ʼn Polisievoertuig wat Maandag by die Brakpan-landdroshof na bewering gebruik is as ʼn lokvoertuig, was na die hofverrigtinge in ʼn ongeluk betrokke.
Alles vir Maandag 13 Januarie 2014
14 jaar verpligte skoolonderrig voorgestel
Die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersvakbond (Sadtu) het die ANC se verkiesingsmanifes vir 2014 verwelkom waarin die party onder andere 14 jaar verpligte skoolonderrig voorstel.
Alliansie nie oortuig deur hidrobrekers
AfriForum het aan RoyalDutch Shell en Shell (SA) geskryf om aan hierdie maatskappye die geleentheid te bied om op vrae te reageer wat die burgerregte-organisasie van verteenwoordigers van Suid-Afrikaanse gemeenskappe gekry het waarin kommer oor skaliegasontginning (hidrobreking) geopper is.
Rusland kla dooie advokaat tweede keer aan
Rusland het ‘n advokaat, wat in 2009 onder verdagte omstandighede in die ouderdom van 37 in die gevangenis dood is, vir ‘n tweede keer aangekla.
Twee sterf in PMB-skietery
Twee mans is dood ná ʼn skietery Sondagaand in Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal.
Jasmin-moord: Groot polisieteenwoordigheid by hof
Die 23-jarige oom van die vermoorde en verkragte Jasmin Pretorius (4) het Maandag vlugtig vir die derde keer in die Brakpan-landdroshof verskyn.
WAT Woord van die Week: sardientjie
Taaltoffie ondersoek die herkoms van die woord “sardien” en of dit nou “sardien”, “sardyn” of “pelser” genoem moet word.
Nuuskommentaar: Mandela, Sharon, Thatcher en die spore na Nkandla
Die aspek wat vanoggend onder die loep geneem word, is die reaksie van veral Wes-Europese media op die afsterwe van oud-premier Ariel Sharon van Israel. Sommiges dra veel meer berigte, artikels en rubrieke hieroor as wat hulle oor die afsterwe van oud-president Nelson Mandela gedra het.
Sowat 300 000 Amerikaners nog dae sonder skoon kraanwater
Vier dae nadat ‘n gevaarlike chemiese stof naby ‘n watersuiweringsaanleg in die Elkrivier in Wes-Virginië gestort het, berig die Amerikaanse owerhede dit sal waarskynlik nog dae duur voordat kraanwater veilig is.
Foto’s en wenners: 71ste Golden Globe-toekennings
Die 71ste Golden Globe-toekennings is Sondagaand in Beverly Hills tydens ʼn glansgeleentheid uitgeloof.
Man verdrink in Port Edward
ʼn 47-jarige man van Port Shepstone het Saterdag in die see by Port Edward, KwaZulu-Natal, verdrink.
Spoedvraat wou glo vinnig by hof uitkom
Vyf motoriste is Saterdag in hegtenis geneem weens spoedoortredings, het die Johannesburgse metropolisie gesê.
ANC-ondersteuners in hof ná bakleiery met EFF-lede
Nagenoeg 30 ANC-ondersteuners verskyn Maandag in die hof nadat hulle Saterdag in hegtenis geneem is ná ʼn bakleiery met EFF-lede naby aan pres. Jacob Zuma se Nkandla-woning.
Sterk aardbewing by Puerto Rico
Een van die sterkste aardbewings vanjaar en die sterkste die afgelope week het Maandagoggend net noord van Puerto Rico in die Karibiese See voorgekom.
Stellenbosch-man val na sy dood
ʼn Man is Vrydag in Stellenbosch dood nadat hy 10 meter ver van ʼn gebou afgeval het.
Jasmin-moord: Oom weer in hof
Die 23-jarige oom van die vermoorde en verkragte Jasmin Pretorius (4) verskyn Maandag vir die derde keer in die Brakpan-landdroshof.
Gesteelde skildery word 60 jaar later terugbesorg
ʼn Renoir-skildery wat by ʼn vlooimark vir $7 aangeskaf is, is glo die ware Jakob en moet nou aan die museum, waaruit dit 60 jaar gelede gesteel is, terugbesorg word.
“Kaapstad dié bestemming vir toeriste” – NY Times
Kaapstad is pas deur die New York Times aangewys as die nommer een plek wat toeriste moet besoek, het die stad Sondag gesê.
Een dood, 66 beseer in Wes-Kaap-ongeluk
Een persoon is dood en minstens 66 beseer toe ʼn oop vragmotor en ʼn motor Sondagmiddag op die N7 naby Morningstar in die Wes-Kaap gebots en die vragmotor omgeslaan het.
Drie familielede sterf in bylaanval
Die seun wat sy familie Sondag met ʼn byl aangeval het, is ʼn man van 25.