Die Sharks het hul wendroogte teen die Nieu-Seelandse Crusaders verbreek nadat hulle vanaand in Durban met 21-17 geseëvier het. Die rustydtelling was 11-9.
Lees meerAlles vir Vrydag 5 April 2013
Kings verras in Canberra
Suid-Afrika se Southern Kings het gedoen wat die magtige Bulls nie laas naweek kon doen nie: hulle het gelykop met die Brumbies in Canberra gespeel.
Twee in hof oor moord op motoris, metrobeampte
Twee mans het Vrydag in die Wynberg-landdroshof verskyn in verband met die moord op ʼn motoris en ʼn metropolisiebeampte.
Ikeys-koerant vir rassisme ondersoek
Die Menseregtekommissie (MRK) gaan ‘n klag teen ‘n studente publikasie by die Universiteit van Kaapstad ondersoek.
7de Laan jammer oor Engelse advertensie
Die vervaardigers van die sepie 7de Laan het Afrikaanse kykers om verskoning gevra nadat hulle ʼn Engelse advertensie uitgesaai het ter viering van die sepie se sukses by die Suid-Afrikaanse Rolprent- en Televisietoekennings (SAFTA).
Man in hof oor moord op oud-Leeu
ʼn Zimbabwiër het Vrydag in die Randburg-landroshof verskyn in verband met die moord op Johan Kemp, die voormalige rugbyspeler vir die Leeus, wat verlede week in sy huis in Randburg doodgeskiet is.
5 minute met Melissa Bam
Melissa Bam wat eersdaags as moeder Maria in ‘Jesus – die musiekblyspel’ te sien is, het by ons in die ateljee ʼn draai gemaak om oor dié produksie te gesels. Sy het ook so paar geheime en Afrikaanse gunstelinge verklap.
Finaliste vir ATKV-mediaveertjies
Die finaliste vir die ATKV-mediaveertjies is onlangs bekendgemaak.
McDonald’s: Advertensieblaps het wêreld op hol
ʼn Posadvertensie van McDonald’s wat vereis dat aansoekers ʼn BA-graad benodig om by dié kitskosrestaurantreus as ʼn kassier te werk, het mense van regoor die wêreld op hol.
Rugby-moord: Mense vir uitkenningsparade gesoek
Prokureurs van die vyf mans, wat verdink word dat hulle ʼn rugby-ondersteuner in Durban doodgeslaan het, moet help om voor Maandag 25 mense vir ʼn uitkenningsparade op te spoor wat soos hul kliënte lyk.
Polisie verdedig 40% wat nie kan bestuur nie
Dit is glo nie meer ʼn vereiste vir ʼn nuwe polisiebeampte om ʼn bestuurderslisensie te hê nie.
Pretoria weet dalk gou oor naam
Duidelikheid oor die Pretoria/Tshwane-naamsverandering kan binnekort verwag word.
“Werkgewer” steel baba
ʼn Twee maandeoue babaseuntjie is onlangs deur ʼn vrou in Johannesburg ontvoer wat haar voorgedoen het as ʼn werkgewer.
Gevangene dagvaar ná hy glo Vigs in tronk kry
ʼn Voormalige gevangene wat beweer hy het MIV opgedoen nadat hy die eerste aand agter tralies deur twee mans verkrag is, dagvaar die departement van korrektiewe dienste vir R1.7 miljoen.
Kaapstad sê 10% van sy werkers is verslaaf
Die stad Kaapstad beraam dat ongeveer 10% van sy 27 000 personeellede aan dwelmmiddels of alkohol verslaaf is.
“Renoster-sindikaat” val joernalis aan
ʼn Voormalige polisiebeampte, wat daarvan verdink word dat hy die baasbrein agter ʼn renosterhoring-smokkelsindikaat is, het Donderdag ʼn joernalis aangeval voor hy in die hof verskyn het.
Tshwane moet grafgrawers aanstel
Die Pretoriase hooggeregshof het Donderdag bevind dat die Tshwane-metro dringend ʼn kontrakteur moet aanstel om die grawe van grafte in die stad se begraafplase te bestuur.
Armstrong mag nie swem
Die gevalle fietsryer-held, Lance Armstrong, se geskiedenis met verbode middels het veroorsaak dat hy dié naweek nie aan ‘n swemtoernooi mag deelneem nie.
Nuuskommentaar: Hou op om apartheid te blameer – Trevor Manuel
Manuel spreek ‘n betreklike eenvoudige kwessie aan: Moenie rasbegunstiging (hetsy “regstellende optrede” of SEB) as verskoning gebruik vir korrupsie, en dan die gevolge op apartheid blameer nie.
Man vas vir verkeersbeampte se moord
ʼn Man is Donderdag in hegtenis geneem in verband met die moord op Wesley Woodman, ʼn verkeersbeampte van Kaapstad.