“Gaan op reis en vind vir my die mooiste ding wat bestaan…”
Alles vir die sleutelwoord "kinders"
Sam – ‘n ware verhaal van ‘n dogtertjie en haar olifant
“My naam is Marthe. En hierdie is die ware verhaal van my en my olifant…”
Sowaar, sowaar, Van Hunks is ’n towenaar!
Van Hunks se storie het jy mos gehoor, maar het jy geweet dat die ou glo kon toor?
En hoeveel twak het hy die dag gerook, en was hy ‘n mens of was hy ’n spook?
Uittreksel: Die kaskenades van Jakkals en Wolf
Jakkals moet teen hierdie tyd maar liewer uit Wolf se pad bly. As die twee mekaar sou raakloop, kan Jakkals dalk sleg daarvan afkom…
Die kaskenades van Jakkals en Wolf
Arme Wolf! Waar hy ook al kom, probeer die skelm Jakkals hom ’n streep trek. Die hare waai behoorlik – en saam beleef die twee van hulle allerhande skreeusnaakse avonture.
Kleuterland
Kleuterland is ‘n pragtige kinderboek met 40 stories en pragtige illustrasies vir kleuters.
Dierestories 2
Die diereverhale wat Von Wielligh versamel het van die Khoi-Khoi, is van die oudste diereverhale in Suid-Afrika.
Die storie van die klein gaatjie
’n Plesierige en spannende ontdekkingsreis op soek na ’n geheimsinnige klein gaatjie, wat uiteindelik nie so ver weg is nie…
Die hoenderdief
Hierdie woordlose prenteboek bied ’n nuwe en vermaaklike blik op die bekende jakkals-en hoenderverhaal.
Bleek Bennie se woeste hoes
Bleek Bennie is sowaar MOEG vir die HOES wat hom elke aand so wakker hou. Sal hy ’n plan kan maak om daarvan ontslae te raak?
Uittreksel: Mankepank en ander verse
Sporrie se feetjie
Neuskrap is lekker
“Neuskrap is lekker,” sê Olifant. En Muis stem saam. Net Padda mag nie neuskrap nie. Hoekom nie?
‘n Baie verliefde klein krokodilletjie
Krokodil loop al dae lank rusteloos rond. Soms kry hy te koud, soms kry hy te warm, soms is hy bitter hartseer, soms is hy so gelukkig dat hy die hele wêreld wil omhels. Dit is duidelik: Krokodil is verlief.
Karnallies
Karnallies is baie stout en vreeslik ongeskik
Maar as dit saakmaak, help hulle mekaar!
Is daar nie ’n karnallie in elke kind nie?
Die klein waterman
Die storie is humoristies en propvol avontuur – pragtig geïllustreer en perfek vir selflees en voorlees.
Die prinses en die eenhoring
Nicola Baxter Kom saam met prinses Madelein op `n betowerende avontuur waarin drome regtig waar word. Lees die storie in hierdie pragtige opwipboek en verken…
Haasmoles
Simon is verveeld. Dit reën al die hele dag lank buite. Maar dan BONS, BONS, BONS iets teen die trappe op.
Ottie
Ottie se pa is ʼn sjef by die Koperlyster Hotel. Hy word baie min betaal en omdat hy nie die regte papiere het nie, kan hy nie sommer net ʼn ander werk gaan soek nie. Wanneer die nare hoteleienaar hom ontslaan, moet Ottie en haar pa in hul bussie rondtrek en vir hom ʼn nuwe werk soek, maar eers gaan kampeer hulle uit in die parkeerterrein voor die “rekenaargebou” waar hy sy papiere moet kry… Ottie verstaan nie veel hiervan nie en hul dierevriendjies ook nie.
Die wraak van Knor
Bette Babs kry op haar verjaardag ’n varkie van haar oupa. Sy noem hom Knor. Dit lyk miskien of Bette ’n oulike oupa het, maar het hy Knor vir haar gegee omdat hy wil inskryf vir die VVVVVV (Vereniging Vir Vleisware Van Vars Varke) se Worswedstryd van die Eeu?
Die voëltjies se ABC
In hierdie boekie beeld Piet Grobler die alfabet op ’n baie oorspronklike manier uit. By elke letter laat hy die voëltjie iets sê en doen; een drink ’n glas leeg en breek ’n wind op (Burp!), ’n ander sit rustig op ’n tak tot ’n appel op sy kop val (Doink!), en ander voëltjies eet wurms (Njam!) of lê eiers (Plop!). Elke letter beslaan twee bladsye. Daar word telkens hoof- en kleinletters verskaf. Die interaksie tussen teks en illustrasie is baie snaaks: So breek ’n houtkapper ’n “T” met sy snawel middeldeur (Tok-tok-tok…) en maak ’n ander voël sy nes bo in die “Y”. Die voëltjies se ABC is ’n bekoorlike boekie wat vir ieder en elk plesier sal verskaf!