Die Demokratiese Alliansie (DA) het reeds ongeveer een miljoen meer stemme tydens die 2014-verkiesing gewerf.
Alles vir Vrydag 9 Mei 2014
Toyota Corolla Quest – oud of nuut?
As die wêreld se grootste motorvervaardiger en met miljoene lojale aanhangers in Suid-Afrika, was dit eintlik logies dat hierdie Japanse reus ‘n strategie in plek sou stel om sy markaandeel nog verder uit te brei.
Foto: Een sterf, 14 beseer in Midrand-ongeluk
ʼn Vrou is Vrydag dood en 14 ander beseer toe ʼn vragmotor ʼn minibustaxi in Midrand, Gauteng, getref het.
Video: Roomysadvertensie roer die hartsnare
McDonald’s-kitskosrestaurant se advertensie om hul roomyse te bemark, het ‘n verrassende einde.
38 beseer in Krugersdorp-busongeluk
Altesaam 38 mense, hoofsaaklik skoolkinders, is Vrydagoggend beseer nadat ʼn bus in Krugersdorp, Gauteng omgeslaan het.
Woord: koeterwaals
Praat jy soms koeterwaals, of kom jy gereeld koeterwaals teë? Lees vandag se Taaltoffie om meer uit te vind!
DA sê stembriewe in park is getel
Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het bevestig dat hy ondersoek instel na bewerings van ongerymdhede nadat daar onder meer sakke vol stembriewe in ʼn park in Lynnwoodrif in Pretoria opgespoor is.
Tweejarige in Margate geskiet
ʼn Tweejarige seun is in ʼn kritieke toestand nadat hy Donderdagaand omstreeks 21:30 in Margate geskiet is.
Nuuskommentaar: ‘n Kykie na die verkiesing
Suid-Afrika het nog reusestappe om te neem om tot ‘n volwasse grondwetlike demokrasie te vorder. Tot dan ontkieser baie kiesers hulself deur ander oorwegings as beginsels en beleid as norm te gebruik vir wie hulle stem.
Zim-verdagtes ontken moord op Corrie Sanders
Die drie Zimbabwiërs, wat verdink word van die moord op die bokskampioen Corrie Sanders, het Donderdag in die Pretoriase hooggeregshof skuld ontken op sy moord.
Oscar Pistorius se huis verkoop
Die moordbeskuldigde Oscar Pistorius het ʼn koper gekry vir die huis waar hy Reeva Steenkamp doodgeskiet het, het Beeld Vrydag berig.
OVK-sentrum aan die brand gesteek
ʼn Sentrum van die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) is Donderdagaand glo deur inwoners van Alexandra in Gauteng aan die brand gesteek.
EFF haal die 1 miljoen kerf
Julius Malema se jong party, die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), het Vrydagoggend reeds meer as een miljoen stemme in hul eerste nasionale verkiesing gewerf.
Gauteng-resultate: EFF beweer vuilspel
Die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) het versoek dat ‘n oudit gedoen word van die verkiesing en stemtellery in Gauteng.
Verkiesingsuitslae: ANC het meer as 10 miljoen stemme
Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het Vrydagoggend om 6:30 reeds meer as 94% van die stemtellery afgehandel.
Gedagte vir die dag: Werk volgens jou gawe
1 Kon 14:7 – Saloma het twaalf streekbestuurders in die hele Israel aangestel met die oog op die onderhoud van die koning en sy hof.