‘n Dooie, gestrande Arnoux Snawelwalvis is Dinsdagoggend by Bakoven in Kaapstad verwyder vir ‘n nadoodse ondersoek.
Lees meerAlles vir Dinsdag 2 April 2013
Nuusdagboek vir 3 April 2013
Reint Dykema gee puntsgewys ‘n oorsig van die nuusgebeure van 2 April en wat ons Woensdag, 3 April, in die nuus te wagte kan wees.
Soldate word uit SAR onttrek
Suid-Afrika se troepe word van die Sentraal-Afrikaanse Republiek (SAR) onttrek, het die Suid-Afrikaanse Verdedingsunie Dinsdag gesê.
Man gevonnis vir begraafplaas-moord
‘n Man van KwaZulu-Natal is Dinsdag 25 jaar tronkstraf opgelê nadat hy sy tannie by haar man se begrafnis doodgeskiet en ‘n omstander beseer het.
Ballonvlug tussen Robbeneiland en Kaapstad
‘n Man beplan om hierdie maand met helium-balonne van Robbeneiland na Kaapstad te vlieg.
Richtersveld-pad gesluit ná swaar reën
Paaie in Namibië oppad na die Richtersveld is Dinsdag gesluit weens swaar reën in dié gebied.
Onderkleredief teister gemeenskap
ʼn Dief is glo besig om ʼn gemeenskap in KwaZulu-Natal te teister deur vroue se onderklere van wasgoeddrade af te steel.
Swemmers gaan glo self vir wêreldkampioenskap moet betaal
Suid-Afrika se swematlete sal self moet betaal as hulle later vanjaar aan die Fina-wêreldkampioenskap in Spanje wil deelneem.
De Doorns: Belastinggeld vir betogings gebruik
ʼn Organiseerder van die onlangse plaaswerkerbetogings in die Wes-Kaap het befondsing van die regering ontvang.
Niemand nog vas vir moord op oud-Leeu
Niemand is nog in hegtenis geneem vir die moord op Johan Kemp, die voormalige rugbyspeler vir die Leeus wat Donderdag deur inbrekers in sy huis in Randburg doodgeskiet is nie.
Sportlegende sterf
Die swemlegende Karen Muir is Maandagaand oorlede ná ʼn lang stryd teen kanker.
Wit Gauteng-mans verdien meeste
Wit mans in Gauteng is die land se topsalaristrekkers terwyl jong swart vroue in Limpopo die minste verdien.
Honderde passasiers op lughawe gestrand
Honderde passasiers onderweg na Gauteng was Sondag tot Maandag op die Port Elizabeth-lughawe gestrand.
Polisie soek inligting oor Happy se moord
Die polisie van Mpumalanga versoek die publiek vir enige inligting oor Happy Sindane se moord.
Straf dronk bestuurders swaarder – premier
Noordwes se premier eis dat dronkbestuurders, wat by noodlottige ongelukke betrokke is, se lisensies dadelik opgeskort moet word.
Onnie ná 2 dae gered van Drakensberg
Elmarie Mackier, ʼn onderwyseres van die Wes-Kaap, moes twee aande in koue en gure weer op die Drakensberg deurbring terwyl sy gewag het dat hulp opdaag.
Nuuskommentaar: Bewusmaking oor outisme en ander gestremdhede
Vandag is dit Wêreldbewusmakingsdag vir outisme. Dit is belangrik dat van hierdie en ander gestremdhede ‘n groter bewuswording gekweek word.
Vrou ernstig beseer ná gly in kinderswembad
ʼn Middeljarige vrou van Pretoria is in ʼn ernstige toestand in die hospitaal nadat sy Maandagmiddag in ʼn swembad in Garsfontein gegly en geval het.
Verkragting eers maand later aangemeld
Die Orkney-polisiestasie ondersoek ʼn saak van verkragting nadat ʼn driejarige kind glo in die dorp verkrag is. Die ma het egter die voorval eers sowat ʼn maand ná die tyd aangemeld.
Drie sterf in Pretoria-ongeluk
Drie mense is Maandagaand dood in ʼn gru-botsing op die N4-snelweg naby Akasia, in die noorde van Pretoria.