Iran het teruggetree, sê Trump

Donald Trump (Foto: Withuis/Twitter)

“So lank as wat ek president is van die VSA sal Iran nie toegelaat word om ʼn kernwapen te besit nie.”

Só het die Amerikaanse president Donald Trump Woensdag gesê ná ʼn missielaanval deur Iran op twee Irakese basisse waar Amerikaanse troepe tuisgaan. Trump het bygevoeg hy sal nie militêr reageer nie, ná inligting ontvang is dat niemand tydens die voorval beseer is nie.

Trump het Woensdag uit die Withuis gesê ʼn vroeëwaarskuwingstelsel het “baie goed gewerk” en geen Amerikaner of Irakees is beseer nie. “Amerikaners moet baie dankbaar en gelukkig wees oor die uitslag,” het hy bygevoeg. “Slegs geringe skade is aangerig. Ons soldate is almal veilig.”

Volgens Trump wil dit voorkom of Iran teruggetree het. “Dis ʼn goeie ding vir alle betrokke partye en die wêreld.”

Trump het onderneem om verdere ekonomiese sanksies teen Iran in te stel totdat dié land “sy gedrag verander”.

Die Amerikaanse president het bygevoeg Iran is die “grootste borg van terrorisme in hul strewe na kernwapens wat die beskaafde wêreld bedreig”. Hy maan die Verenigde Koninkryk, Duitsland, Frankryk, Rusland en China om die sogenaamde kernverdrag of die gesamentlike omvattende aksieplan (JCPOA) te laat vaar.

Hy gaan die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (Nato) ook versoek om meer betrokke te raak in die Midde-Ooste.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Devill ·

Seker maar omdat hy die magtigste man ter wêreld is.
Trump 2020!

anton ·

Wel Koos, hy kan maar oranje wees of pienk, solank hy nie lyk soos afrika se presidente nie en sal ek van hom hou!!!
Hy is n yster en gee nie om wie van my wil verskil nie.

Hentie ·

Ek het groot respek vir president Trump. Die Here het hom as President van Amerika opgerig. Pres Trump het reeds baie sukses behaal en is ‘n aanwins op menige gebiede in die wêreld, ook vir Israel. Mense is oningelig oor die suksesse wat hy behaal. Vergeet van sy verlede. Dit is ín die verlede ….. net soos elke kritikus sy eie verlede het!! Ek wens hom seën toe op elke moeilike besluit wat hy moet neem, en dat die Here se beskerming hom dra.

Pop ·

Trump het nog nooit in sy lewe drank gedrink of gerook nie. Daar is hy n voorbeeld vir baie.

Hanlie ·

Anton, stem saam met jou. Hy is die enigste president wat standpunt inneem en daarby hou. Byvoorbeeld: Ramaphosa, geen beurtkrag tot 17 Januarie nie, dis vandag die 9de Januarie. Dit se alles.

Jockey ·

Vra vir Robbie Wessels hoekom Trump so oranje is……………..SELF TAN LOTION WERK BETER AS ROOM…………!!!!!!!!!!!!!!

shark ·

trump vir my land, nie ruggraadloos soos ons regering nie..

Me ·

Ons mense in SA wat sulke kommentaar an ander mense se is regtig common God skape sy mense

toy ·

Hy kan maar lyk soos hy wil maar eending is seker Trump beskerm sy mense, nie soos hier waar mense uitgemoor word nie.

Hannatjie ·

Kyk na ‘n foto van Trump se Moeder … dieselfde kleur hare. Trump se broer is jare gelede dood aan te veel alkohol. Van toe af drink hy nie ‘n druppel alkohol nie. Wees versigtig wat se inligting julle verkondig!!

Troffel ·

YSTER!!! ‘n Man wat staan by sy woord en standpunt kan inneem.

Bloos ·

Hy maak sy gesig oranje sodat julle nie die aanhoudende blosery kan sien nie.

Denise ·

Watse vraag is dit asseblief raak groot respek vir ander al hou jy nie van die persoon nie.

Nel ·

Hy kan maar enige kleur onder die son wees wat hy wil, feit bly staan hy’s nie ‘n verkleurmannetjie as dit by verkiesingsbeloftes en kern sake kom nie.

Jossi ·

I’m proud to say he is my president! Ons het in die VSA floreer onder sy leierskap, maak nie saak wat wie se nie, kyk na die getalle.

Karen ·

@Pop jy se hy het nog nooit in sy lewe gerook of gedrink nie??? Hy het letterlik sy eie brand van Vodka uit gebring en jy kan maar Google, hy rook graag sigaare, maar okay.

Willie ·

O hy is die man van die oomblik. Nou wil ons regering ook n stywer in die beurs gooi terwyl hulle niks beteken nie. Een vliegtuig van Amerika sal ons hele weermag uitwis.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.