Prag, praal en protes by koning Charles se kroning

Groot opwinding heers in Londen oor die kroning van koning Charles III (Foto: Marco Bertorello/AFP)

Brittanje se eerste kroningseremonie in 70 jaar word Saterdag gehou, met Charles III wat gekroon word.

Die kroning is die godsdienstige bevestiging van die koning se troonbestyging ná die dood van sy ma, koningin Elizabeth II, in September verlede jaar. Charles se tweede vrou, Camilla, word terselfdertyd as koningin gekroon.

Aanhangers van die koninklikes het reeds Donderdag in The Mall naby die Buckingham-paleis hul sitplekke ingeneem om die geleentheid eerstehands te aanskou. Hooggeplaastes van oor die wêreld word ook by die geleentheid verwag.

Royal fans camping along the pocession route are entertained by a pianist on The Mall in central London, on May 4, 2023, ahead of the coronation weekend. SEBASTIEN BOZON

(Foto: Sebastien Bozon/AFP)

Die organiseerder van die kroningseremonie, die opperseremoniemeester – die hertog van Norfolk, Edward Fitzalan-Howard – het die geleentheid as “ʼn trotse oomblik” in Britse geskiedenis bestempel.

“Tydens die kroning sal die koning voor God en die nasie sweer om ons land as staatshoof te dien, asook ons wette en geregtigheid vir almal te handhaaf,” het die hertog gesê.

Spoggeleentheid

Alles moontlik is gedoen vir die grootste vertoning van Britse prag en praal in dekades met ʼn plegtigheid wat waarskynlik selfs die koningin se staatsbegrafnis gaan oortref.

Ongeveer 7 000 weermaglede – van berede troepe tot die marsjeerorkeste – sal aan ʼn parade deelneem wat met militêre presisie beplan is.

Charles en Camilla sal vanaf Buckingham-paleis in die Diamantjubileum-staatskoets reis en die terugtog, ná die seremonie, in die Goue Staatskoets doen. Die diens in die Westminster-abdy sal na verwagting sowat twee uur lank duur.

By die paleis sal hulle ʼn saluut van lede van die gewapende magte beantwoord en dan saam met ander lede van die koningshuis na ʼn seremoniële verbyvlug kyk.

Protes

Nie almal is egter in die bui om fees te vier nie. Republikeinse teenstanders wat ʼn verkose staatshoof voorstaan, beplan om Saterdag te betoog met plakkate wat lui “Not my king”. Talle jonger mense sê hulle vind geen aanklank by die kroningsplegtigheid of die monargie in die algemeen nie.

Verder in die wêreld is Charles se posisie ook maar wankelrig.

Marlene Malahoo Forte, Jamaika se minister vir reg- en konstitusionele sake, sê die Karibiese land kan sommer volgende jaar al ʼn referendum hou oor die moontlikheid om bande met die monargie te verbreek. “Jamaika in Jamaikaanse hande. Tyd om totsiens te sê,” het sy aan Sky News gesê.

Australië oorweeg ook grondwetlike wysigings om aan inheemse inwoners, eens onderdruk deur die Britse kroon, ʼn groter institusionele “stem” in beleidmaking te gee. Dit kan die aanloop wees tot ʼn toekomstige breuk.

Daar is ook versoeke dat Charles verskoning vra vir sy voorsate se betrokkenheid by kolonialisme en slawehandel.

En uit Suid-Afrika was daar oproepe dat die wêreld se grootste diamant, wat onder Britse bewind gevind is en nou deel vorm van die kroonjuwele wat Saterdag in die abdy gebruik word, aan die land terugbesorg word.

Koste

Bloemist Shane Connolly by Westminster-abdy in Londen (Foto: Yui Mok/AFP)

Politieke leiers hoop dat die kroningseremonie Brittanje met sy beste voet voor sal wys – en van die skade aan die land se internasionale aansien herstel wat deur sy uittrede uit die Europese Unie (EU) aangerig is.

Die presidente van Frankryk en Duitsland en senior EU-leiers sal onder die 2 300 gaste wees wat die plegtigheid bywoon. Verskeie koninklikes uit ander wêrelddele word ook verwag.

Die weelderige tentoonstelling van juwele, krone en vergulde koetse maak baie Britte effe bitter. Talle Britte steier onder die uitwerking van stygende lewenskoste, terwyl daar wydverspreide betogings is vir beter betaling.

