‘n Seuntjie het op Oujaarsdag in Amanzimtoti, suid van Durban, verdrink.
Lees meerAlles vir Dinsdag 31 Desember 2013
“Oefen jou reg uit om te stem,” vra Zuma in Nuwejaarsboodskap
Suid-Afrikaners moet in 2014 hul reg om te stem, uitoefen ter herinnering aan die gelykheid waarvoor voormalige president Nelson Mandela geveg het.
DRK-geweld: Pastoor eis president se uittrede
Die pastoor wat blameer word vir ʼn vlaag ernstige geweld in die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK), het Dinsdag geëis dat die president uittree, en het ontken dat hy uit die land gevlug het.
Olifant van kant gemaak ná dit motor in Krugerpark aanval
ʼn Olifantbul is in die Nasionale Krugerwildtuin van kant gemaak nadat dit Maandag ʼn motor aangeval het.
Ma, kinders met “religieuse voorwerp” doodgeslaan
‘n Ma en haar twee seuns is Maandagnag wreed vermoor in Chatsworth, Durban.
IEB-matrieks spog met 98.6% slaagsyfer
Die Independent Examinations Board (IEB) se matriekslaagsyfer het in 2013 toegeneem tot 98.6%, in vergelyking met verlede jaar se 98.2%.
Gewildste sosialemedia-plasings in 2013
Sosialemedia-netwerke het die hoogtepunte van 2013 aangekondig.
2013 se wêreldgebeure in een tekening
Mario Zucca, ʼn vryskut-illustreerder, het ʼn tekening gemaak van al die belangrikste gebeure uit 2013.
Video: 2013 se rolprente binne 7 minute
Die gebruiker SleepySkunk op YouTube het ʼn video saamgestel van grepe uit ongeveer 330 rolprente van 2013.
Man verdrink by Ramsgate
‘n Man het op oujaarsoggend by Ramsgate in KwaZulu-Natal verdrink.
Cleveland-monster se buurman erken 297 aanklagte van moord en verkragting
‘n Buurman van die “Cleveland-monster” het in ruil vir lewenslange gevangenisstraf erken dat hy oor die jare heen verskeie vroue vermoor het, en ander ontvoer en verkrag het.
Amerika gaan Rusland help met veiligheid vir winterspele
Verskeie koerante en ander media het Dinsdag berig dat die VSA Rusland behulpsaam gaan wees om veiligheid te verseker tydens die Olimpiese Winterspele wat binnekort in die Russiese stad Sotsji plaasvind.
Vermeende verkragter in Kaapstad gestenig
ʼn Man wat glo ʼn 15-jarige meisie met ʼn mes gedreig en toe verkrag het, is in die Crossroads informele nedersetting in Kaapstad gestenig, het The Star Dinsdag berig.
Twee vas vir vervalsde matrieksertifikate
Die polisie het twee mans in Durban in hegtenis geneem nadat hulle glo vervalsde matrieksertifikate vervaardig het.
Maroela Media se gewildste Taaltoffies vir 2013
Hiermee Maroela Media se gewildste taalbrokkies uit ons afdeling, Taaltoffies, waar ons die herkoms van Afrikaanse uitdrukkings, idiome en woorde oplaai, gedigte publiseer en nuwe woorde bedink.
Maroela Media se drie gewildste resepte vir 2013
Hiermee Maroela Media se drie gewildste resepte uit 2013.
Maroela Media se gewildste video’s vir 2013
Hiermee Maroela Media se drie gewildste video’s vir 2013 uit die Vermaak & Leefstyl-afdeling, waar ons interessante nuusbrokkies, goeienuus-stories en video’s wat opslae maak op die internet, oplaai.
Bekende kameraman Dudley Saunders sterf
Dudley Saunders, die voormalige veteraan-kameraman vir die SAUK, is Maandagmiddag oorlede nadat ʼn trein hom getref het terwyl hy kamerawerk vir BBC in Soweto, Johannesburg, gedoen het, berig die SAUK.
Japan kry “Snoopy-eiland”
‘n Nuwe vulkaniese eiland wat vroeër vanjaar sowat ‘n duisend kilometer suid van Tokio, Japan ontstaan het, het bly “groei” en pas so uitgebrei dat dit met die bestaande eiland, Nishinoshima saamgesmelt het.
Nuuskommentaar: 2013 – Number One trap in nommer twee
Die Openbare Beskermer is baie verdienstelik as Suid-Afrika se nuusmaker van die jaar aangewys. Oud-pres. Nelson se siekte, afsterwe en begrafnis het die internasionale nuustoneel oor Suid-Afrika loshande oorheers. Tog kan daar min twyfel wees dat pres. Jacob Zuma in 2013 ‘n nuusmaker soos min was, en dat daardie nuus Suid-Afrika wankelrig die toekoms in gaan lanseer.