Begin verlang na ʼn nuwe aanraking van God deur Sy Gees. Bid die woorde van die Psalmdigter. Roep uit: “Here, ons het gehoor! Doen dit weer! Doen dit weer!”
Alles vir die sleutelwoord "Jannie Pelser"
ToekomsVenster: Die man met die gebreklike hand
Hoe reageer jy op mense wat aanspraak maak op jou tyd, geld, aandag, omgee, begrip, deernis en geduld? Skop jou hart daarteen? Wend jou dan tot Jesus; Hy maak harde harte sag. Jesus neem klipharte weg en vervang dit met harte van vlees.
ToekomsVenster: Jesus is Here oor die Sabbat
As ons weer luister na die Skrifgedeelte, kan jy jouself miskien afvra in watter mate God se rusdag in jóú lewe tot sy reg kom.
ToekomsVenster: Die vastyd
As ons weer ʼn keer na die Woord luister, vra jouself af in watter mate jou begrip van God en sy plan vir jou lewe en die wêreld bepaal word deur reëls, wette en regulasies. Moenie daaraan toegee nie. Asem die vryheid wat Jesus vir jou gekoop het, opnuut in.
ToekomsVenster: Jesus genees ʼn verlamde man
Wie bring jy vandag na Jesus toe?
ToekomsVenster: Die genesing van ʼn melaatse man
Vra Hom: “As U wil, kan U my genees, bevry, ontmoet, bedien …” Hoor as Hy sê: “Ek wil.”
ToekomsVenster: Nog genesing en voortgaande prediking
Eerste dinge eerste. Iemand het gesê: hoe besiger jy is, hoe meer tyd saam met die Here.
ToekomsVenster: Die genesing van Petrus se skoonmoeder
“Neem my lewe, laat dit, Heer, U gewy wees meer en meer.”
ToekomsVenster: Die besetene in Kapernaum
“Here, soms is ons as Christene en die manier waarop ons lewe die ergste blokkasie in die pad van die evangelie. Verwyder alles wat u saak ongeloofwaardig kan maak in my lewe.”
ToekomsVenster: Jesus roep sy eerste dissipels
God roep mense vandag nog om met Hom saam te loop. Hy wil hulle inskakel by die koms van sy Koninkryk. Sy woorde “Volg my” kom met dringendheid na jou vandag. Hoe antwoord jy Hom?
ToekomsVenster: Jesus begin preek
Hy het gesê: “Die tyd het aangebreek, en die koninkryk van God het naby gekom. Bekeer julle en glo die evangelie.”
ToekomsVenster: Kry die duiwel jou soms onder?
Jesus loop die woestyn in sonder dat die wilde diere Hom skade berokken. Hulle herken hul Skepper in hul midde. Die engele versorg Hom. Hy is oorwinnaar oor die bose en demonstreer dit grafies deur die oop graf.
ToekomsVenster: Die prys wat Hy namens jou betaal het
Iewers sê die Woord – skeur julle harte en nie julle klere nie. Het jou hart al geskeur oor die prys wat jou ongeregtigheid die Seun gekos het?
ToekomsVenster: Sy oproep dra krag
Bly jy eerder stil wanneer omstandighede jou roep om God se wil uit te basuin?
ToekomsVenster: Wanneer ek sake in my eie hande neem
Here, ’skuus dat ek soms myself kaptein maak! Ek val weer agter U in!
ToekomsVenster: Wanneer ek my roeping versaak
O Gees van God, kom reinig my van my selfgesentreerdheid.
ToekomsVenster: Om in pas te bly
Here, ek kry skaam dat ek so maklik uit pas raak met u karakter. Help my. Vorm my.
ToekomsVenster: Om met Hom te wandel
Here, ek begeer niks anders as om met U te wandel nie, soos Henog. Amen.
ToekomsVenster: Wat het jou lewenswandel met jou roeping te doen? Alles!
Here, kom toets die integriteit van my hart dat dit u Naam waardig sal wees.
ToekomsVenster: Om vir iemand ʼn blaaskans te gee
Dankie, Here, vir medegelowiges wat opdaag om my hart terug te sit in my lyf!