“Ons leef nie dieselfde lewe nie. Mense kry swaar,” sê Eden Eawit (38), ʼn inwoner van Noord-Londen.

“Ek kook net twee dae per week. En verder eet ek net toebroodjies. Sommige mense het glad nie kos om te eet nie. Dit is taai.”

Die kroningsnaweek kos na raming sowat £100 miljoen (sowat R2 miljard) en die meeste hiervan word waarskynlik aan veiligheidsmaatreëls bestee. Volgens ʼn woordvoerder van Buckingham-paleis lok ʼn nasionale geleentheid soos hierdie groot wêreldwye belangstelling en dit vergoed vir die uitgawes wat aangegaan word.

UKHospitality, ʼn handelsliggaam, sê die kroningsnaweek, wat ʼn openbare vakansiedag Maandag insluit, kan £350 miljoen (sowat R7 miljard) vir die gasvryheidsbedryf genereer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

58 Kommentare

Amelia ·

Wat n mors van geld is ook seker belasting betalers se geld net soos in sa waar als met belasting betalers se geld gedoen word

Nommer 7 ·

Die monargie kos belastingbetalers sowat £80 miljoen pj, maar genereer sowat £1,7 miljard per jaar. Dus is die monargie ‘n finansiele bate.

Minnie ·

Net so Amelia. Die koningshuis betaal nie n sent nie.
Daar is duisende arm gesinne wat op straat leef, geen mediese hulp kan kry nie en bedel vir kos.
Die koningshuis het nog nooit omgegee vir die mense nie, behalwe Diana, ek kyk waar het sy geëindig. Nou behandel hul Harry nog slegter. Charles is nie daardie kroon werd nie….

Minnie ·

Absoluut belaglik. So baie mense in Engeland is brandarm, leef met siekes wat nie behandel kan word nie weens geldnood.
Met die tipe bedrae geld kon miljoene mense gehelp word.
Charles behoort hom te skaam. Hy het so baie geld ge erf by sy ma, hy kan self vir die sirkus betaal.
Hoop hy neem sy belofte aan God ernstig op en dat hy God smeek om hom te vergewe vir wat hy aan Diana gedoen het.

George ·

Hulle gaan moontlik £250mil+ inbring uit verskeie bedrywe, so ek sien niks fout hiermee nie, en weet jy hoeveel % van daai betaal belasting, wat terug gaan in die NHS ens in, heelwat meer as die £100mil.

Minnie ·

Ja, die aanhangers gaan geld spandeer en baie ook maar jy mis my hele punt. Die koningshuis haal nie n sent uit nie. Dis al wat ek probeer sê het.
Indien Charles self betaal het, sal die mense steeds baie geld spandeer en dan ontvang die NHS steeds die % en het hul land geen uitgawes nie.

George ·

So hy moet sy geld spandeer, sy persoonlike geld, sodat almal anders steeds kan pocket? Dis hoe die huis al werk vir centuries. Geen persoon sal self geld betaal, dat almal anders geld maak deur die persoonlike belegging nie, nie sonder om n 80% cut te vat nie, so op die einde kry almal meer as wat hul sou.

Republikein in die Wes Kaap ·

Baie van daai geld gaan vir wapens en geld wat na Zelinski gestuur word.

Nommer 7 ·

Die monargie kos belastingbetalers sowat £1.30 elk pj. Minder as een Macdonalds burger. Niks waarvoor Charles hom oor hoef te skaam nie

piet ·

Hulle weet dit nog net nie maar ek het ‘n voeltjie hoor fluit dat Ramaphosa daar gaan opdaag met ‘n t-shirt waarop staan: “I’m here to collect our diamonds”.

Republikein in die Wes Kaap ·

Daarna sal ons Ramaphosa nooit weer sien of hoor nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Eens welvarende Britte lê in pyn by die huis en wag vir operasies.

Minnie ·

Ja….en baie van hul sterf omdat hul nie die bybetalings kan maak nie.

George ·

Geniet dit! Is ongelooflik om te sien. Ignoreer die suurbolle.

Republikein in die Wes Kaap ·

Charles sal dit geniet. Wag al 74 jaar vir sy oomblik van glorie.

