Zuma steeds gepla met Downer; saak (weer) uitgestel

Oudpres. Jacob Zuma. (Foto: Emmanuel Croset/AFP)

Oudpres. Jacob Zuma se korrupsiesaak is Maandag vir die soveelste keer uitgestel.

Dít nadat hy aangedui het dat hy nóg ’n aansoek teen adv. Billy Downer SC gaan indien in ’n poging om Downer van die saak te laat verwyder.

Zuma het vanoggend vlugtig in die hooggeregshof in Pietermaritzburg verskyn waar sy regspan die hof oor die beoogde aansoek ingelig het. Die saak is daarna tot Augustus uitgestel.

Regter Nkosinathi Chili hoor die saak nou aan nadat regter Piet Koen hom einde Januarie daaraan onttrek het.

Zuma probeer sedert Oktober 2021 om Downer as die aanklaer in die wapentransaksie-korrupsiesaak teen hom te laat verwyder en het hom selfs tot die Konstitusionele Hof gewend, maar die land se hoogste hof het die aansoek in Desember van die hand gewys.

Zuma beskuldig Downer van vooroordeel.

Ook Koen het voor sy onttrekking aan die saak bevind dat daar geen meriete in Zuma se klagte is nie.

Afgesien van Downer, kla Zuma ook die News24-verslaggewer Karyn Maughan privaat aan vir die oortreding van die Wet op die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG). Hy het met die private vervolging van die twee begin omdat hy meen dat Downer vertroulike inligting oor sy mediese toestand aan Maughan uitgelek het.

Zuma staan tereg op verskeie aanklagte van korrupsie, bedrog en rampokkery oor die aankoop van onder meer vegvliegtuie, patrolliebote en ander weermagtoerusting toe hy in die laat 1990’s adjunkpresident was. Hy word daarvan beskuldig dat hy omkoopgeld van die Franse wapenvervaardigingsreus Thales hiervoor ontvang het.

Thales staan ook tereg op aanklagte van korrupsie en geldwassery.

Die saak sloer egter al twee dekades en albei partye ontken skuld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Cabous like braai ·

Hy sal al in sy graf wees en niks sal van die saak kom nie…mors net ons belasting betalers se geld meer en meer

Cherokee ·

Wat presiès Cabous, betaal belastingbetalers daarvoor? Ek is onder die indruk hyself betaal daarvoor.

Piet Snot ·

As Koen teen Zuma bevind in enige vd tussenaansoeke, gee dit Zuma rede om te appelleer. Dan gaan die saak nog langer aan.
Koen was reg om Zuma volgens die letter vd wet korrek te behandel: dit verseker Zuma word eendag skuldig bevind.

efjy ·

Ag liewe tog. Hoe lank kan die gekke paradys nog voortgaan en wie betaal al die hofkostes.

Oosieoos ·

Zuma vra om tog net a kaans te kry om sy saak te beveg nou beveg hy sy eie versoek. Die grootste lafaard in SA se geskiedenis.

Republikein in die Wes Kaap ·

Hierdie saak gaan Downer besig hou tot lank na sy aftrede óf totdat Zuma afsterf.

Leana ·

Mag dit asb tog net gou gebeur, maar nou ja ons sal seker nie so gelukkig wees nie.

Stofdonkie ·

So gaan die tyd verby 4 maande op ‘n slag. Hy hoef net elke verskyning weer iets dom kwyt te raak dan loop hy weer vir 4 maande rond as ‘n vry skelm. Hy gaan nog doodgaan van ouderdom voor hy eendag verhoor kan word.

Pieter ·

‘n Lafaard wat teer op die patetiese lede vd Suid Afrikaanse regstelsel.

domheks ·

Dit is darem wonderlik dat die beskuldiges ons NVG kan voorskryf. Ou zupta sal rek en rek en nogmaals rek aan die vervolging. Hy moes al 20 jaar terug tronk toe gegaan het.

Andries ·

Zuma steeds op vrye voet wonder watter datum kry hy nou weer.

Perdeby ·

Haal net vir Downer af sodat die saak kan aangaan. Wat de hel!!!!!!

JohanR ·

Is daar geen regter in SA wat bereid is om te se genoeg is nou genoeg?

Willem ·

Ek hoop nie hy kry eendag ń staatsbegrafnis nie. Hy het nou al soveel van ons belasting betaler se geld gebruik. Eers vir ń ” firepool” en nou vir al die hofsake

Jaco ·

Wit staatsaanklaer in 2023? Sy ras pla my nie, maar wat dan nou van die ANC se alewige gekerm oor ongelykheid en transformasie van die regstelsel?

SjN ·

As terminale siekte lyer was dit seker vir hom baie moeilik en uitputtend om die hof by te woon en te hoor die saak is weereens uitgestel?

Johanna ·

Nee o hel kan die mense nie sien hy bedrieg hulle nie? Wie is hy beter as ander mense? Grootste nar is al wat hy beter is. Mense kom laat ons die land se regstelsel n mosie van wantroue instel

Alex ·

JZ is nou nes n mot om ‘n kers vlam. Hy hammer oor en oor oor die selfde ding en hy weet erens gaannhy brand, maar weet nie waneer nie. Dus hy speel vir tyd.

Cherokee ·

Dit sal so ‘n skok wees vir zuma as Downer homself sou onttrek. Dan sal hy na ‘n ander rede moet soek om uitstel te verkry. Miskien betaal Thales agteraf helfte van die kostes.

Samuel ·

Het mos vanoggend gesê Zuma gaan kry net ‘n nuwe hofdatum. Dit wil voorkom asof almal op die regbank bang is vir hom. Ek dink Cyril de broek bewe as Zuma sy kant toe kyk. Daar is mos wette vir kaders en ander wette vir gewone landsburgers.

Andrè ·

Waarmee is die ou …….. tevrede hoekom doen hy nie die samelewing ñ guns en just fade away

Papsak ·

Ja hulle speel vir tyd in tussen moet belastingbetalers vir hom betaal hy en malemma is seep glad kom met alles weg hulle moes lankal diep gebere geword en sleutel weg gegooi het

Francois ·

Dis wat mense met geld doen. n Sekere gewese Amerikaanse president probeer dieselfde truuks.

Lurock ·

Ag hemel tog. Gee tog hierdie korrupte mens sy vryheid want in die hof sal hy nooit kom nie. Ek wonder net, as ek so maklik hierdie foefies van verskoning gebruik, sal ek ook soos Zuma behandel word?

anko ·

Bring sy vriende wat wil voorkom of hulle van land tot land reis, terug na RSA en alles sal moontlik vinniger na ‘n kant toe gaan.

Koen ·

Los die ou man. Dis maar net ‘n grap en speletjie vir hom. Hy kry aandag en wys vir almal die vinger. En lag kliphard saam met sy vriende.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.