Die treffers uit die gewilde televisiereeks, “Ballade vir ‘n enkeling” kry nou ‘n nuwe baadjie vir die bekendstelling van die fliek, wat op 20 Maart in teaters begin wys.
Alles vir Vrydag 30 Januarie 2015
Boek: Ester
’n Meesleurende roman oor ’n verbode passie en ’n politieke intrige.
Privaatskoolgroep ontken segregasie
Die Curro-privaatskoolgroep het Donderdag beweringe van rassesegregasie ontken en gesê hul leerlinge woon geïntegreerde klaskamers by.
Nuuskommentaar: Die reg om te werk
Herman Toerien wys daarop dat Suid-Afrika onlangs ’n internasionale konvensie geratifiseer het wat die reg om te werk “waarborg”, meer as twintig jaar na dit geteken is, maar dat die media dit bykans voor die voet geïgnoreer het – ’n duidelike aanduiding dat nie verwag sal word dat die regering enige erns hiermee sal maak nie.
Oom Herrie se kerrie: ‘Boer’ koop 2 lenostels se bokdlolle
Oom Herrie skryf oor die bittersoet van die lewe.
Twyfelwoorde: mits of tensy?
Al ooit gewonder wanneer jy “mits” of “tensy” moet gebruik? Taaltoffie verskaf bietjie duidelikheid oor dié twee voegwoorde.
Polisieman se vrou voor hom verkrag
ʼn Kaapse polisieman moes glo toekyk terwyl twee mans sy vrou herhaaldelik verkrag nadat hulle by die egpaar se huis ingebreek het.
Drie apartheidmoordenaars hoor vandag oor parool
Michael Masutha, minister van justisie, sal na verwagting Vrydag aankondig of die voormalige Vlakplaas-bevelvoerder Eugene de Kock, ʼn voormalige BSB-agent Ferdi Barnard, en Clive Derby Lewis op parool vrygelaat gaan word.
Spuitverf-verdagtes se borgtog afgekeur
Twee mans wat daarvan beskuldig word dat hulle ʼn man se arm met ʼn byl gebreek en hom van kop tot tone in wit spuitverf bedek het, se aansoek om borgtog is Donderdag in die Pietermaritzburg-landdroshof afgekeur.
Kind sterf tydens pouse
ʼn Kind is Donderdag by ʼn skool in Tembisa aan die Oos-Rand dood terwyl hy en sy maatjies gespeel het.
Stellenbosch-aanval: Tiener kritiek, maar stabiel
ʼn 16-jarige meisie wat ʼn aanval op haar gesin in Stellenbosch oorleef het, maar waartydens haar broer en ouers dood is, is kritiek, maar stabiel, het ʼn woordvoerder vir die hospitaal Donderdag gesê.
Gedagte vir die dag: Wanneer jy hulp nodig kry
Here, net U kan die swakke teen ’n oormag help. Help ons, Here ons God! Ons steun op U en in u Naam trek ons teen dié menigte op. U is ons God, Here; moenie dat ’n méns teen U seëvier nie. (2 Kron 14:11)