Alles vir Woensdag 26 November 2014

Hoekom verskille tussen Afrikaanse standpunte: noord versus suid?

“Hoe verklaar ek die psige van die Afrikaners in die noordelike provinsies?” vra ʼn Kaapstadse joernalis aan my. Daarna is sy baie snedig en beledigend oor hoe Afrikaners in die noordelike provinsies “agter” en “agterlik” is in hulle denke. Sy tel die Wes-Kaap en Noord-Kaap as suidelike provinsies. “Afrikaners verskil baie van mekaar en laat hulle nie sommer in kategorieë indeel nie. Dit is ook altyd gevaarlik om te veralgemeen,” berispe ek haar.