Reint Dykema gee puntsgewys ‘n oorsig van die nuusgebeure van 21 Mei en wat ons Woensdag, 22 Mei, in die nuus te wagte kan wees.
Lees meerAlles vir Dinsdag 21 Mei 2013
Ouers wil nuwe skool hê
Ouers wat op ‘n nuwe skool vir hul kinders aandring, het Dinsdag in Mitchell’s Plain, Kaapstad, betoog.
Gautrain-tariewe verhoog
Tariewe vir die Gautrain sal volgende maand met ses persent verhoog.
Vier beseer toe treine bots
‘n Vrou is kritiek beseer en drie ander ernstig beseer toe twee goederetreine in Brakpan aan die Oos-Rand in Johannesburg gebots het.
Anene Booysen: Klag teen verdagte laat vaar
Die staat het Dinsdag in die Bredasdorp-landdroshof alle aanklagte laat vaar teen Jonathan Davids (22), wat van die wrede verkragting en moord op Anene Booysen (17) verdink was.
Video: BBC-dokumentêr oor wit Suid-Afrikaners
‘n Dokumentêr wat Maandagaand deur die BBC uitgesaai is, het gemengde reaksie ontlok.
Carl Pistorius vrygespreek van strafbare manslag
Carl Pistorius, die broer van die Suid-Afrikaanse Paralimpiese atleet Oscar Pistorius, is Dinsdag in die Vanderbijlpark-landdroshof vrygespreek op ʼn aanklag van strafbare manslag.
Verwoesting van die Oklahoma-tornado
Nagenoeg 91 mense, waaronder 20 kinders, is dood nadat ‘n kragtige tornado die Amerikaanse staat van Oklahoma getref het.
Swak rand knou brandstofprys
Hoewel die rand se wisselkoers en internasionale petroleumprodukpryse aan die begin van Mei op die vooruitsig van ʼn daling in die brandstofpryse gedui het, het die afgelope week se verwikkelinge ʼn stokkie daarvoor gesteek.
Rooi lig vir Wynland-tolprojek
Die stad Kaapstad se aansoek vir ‘n interdik om die N1/N2 Wynland-tolprojek te keer, is Dinsdag in die Wes-Kaapse hooggeregshof toegestaan.
Bekende in rugbykringe se seun op plaas geskiet
Peter-John (PJ) Hassard, ʼn boer van Silvasands Safaris en seun van Peter Hassard, is Dinsdagoggend op sy plaas naby Hluhluwe in KwaZulu-Natal aangeval en geskiet.
Winnie: Balju staan voor dooiemansdeur
Die balju en afslaer het Dinsdagoggend voor dooiemansdeur te staan gekom om beslag te lê op bates van Winnie Madikizela-Mandela om die skuld wat sy het te vereffen.
Die Swart Kat slaan ’n vos en ander avonture
Die misdaadbestrydende Swart Kat het al met baie te kampe gehad, maar hierdie keer word sy kragte tot die uiterste beproef.
Vuyo Mbuli glo dood aan bloedklont
Vuyo Mbuli, voormalige radio- en TV-aanbieder by die SABC, is glo dood weens ’n bloedklont wat deur sy long is.
Toilet-skoonmakers het glo N2 gesluit
Stakende skoonmakers, wat verantwoordelik is om gemeenskaplike toilette in Kaapstad skoon te hou, was glo die rede dat die N2-snelweg in Kaapstad Maandag vir verkeer gesluit moes word.
Regering koop nóg aandele in mediahuis
Die pensioenfonds van staatsamptenare GEPF) gaan 25% se aandele, ter waarde van R500 miljoen, in Independent News en Media SA aanskaf.
Winnie se bates onder die hamer
Oudpresident Nelson Mandela se eksvrou, Winnie Madikizela-Mandela, se bates gaan Dinsdag by haar huis in Soweto op ‘n veiling verkoop word om agterstallige koshuisgeld te verhaal.
Gedagte vir die dag: Godsdiens sonder God
Joh 5:2: By die Skaappoort in Jerusalem was daar ’n bad met die Hebreeuse naam Betesda”. Betesda. Net maar ’n opgaardam vir Jerusalem se afloopwater….
Nuuskommentaar: BBC wonder of wittes ʼn toekoms in SA het
Apartheid het vir wit mense gesorg en niemand anders nie. Nou staar ‘n paar van die land se wit gemeenskappe armoede, en geweld in die gesig, wat hul toekoms in SA bedreig, beweer die BBC.
Misdadigers skuil glo in reuse tonnelnetwerk onder Durban
Die Ethekwini-metropolisie in Durban het op ‘n netwerk van tonnels onder die stad se strate afgekom wat glo deur misdadigers as wegkruipplekke gebruik word.