“Ek praat Afrikaans. Hierdie is my storie.”
Lees meerAlles vir Donderdag 18 Augustus 2011
Stad Kaapstad kry interdik teen stakende werkers
Die munisipale werkers vakbond Samwu sê hy sal gehoor gee aan die interdik wat aan die Stad Kaapstad toegestaan is wat werkers verhoed om nie-stakende werkers te intimideer of gewelddadig op te tree.
Klassifiseer koperdiefstal as ernstige misdaad vra minister
Die minister van energie, Dipuo Peters, het versoek dat koperdiefstal as ekonomiese sabotering geklassifiseer word.
Man sterf na motor teen brug bots
ʼn Man is dood nadat sy motor vroeg Donderdagoggend teen ʼn brug gebots het op die N14 tussen Pretoria en Krugersdorp.
Families van vliegramp-slagoffers moet hulle uitken
Die families van die 13 mense wat in Sondag se vliegongelukke in Limpopo dood is, het nou die somber taak om hulle geliefdes se liggame uit te ken.
Vrou sterf by lughawe na sy glo kop stamp
Die lughawemaatskappy van Suid-Afrika het bevestig dat ʼn vrou op die OR Tambo Internasionale Lughawe gesterf het nadat sy glo haar kop gestamp het.
Repliek: Stembusoorwinning onrealisties, VF+ tree vir belange in
Kyk hoe word die Afrikaanse taal berekend orals uitgeforseer. Waarom word hoofsaaklik Afrikaanse dorps- en straatname na ANC ‘struggle-helde verander? Waarom word die Afrikaner se…
18 Augustus 2011
Woord: Juts Betekenis: Deftig, trots, spoggerig: Ewe juts ry. My kar en pêre is juts ek sit juts / en… ek ry juts (Boerneef). Ongeërg:…
18 Augustus 2011
“Gaan na die groot stad Nineve toe” vra die Here vir Jona. Maar Jona het op ‘n skip gevlug “weg van die af.” God wil…