Die fliekpremière vir die epiese periodefliek, Modder en Bloed, het Donderdag by Cedar Square in Johannesburg plaasgevind. Verskeie bekendes soos Leandie du Randt, Bok van Blerk, Hanna Grobler, Amalia Uys en Willem Botha het dié geleentheid bygewoon.
Alles vir die sleutelwoord "Bok van Blerk"
[Luister] Bok van Blerk sing ‘Modder en Bloed’-temalied
Die temaliedjie vir die nuwe Afrikaanse fliek, Modder en Bloed, is onlangs vrygestel en kan moontlik nóg ʼn treffer agter die sanger Bok van Blerk se naam wees.
Bok van Blerk toer landwyd vir 10 jaar-mylpaal
Die sanger Bok van Blerk is vanjaar tien jaar in die Afrikaanse musiekbedryf en beplan ʼn landwye toer om dié mylpaal te vier.
Bok van Blerk en Hanna Grobler verloor hul baba
Die sanger Bok van Blerk en sy vrou, Hanna Grobler, het hul babaseuntjie verloor.
Leading Lady: Bok van Blerk gaan maak ‘n draai by gewilde sepie
Bok van Blerk maak hierdie Vrydag sy verskyning op die stel van die Binnelanders om die vrystelling van die plaaslike fliek, Leading Lady, te vier en daar wag ‘n paar verrassings op die karakters van die gewilde sepie.
Lokprent: ʼn Brit in Brandfort
Die eerste internasionale lokprent van die rolprent Leading Lady word vandag om 12:00 eksklusief vir die eerste keer deur Maroela Media en Dark Matter Studios bekendgemaak.
Bok en Hannah trou stilletjies
Die Gautengers Bok van Blerk en sy jarelange meisie, die aktrise Hanna Grobler, het Saterdag stilletjies die knoop in Hoedspruit, Limpopo, deurgehaak.
De la Rey
De la Rey is gebaseer op die bekende Boere-generaal se lewe en het die top 10 gehaal in die populêre kategorie in die soeke na die Grootste Afrikaanse Liedjie van Alle Tye.