Maroela Media se 10 gewildste gedoriewaar-stories vir 2021

Hierdie 10 artikels is in 2021 die meeste gelees op Maroela Media se Gedoriewaar-portaal.

  1. Meisie weier om dié verloofring te dra

ʼn Man word op sosiale media skerp veroordeel nadat hy sy meisie se oorlede ouma se trouring gebruik het om ʼn verloofring te laat maak – sonder om eers haar toestemming te kry.

Argieffoto (Slegs ter illustrasie) (Foto: Mike Lukin/Pixabay)

  1. Vrou beboet ná sy met man aan leiband loop

ʼn Vrou van Sherbrooke, Kanada, is met ʼn allemintige bedrag beboet nadat sy saam met ʼn man aan ʼn leiband gaan stap het.

Foto ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

  1. Prokureur sê só weet jy iemand lieg

Prokureur Michael Mandell het ʼn video op TikTok gedeel met raad hoe jy kan bepaal of iemand vir jou lieg – en dit het alles te doen met die manier hoe hulle die storie oorvertel.

Skermgreep uit die video

  1. Hoeveel hande? Foto laat mens kopkrap

ʼn Foto van ʼn groep vriende wat ʼn drankie geniet, laat mens twee keer kyk as jy die hoeveelheid drankies met die sigbare hande vergelyk.

(Foto: JenMsft/Twitter)

  1. Grappige wending toe vrou sukkel met parallelparkering

ʼn Video van ʼn vrou wat met parallelparkering sukkel word wyd versprei ná dit op TikTok gedeel is. Die beeldmateriaal, wat kykers lekker laat lag, wys hoe ʼn vrou sukkel om haar motor tussen twee ander motors te parkeer.

Skermgreep uit die video

  1. Ma verander baba se naam oor publiek se reaksie

Soms maak dit nie saak hoe ma’s en pa’s op ʼn naam besluit nie – sodra hulle die naam in alledaagse situasies begin gebruik, kan dit daartoe lei dat hulle die besluit heroorweeg.

Argieffoto (Foto: Pixabay)

  1. Debat toe vrou met haar spens wil spog

ʼn Vrou het onlangs foto’s van haar netjiese spens op sosiale media gedeel, maar per ongeluk ʼn debat oor een produk ontketen.

Candice Zappel se netjiese spens (Foto: Candice Zappel/Facebook)

  1. Bruid boos toe skoonma op onthaal verklee

ʼn Vrou se troudag is veronderstel om een ​​van die onvergeetlikste dae van haar lewe te wees, maar ongelukkig vir dié bruid word haar groot dag vir al die verkeerde redes onthou.

(Argieffoto: pixabay)

  1. Kritiek oor paartjie se ‘gulsige’ troukaartjie

ʼn Facebook-gebruiker het ʼn troukaartjie aanlyn gedeel waarna die paartjie van gulsigheid beskuldig is.

Die kaartjie wat na gaste uitgestuur is (Foto: Facebook)

  1. Bruid waarsku ander teen dié fout

ʼn Pasgetroude vrou het in ʼn videoboodskap gesê waaroor sy die meeste spyt is ná die troue en sy hoop dat niemand dieselfde fout as sy sal maak nie.

Nicole Pellegrino (Foto: Alex Ashman Photography)

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.