George ·

Ek hoop hy staan more op en se klip hard “today is the day for morning glory lads”

TruthDealer ·

Ek is seker maar een van daai suurbolle. Maar ek kon nog nooit die mensdom se beheptheid met koninklikes verstaan nie. Hoe pateties, om so gelukkig te wees dat iemand oor hulle regeer. Slaaf mentaliteit. Ook pik ek nie spesifiek op Charles nie. Ek gee nie om Watter land se burgers en watter koninklikes nie, dit bly pateties verby. Royalty don’t walk on water, they wash in it, just like the rest of us.

Lynne ·

What a show……… we don’t need Royalty Give the money to the poor folks from UK
Many poor people have to beg for money

ES ·

Andre, ek is ‘n Vrymesselaar en dit is vir my duidelik dat jy nie weet wat ‘n Vrymesselaar is, of doen nie… afduimpie vir jou my vriend.

M ·

Charles het verbatim verklaar dat hy nie in God Almagtig glo nie. Vals aflegging van ‘n Eed aldus.

Alta Alleman ·

Deur hom en sy nuwe vrou is Diana vandag nie meer met ons nie. Ek sal definitief nie kyk hoe hulle seënvier nie.

piet ·

Wie’t eerste oor die draad gekoekeloer, Charles of Diana, kan nie so lekker onthou nie?

George ·

Daar het meer geld verdwyn in SA tussen Maart 2020 en Desember 2020. Die korrupsie in Eskom alleen kan 7 elke jaar hou.

George ·

Ek het nie een van die komentaar oor geld gesien met die Queen se begrafnis nie, wat ook rondomby £90mil beloop het.

piet ·

Camilla lyk vir my baie netjies deesdae. Sy het jare terug vir my bale slordig voorgekom.

Daisy ·

In my opinie moes hy om ‘n beter indruk te skep, ‘n veel eenvoudiger en goedkoper seremonie gehou het

piet ·

Hy het blykbaar afgeskaal op sekere goed maar dis moeilik met so ‘n geleentheid (need to please the masses) en natuurlik is dit ook ‘n vertoonstuk vir die res van die wereld.

TruthDealer ·

Vertoonstuk vir sommige, walgstuk vir ander. Die massas moet maar voortskaap en lekker blêr oor hoe lekker dit is om n ander mens te aanbid. Dan boonop nog n mens wat vere voel vir sy onderdane. Ek sal letterlik liewer sit en kyk hoe n geverfde muur droog word. Ten minste sal dit my nie naar maak nie.

piet ·

Die huidige kroon is meer as 300 jaar oud en word in die “Tower of London” geberg en word net uitgehaal vir die kroningsgeleentheid (behalwe dat dit in 2018 uitgehaal is toe ‘n dokumenter daaroor gemaak is). Koningin Elizabeth het toe die kroon 70 jaar laas gesien (toe sy gekroon was). Blykbaar sal Charles die kroon vir minder as ‘n uur dra voor dit weer in die toring van Londen opgesluit sal word tot die volgende kroning. Heel interessant.

piet ·

Ek wonder of die ding skoongemaak word voor die kroning, daar moet verseker goggas opgaar deur die jare. Hoe word ‘n kroon “ge-dry clean”? LOL

Republikein in die Wes Kaap ·

Kroon is lankal verpand. Hy leen dit by China.

Duck ·

Wat ‘n belaglike spektakel. Miljoene “ponde” word vermors deur ‘n sleg familie wat nog nooit ‘n steek werk in hul lewe gedoen het nie. Parasiete wat teer op die Engelse en bonop ‘n klomp snobistiese klomp daarby.

Hennie ·

Die koninklikes het n bron van komedie geword. Hoop Koning Charles se veters is reg gestryk vir die (ver) geleentheid..

Nommer 7 ·

Ek sien dit as ‘n geleentheid om geskiedenis te eeste hands te ervaar.

ES ·

Of jy nou daarvan hou of nie – ‘n paar mense gaan BAIE geld uit die geleentheid maak.

Anonymouse ·

Mense en hulle afgode. Ek wonder hoeveel mense wat so opgewonde is oor die spektakel is net so opgewonde oor die Zoeloe koning. Ons het nie meer hierdie walglike ophefing van mense in vandag se tyd nodig nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.