ʼn Sewejarige seun het in die Boknes-strandmeer buite Port Alfred in die Oos-Kaap verdrink, het die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) Donderdag gesê.
Alles vir die maand Januarie 2015
Ebola eis reeds byna 8 000
Nagenoeg 8 000 mense het reeds in die jongste uitbraak van ebola gesterf, aldus die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO).
Nuuskommentaar: 2015 – die jaar van hoop of verdriet (of iets tussenin)?
As u dit dalk nie agtergekom het nie – 2014 was ’n wonderlike jaar. Trouens, van 1994 af het dinge baie verbeter. Of altans, so het eers die ANC se NUK in sy jaaroorsig verordineer. Met pres. Jacob Zuma se Nuwejaarsboodskap het die president sy presidensiële seël daarop geplaas.
Baba ontslaan ná slangpik
ʼn 10 maande oue baba wat verlede maand deur ʼn Mosambiekse spoegkobra gepik is, is uit die hospitaal ontslaan.
Bejaarde op plaas doodgeskiet
ʼn 67-jarige man is op ʼn plaas buite Sasolburg in die Vrystaat doodgeskiet.
Talle sterf in Sjanghai-stormloop
Minstens 36 mense is dood en meer as 40 is beseer in ʼn stormloop tydens Nuwejaarsvieringe in Sjanghai, China.
Video: 16 keer Nuwejaar in die ruimte
Ruimtevaarders aan boord van die Internasionale Ruimtestasie (ISS) sal vandag 16 keer die Nuwejaar vier.
Man skiet agt dood, self
ʼn Kanadese man het agt mense, insluitend twee kinders, doodgeskiet voor hy selfmoord gepleeg het.
Talle noodoproepe in Jhb
Die Johannesburgse nooddienste het van Woensdagaand tot Donderdag in die vroeë oggendure meer as 150 noodoproepe ontvang.
Metrobeampte vas oor omkoopgeld
ʼn Metropolisiebeampte is in Protea Glen naby Soweto in hegtenis geneem nadat hy ʼn vragmotorbestuurder glo vir omkoopgeld gevra het.
‘Dronk’ taxidrywer wéér vas
ʼn Minibustaxibestuurder van Kaapstad is vir die tweede keer in minder as ʼn week in hegtenis geneem op aanklag van dronkbestuur.
Agt beseer in KZN-ongelukke
Agt mense is beseer in twee afsonderlike ongelukke in Malvern naby Durban, KwaZulu-Natal.
Gedagte vir die dag: God is by jou
Moenie bang wees nie, Ek is by jou, moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God. Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hand red Ek jou. (Jes 41:10)