Maroela Media se 10 gewildste gedoriewaar-stories vir 2022

Hierdie 10 artikels is in 2022 die meeste gelees op Maroela Media se Gedoriewaar-portaal.

  1. Is jy linkerbrein of regterbrein? Dié prent het dalk die antwoord

ʼn Optiese illusie word wyd op sosiale media gedeel wat aanvoer dat dit kan onthul of ʼn persoon linkerbrein-dominant of regterbrein-dominant is.

Die optiese illusie wat wyd op sosiale media gedeel word

  1. Bruid se reëls vir metgeselle laat die wenkbroue lig

ʼn Troue is gewoonlik ʼn viering van ʼn paartjie wat aan mekaar trou wil beloof en by meeste seremonies word uitgenooide gaste aangemoedig om hul eie metgesel saam te bring.

Argieffoto (Foto: Pexels/Pixabay)

  1. Vreemde hond in die bed toe hulle wakker word

Verbeel jou jy word in die oggend wakker net om uit te vind die hond, wat knus teen jou gelê het, is nie joune nie. Dis presies wat met ʼn paartjie van Tennessee in die VSA gebeur het.

Julie Johnson saam met Nala (Skermgreep uit video-onderhoud)

  1. Dief vra om verskoning ná hy skootrekenaar steel

Die Twitter-gebruiker @Zweli_Thixo van Pretoria het ʼn boodskap gedeel wat hy van ʼn dief ontvang het nadat sy skootrekenaar gesteel is.

Skermskoot van @Zweli_Thixo se plasing

  1. Video: Wanneer die onthullingspartytjie skeefloop …

Moet mens pienk kousies of ʼn blou kombersie koop?

Skermgreep uit die video

  1. Pers wolk laat inwoners kopkrap

ʼn Raaiselagtige pers wolk het verlede week Sondag oor ʼn dorp in Chili aan die suidwestelike kus van Suid-Amerika verskyn.

(Foto: @JeannetteQuim/Twitter)

  1. Internet krap kop oor troufoto

ʼn Optiese illusie in ʼn foto van pasgetroudes laat die internet kop krap.

Die foto wat op Reddit gedeel is

  1. Bruid se enorme pastaslaai wek kommer

ʼn Bruid het internetgebruikers laat neus optrek met ʼn foto van haar doen-dit-self-spyseniering.

Die foto wat op Facebook gedeel is

  1. Motor se naam het SA’ners aan’t lag

China het met ’n splinternuwe motor vorendag gekom en die sportnutsvoertuig lok die terggees wat Suid-Afrikaners kenmerk nou behoorlik uit.

Die Sehol X8 Plus. (Foto: skermgreep)

  1. Tweeling trou met tweeling: Kyk hoe lyk die babas

Die identiese tweeling Briana en Brittany (35) het met ʼn identiese tweeling, Josh en Jeremy Salyers (37) getrou. En nou spog dié twee egpare elkeen met ʼn baba wat geneties só soortgelyk is, dat die nefies eintlik broers kan wees.

(Foto: SalyersTwins/Instagram)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.