Zuma sal in ope hof verhoor word

Oudpres. Jacob Zuma. (Foto: PHILL MAGAKOE/AFP)

Die hooggeregshof het oudpres. Jacob Zuma weer sy sin gegee. Hy sal volgende week toegelaat word om sy verhoor in die korrupsiesaak teen hom en die Franse wapenvervaardiger Thales persoonlik by te woon.

“Die verhoor sal in ’n ope hof voortgaan,” het regter Piet Koen Woensdag beslis nadat Zuma se advokate verlede maand aangevoer het dat die oudpresident benadeel sal word sou hy gedwing word om aanlyn verhoor te word.

Zuma dien tans 15 maande tronkstraf uit vir minagting van die hof nadat hy geweier het om voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping te getuig.

Maroela Media het vroeër berig die verdediging het aangevoer dat Zuma geregtig is op ’n openbare verhoor in persoon en dat sy regte geskend sal word sou hy tydens die verhoor telefonies en nie in ’n hof met sy regspan mag konsulteer nie.

Die verhoor in die saak teen hom en Thales sal vanaf 10 tot 14 Augustus plaasvind.

Die verhoor sal begin met Zuma se spesiale pleitrede dat hoofaanklaer adv. Billy Downer hom aan die saak onttrek. Die oudpresident beskuldig die advokaat onder meer daarvan dat hy inligting aan die media uitgelek het.

Die Zuma-stigting het Koen se besluit om die saak in die ope hof te laat aanhoor verwelkom.

Zuma word deur 16 klagte in die gesig gestaar vir die 1999-aankoop van onder meer vegvliegtuie, patrolliebote en weermagtoerusting van vyf Europese firmas terwyl hy Suid-Afrika se adjunkpresident was.

Hy word daarvan beskuldig dat hy sowat R4 miljoen in omkoopgeld van een van die maatskappye, die Franse vervaardigingsreus Thales, in sy sak gesteek het. Thales staan ook tereg op aanklag van korrupsie en geldwassery.

Die oudpresident is ook verlede maand toegelaat om sy broer se begrafnis by te woon.

Dié berig is gewysig sedert dit aanvanklik gepubliseer is. – RED

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Hennie J ·

Gee hom liewer nou sy sin, sover jy kan,want dan het hy en mpoofie nie iets om later oor te huil nie.

SjN ·

Moet hy nie in sy oranje pak verskyn nie en agter in n vangwa daagliks vervoer word nie?

Hennie J ·

Stem 100% met jou saam. Wat maak hom beter as ander bandiete?

Chris dupreez ·

Hoekom vrygelaat word om hof toe te gaan ? Hy kan mos soos ander kriminele in sy oranje oorpak gaan.

Benjamin ·

Hy word soos enige bandiet behandel, uitgeboek en hof toe gevat en elke aand weer in sy sel ingeboek word, dink nie hy word vrygelaat om verhoor te word nie

melaney ·

Ja hy kry altyd sy sin, maar tot een dag wat hy verewig sal berou.

Anoniem ·

Hoop die Regering het al hul beplanning klaar gedoen vir die volgende tragedie
wat ons land gaan tref.

Persheks Adri ·

Regtig vrygelaat om hof toe te gaan? Bring hom van die selle af soos ander wat in hof moet verskyn! Mens sal sweer hy’s spesiaal gggmmmfff

Androclus ·

Hy moet tronk lewenslank baie skade aan die land gedoen

Werner ·

Een manier vir hom om te ontsnap sy kaders Gaan amok maak en sy vrylating eis sou nie daai beweging toestaan nie

Jr ·

Careltjie en sy makkers het gedreig dat hulle gaan voor die hof betoog. Merk my woorde môre is dit wat nog staan geplunder en gebrand. Die staats se onintelligente intelligensie dept sal ook nie 2 en 2 bymekaar sit nie. En dan sal intelligente carguards sê hulle was hard besig om iets te doen. Whatever dit is!!!!

marius ·

Waarsku die hoofman van die land , dat indien daar oproer gaan wees , beter hy voorbereid wees dat die slang se kop gaan waai . Die land is siek en sat vir hierdie openlike toelating van onbeheersde anargie onder die vaandel van sogenaamde vreedsame optredes .

gatgogga ·

Vir die dae wat Zuma in die hof gaan sit, en nie in sy sel nie, moet hy sekerlik nie krediet kry teen sy vonnis nie.

Michal ·

“weer sy sin gegee”, wat anders, as jy bo die gereg is, dan is dit so

Frank John ·

Nog taktiek wat hy gebruik, beskuldig weer een van die regters.

Mariana ·

En wragtig kry hy weer sy sin. Hy het een of ander houvas of iets teenoor die regstelsel en regering. Hy kry heeltemal te veel regte vir die krimineel wat hy is. Hoekom nog tyd en geld mors, laat hom sommer vry want dit is tog wat gaan gebeur. Hy sal nooit verantwoordelikheid hoef te vat vir sy dade nie. Hy het dit nou al oor en oor bewys.

pompies ·

Ek hoop van harte dat hierdie dae uit die tronk gaan by sy 15maande getel word soos in die weermag, het hulle 2jaar plus dae of maande gehad vir die kere wat die troepe in DB was.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.