Die lang messe word sommer vroeg-vroeg uitgepluk in die Suidwestelike Distrikte se hoogs mededingende Premierliga wat op 27 Februarie al afskop.
Lees meerAlles vir Dinsdag 16 Februarie 2016
Valkeliga kry nuwe formaat
Die Valkerugbyunie (VRU) se klubligas kry vanjaar `n nuwe formaat.
Hoekom in die hof en nie op die rugbyveld nie?
Dis bitter jammer dat `n rugbyliga in die hof eerder as op die rugbyveld uitgespook moet word soos sake nou in die Oostelike Provinsie dreig om te gebeur.
Die ‘engel’ wat 160 mense se lewens gered het
Dit klink byna onwerklik: een man het oor nagenoeg 50 jaar, altesaam 160 mense gekeer om selfmoord te pleeg.
Verhoorafwagtendes ontsnap in Noordwes
Drie verhoorafwagtendes het Maandag uit selle by die Lehurutshe-landdroshof in Noordwes ontsnap.
Polisieman ondersoek ná broer en vriend sterf
ʼn 37-jarige polisiebeampte staan tereg op aanklag van die nalatige hantering van ʼn vuurwapen nadat sy broer glo die vuurwapen gesteel het en later dood is toe ʼn vriend hom daarmee doodgeskiet voor hy selfmoord gepleeg het.
Mynwerker aanspreeklik vir vyf se dood
’n Mynwerker van die Phakisa-myn buite Odendaalsrus in die Vrystaat is vroeër vandeesmaand skuldig bevind op vyf aanklagte van strafbare manslag.
Staatsrede 2016: Só sê Maimane
Mmusi Maimane, leier van die Demokratiese Alliansie (DA) het Dinsdag gesê president Jacob Zuma is veilig weggesteek, in ʼn parallelle heelal ver, ver hiervandaan: iewers op Planeet Zuma.
Staatsrede 2016: Só sê Malema
Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), het Dinsdag om verskoning gevra aan voormalige presidente Thabo Mbeki en Nelson Mandela dat hy gehelp het om Jacob Zuma as president aan te stel.
Noordwes-voortvlugtige aangekeer
Die polisie in Brits het Dinsdag een van die vier gevangenes, wat uit aanhouding ontsnap het, weer in hegtenis geneem.
ToekomsVenster: Dit kos sy liggaam en bloed
Wat het dit gekos om eenheid te bewerk? Alles. Hy het daarvoor gesterf. Jy is saam met Hom opgewek. Wees nou soos Hy. Jaag eenheid na!
Skoolseun, volwassene sterf in gru-botsing
Twee mense is dood en 24, meestal skoolkinders, is beseer toe ʼn skoolbus en nog twee voertuie buite Kimberley gebots het.
[Video] Drie in hof vir padwoede-aanranding
Drie mans het Maandag in die Kaapstad-landdroshof verskyn nadat hulle na bewering ʼn man tydens ʼn vermeende padwoedevoorval só erg aangerand het dat hy ʼn week lank in die waakeenheid van ʼn hospitaal was.
Bok van Blerk toer landwyd vir 10 jaar-mylpaal
Die sanger Bok van Blerk is vanjaar tien jaar in die Afrikaanse musiekbedryf en beplan ʼn landwye toer om dié mylpaal te vier.
Verlore ruimtevaarder wil huis toe kom
Ons almal ken teen dié tyd die vreemde e-posse wat jou versoek om ʼn klein bedraggie te betaal in ruil vir miljoene wat jy binne ʼn paar maande sal ontvang. Nou is daar ‘n splinternuwe weergawe van dié slenter.
Man ná wilde jaagtog in Pta doodgeskiet
ʼn Man is Maandag ná ʼn wilde jaagtog deur Pretoria se strate doodgeskiet.
Afleggings by De Beers; Anglo gaan drasties sny
“Indien Anglo American se afskaling eintlik met die ongunstige politieke en ekonomiese klimaat in Suid-Afrika te make het, moet die bestuur van die maatskappy dit openlik verklaar.”
Kenners evalueer skag by Lily-myn
Geologiese kenners was Dinsdag steeds besig om te bepaal of dit veilig is om reddingswerkers weer ondergronds te stuur by die Lily-myn waar drie mynwerkers al 11 dae lank vasgekeer is.
Schalk is ontslaan; kry bekende besoekers
Altesaam 25 dae nadat ʼn kritiek beseerde Schalk Viljoen (16) by die waakeenheid van die Muelmed-hospitaal in Pretoria ingedra is nadat hy deur ʼn snelbus voor sy skool getref is, het hy Maandagmiddag sonder komplikasies self daar uitgestap.
Staatsrede 2016: Volg debat regstreeks
Lede van die parlement begin om 14:00 met die debat oor pres. Jacob Zuma se staatsrede. Jy kan dié debat regstreeks op Maroela Media volg.