Verskeie programme volg dié maand op Showmax: kry ‘n huppel in jou stap ná 50 met Riaan Cruywagen en kom La’t Wiel met gesoute motorjoernaliste.
Alles vir die sleutelwoord "Showmax"
Die Boekklub: Kyk nou die volledige reeks
Die rolverdeling sluit groot name soos Jana Cilliers, Joan van Merch en Armand Aucamp in. Die storie speel dalk op ’n klein dorpie af, maar dit spreek groot temas aan.
Braai, reis en loop saam met bekendes in SA’ners se skoene
Veertien van die gewildste reekse op die Afrikaanse leefstylkanaal VIA word volledig op Showmax beskikbaar gestel.
Nudie-dokkie wat jy nie durf misloop
Die Springbok Nude Girls-dokkie bied jou meer oor die op én die af van dié groep, die hoë sowel as die lae note asook die spoor wat hulle gelaat het in die Suid-Afrikaanse musieklandskap.
Sink – die bekroonde film wat jou hart sal breek
Sink is ’n hartroerende portret van drie mense se pogings om met ’n verskriklike verlies saam te leef. Kritici was gaande oor die fliek en Leon van Nierop reken dis een van die 10 beste Afrikaanse flieks van alle tye. Dit is ook Maroela Media se tuisfliek van die maand.
Vir Altyd… gaan jou hart steel
Teen die asemrowende agtergrond van Mauritius begin die karakters – en die kyker – weer in liefde glo.
Agent 2000: Nuwe tienerfliek op Showmax
Walter du Toit is nie ’n gewone skoolkind van Randburg nie. So bietjie James Bond, so bietjie Sherlock Holmes en ’n groot klomp gesonde houding maak van hom Agent 2000…
Dink twee keer voordat jy in Boland moor
Luitenante André Fourie en Shane Williams krap kop. Dit is by verre een van die vreemdste moordsake nóg. Lede van die Macbeth-teatergeselskap sterf links en regs – en dit boonop op die vreemdste maniere.
Bekroonde Fokofpolisiekar-dokumentêr op ShowMax
Dit het minstens vier jaar geneem om ʼn dokumentêr te vervaardig wat vertel van die musiekgroep, Fokofpolisiekar, wat kultustatus bereik en die Afrikaanse musiektoneel hervorm het. Nou kan jy dié fliek ook heel eerste op ShowMax kyk!
Video: ‘Seepglad’ ook nou op ShowMax
Jy het nou al die verskeie wêrelde en die intriges van sepie-karakters leer ken, maar nou geekykNET se nuwe sitkom, Seepglad, jou die geleentheid om die wêreld agter die skerms van ’n gewilde sepie te leer ken. Seepglad is ook nou op ShowMax beskikbaar.
ShowMax: Jou Januarie-oorlewingsgids
Januarie het gans te vinnig gekom – jy het dan nou die dag nog op die strand lê en ontspan. As jy nog nie gereed is vir die nuwe jaar nie, kan jy vinnig ontspan: ShowMax kan help met ʼn praktiese gids tot die verskillende fases van Januarie – en die programme wat jou deur elke fase sal help!
Topvermaak dié vakansie op ShowMax
Een maal ’n jaar mag ʼn mens oordadig wees sonder dat enigiemand jou skeef aankyk: groot partytjies, hope kos, ellelange kuiers. Dié feestyd kan jy na hartelus agter die televisie lê sonder om ʼn oomblik te roer, en met die beste flieks en reekse beskikbaar op ShowMax, moet jy vinnig sorg dat jy aangeteken is.
Skaterlag saam met top-komediante op ShowMax
Droog, reguit, vindingryk en verrassend – die Skerpskerts Comedy Festival op ShowMax se humor sal van jou ʼn vroliker mens maak.
SA top-kortflieks eerste op ShowMax
Die room van die Suid-Afrikaanse rolprentbedryf word jaarliks ten toon gestel tydens die kykNET Silwerskermfees in Kaapstad. Nou kan jy dié rolprente ook in die gemak van jou huis op ShowMax kyk.
Video: Drama, intriges van ‘Boer soek ʼn vrou’ nou op ShowMax
Jy was vas oortuig dat hy die rooikop by hom op die plaas gaan laat aanbly, en toe kies hy die blondine. Nou staan daar ʼn week van naels kou tussen jou en Boer soek ʼn vrou, en wag is mos geen man se maat nie. Nou hóéf jy gelukkig ook nie meer te wag nie, aangesien jy die episodes in die jongste reeks sommer direk na mekaar kan kyk.
Video: Radio Raps net betyds op ShowMax vir die vakansietyd
Dié kêrel is nie op sy bek geval nie en sy praktiese raad lok duisende YouTube-kykers wat skater vir sy kwinkslae. As jy nie meer langer vir Jonathan van Radio Raps se fliek kan wag nie, kan jy solank sy lewendige optredes in Life 101 en Life 201 op ShowMax kyk.
Twee topflieks dié maand op ShowMax
Die verhaal het fliekgangers landwyd geruk. Dit was boeiend, rou en eerlik. Rolprentkritici was dit ook eens: Dis ek, Anna is een van die bestes. Die toekennings het ingestroom en Leon van Nierop het gesê dié fliek verdien internasionale erkenning. As jy dié bohaai gemis het, kan jy vandeesmaand agteroorsit wanneer ShowMax dié fliek na jou sitkamer bring.
Video: VIA-gunstelinge ook nou op ShowMax
Die aanlyn televisiediens ShowMax het Donderdag gesê hy gaan vanaf 20 Oktober nege gunstelingprogramme van die VIA-kanaal aan buitelanders beskikbaar stel, en agt programme aan Suid-Afrikaners.
Video: Ignoreer die dolle gejaag met Showmax
Wanneer het dit aanvaarbaar geword om in Oktober al die winkels vol Kersversierings te hang? Waar jy ook al kyk, is daar rooi balletjies en groen blare om jou te herinner dat die jaar einde se kant toe staan. Daar’s net twee maniere om dit te ignoreer: kyk weg, of kyk ShowMax.
Video: Bederf jou ‘oorsese maatjies’ met gratis ShowMax-kykbewys
ShowMax het pas ʼn pretmanier bedink om vriende en familie wat besluit het die gras is groener oorsee, terug te lok huis toe. Dié aanlyn televisiediens bied Suid-Afrikaners die geleentheid om vir oorsese geliefdes ʼn gratis 30-dae-geskenkbewys te skep wat hulle sal herinner waarom Suid-Afrika steeds tops is, met programme soos Binnelanders en Boer soek ʼn vrou.