‘n Video van Tsung Tsung, ‘n talentvolle sesjarige wonderkind-pianis van Hong Kong in Sjina, het onlangs soos ‘n veldbrand op sosiale media versprei.
Lees meerAlles vir Dinsdag 6 November 2012
Nóg ‘n SA-fietsryer erken hy het verbode middels gebruik
Die fietsrykampioen, David George, het Dinsdag erken dat hy die verbode middel, eritropoïetien (EPO) gebruik het en dat hy bereid is om die gevolge te dra.
KVBA onderhandel in De Doorns
Beamptes van die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) is in De Doorns in die Wes-Kaap om met stakende plaasarbeiders in die gebied te vergader.
24-jarige ma en 2-jarige dogtertjie word vermis
Belinda Schoonwinkel, ‘n 24-jarige ma en haar tweejarige dogtertjie van Bethlehem, word sedert Vrydag vermis.
Nuwe politieke party gestig
ʼn Nuwe politieke party, die South African National Congress (SANC), is gestig.
Skoolhoof gevang wat glo 11 dogters verkrag
ʼn Skoolhoof van Umkomaas, suid van Durban, is in hegtenis geneem nadat hy glo 11 skooldogters verkrag het.
Boer van De Doorns in hegtenis geneem
ʼn Boer is Dinsdag in De Doorns in die Wes-Kaap in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn skoot na een van die stakende plaasarbeiders gevuur het.
Beloning om hondeskieter te vang
Twee diereliefhebbers het saamgespan en ʼn beloning van R13 000 aangebied om die persoon op te spoor wat ʼn pug-kruising reun verlede week in Boksburg met ʼn pyl en boog geskiet het.
Min steun Pretoria-naamsverandering
Die openbare vergaderings in Centurion, die Pretoriase stadsaal en Bronkhorstspruit is goed bygewoon en dit was tydens dié vergaderings duidelik dat daar groot steun vir die behoud van Pretoria se naam is.
Man skiet drie by skool oor parkeerplek
ʼn Man van die Wes-Rand is in hegtenis geneem nadat hy drie mense geskiet het tydens ʼn rusie oor parkeerplek by ʼn laerskool.
Video: Die Kersgeskenk wat heel jaar lank hou
Lindie Strydom bied jou die geleentheid om ‘n Kersgeskenk te gee wat heel jaar lank hou.
75 Blou Bul Legendes
Hierdie boek bespreek die loopbane en prestasies van 75 van die legendariese spelers wat die afgelope 75 jaar vir Noord-Transvaal, die Blou Bulle en Bulls gespeel het.
Polisieman wis gesin uit, skiet homself
ʼn Polisiebeampte van Kaapstad het Sondag sy gesin uitgewis en daarna homself geskiet.
Help behoeftige kinders met ʼn vroeë Kersgeskenk
Solidariteit Helpende Hand se nasionale Skooltassieprojek is weer aan die gang met fondse wat ingesamel word om in Januarie 2013 ten minste 5 000 tassies aan behoeftige Afrikaanse graadeens uit te deel.
Video: Duisende stap vir Afrikaans
Duisende inwoners en kinders van Pretoria het verlede Woensdagaand by die Voortrekkermonument bymekaargekom om hul trots en steun aan Afrikaans te wys.
23-jarige stapper val na sy dood
Robert Barclay (23) wat sedert Saterdag vermis is nadat hy by ʼn oord in die Bainskloof-natuurreservaat in die Wes-Kaap gaan kamp het, se liggaam is Dinsdag opgespoor.
Obama en sy nalatenskap
Jaco Kleynhans berig oor die verkiesing tans in Amerika.
Foto: So lyk die nuwe note wat vandag uitkom
Die nuwe banknote met oudpresident Nelson Mandela se gesig op, begin vandag sirkuleer.
Lieg soos ‘n tandetrekker
Taaltoffie ondersoek die herkoms van die uitdrukking “Lieg soos ‘n tandetrekker”
Drie mans in knyp ná walvis op boot land
Albertus Myburgh (41), Wouter van Heerden (25) en kaptein Rodney van der Mecht (35), het ʼn noue ontkoming gehad nadat ʼn walvis Maandagaand op hul boot beland het.