval uit die Ooskaap uit. Hulle trek al vir jare uit hul ANC tuiste (swak regering) , al agter die goeie regering aan – en kom breek en brand.

Tyd vir die Xhosas om terug te trek huistoe – daar oos van die Visrivier.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.