Zuma nou na Grondwethof oor Downer

Adv. Billy Downer tydens een van oudpres. Jacob Zuma se vorige hofverskynings. (Foto: AFP)

In nog ʼn desperate poging om van adv. Billy Downer ontslae te raak gaan oudpres. Jacob Zuma hom nou tot die Konstitusionele Hof wend.

Zuma probeer nou al sedert Oktober verlede jaar om Downer as die aanklaer in die korrupsiesaak teen hom te laat verwyder. In sy mees onlangse nederlaag het die appèlhof sy aansoek in Maart van die hand gewys en gesê daar is geen redelike vooruitsig dat die aansoek sal slaag nie. Zuma beskuldig Downer van vooroordeel.

“Ons het bevestiging van Zuma se regspan gekry dat hulle ʼn aansoek direk by die Grondwethof ingedien het om teen die appèlhof se uitspraak te appelleer,” het die Zuma Stigting Saterdag in ʼn verklaring gesê.

“Ons kan ook bevestig dat hy nié Maandag 17 Oktober in die hof teenwoordig sal wees nie.”

Zuma en die wapenvervaardiger Thales se saak kom Maandag weer in die hooggeregshof in KwaZulu-Natal voor. Die saak sloer nou al 20 jaar en sal waarskynlik wéér Maandag uitgestel word, aangesien die hof sal moet wag vir ʼn uitspraak van die Konstitusionele hof oor die appѐlaansoek.

Zuma kla Downer en die joernalis Caren Maughan boonop privaat aan vir die oortreding van die Wet op die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG). Die saak is Maandag uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Yvonne ·

En dit is toelaatbaar……Zuma vergeet van die REGTER wat elkeen van ons gaan oordeel

domheks ·

Wys jou net weereens SA se regstelsel is pateties! Hoe kan di e ou man al 20 jaar wegkom met sy skelm streke en daar is net geen einde aan nie! Kan al kots as ek sy ou gesig sien.

Suid-Afrika Eerste - Vrydenker Vlakvark ·

Ek het al my vertroue in en respek vir die SA Grondwet, SA Handves van Menseregte, die Verkiesingstelsel, die SA Kriminele Regstelsel en die Parlement verloor. Demokrasie in SA is ‘n drogbeeld. Finish en klaar.

Republikein in die Wes Kaap ·

Downer is seker al naby aftrede. Hy moet terugstaan en ‘n ander aanklaer laat oorneem. Dan is Zuma se argumente by die agterdeur uit.

Veronika ·

Zuma sal nou enigeiets doen en uitruk om seker te maak hy staan nie tereg vir sy kader misdade nie. Toemaar die duiwel sal hom anyway kom haal!!

Owlie ·

Hoe is dit moontlik dat een persoon die gereg so kan rond mors, voorbeelde stel vir sy volgelinge, die hardwerkende blasting betaler se geld so mors deur regs kostes op te jaag, tyd vsn sake wat af gehsndel moet word vat en skotvry wegkom. Kan die DA, Solidariteit en Afriforum nie hier inklim en hierdie super geldmors speletjie stop nie Is dit nie duidelik genoeg dat hy in die eerste plek nie te siek is nie, in die 2de plek n regspan het wat weet hoe om die gereg se tyd te mors en in die 3de plek ophou om verkeerde voorbeelde te stel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.