Die terreurbeweging, die Islamitiese Staat (IS), het in Libië 21 Egiptiese Koptiese Christene onthoof en die terreurdaad op video vasgelê.
Alles vir Maandag 16 Februarie 2015
Video: Hou wyn só koud
Hier is ‘n oulike wenk wat jou wys hoe om jou wyn koud te hou sonder om dit te verdun.
Nuuskommentaar: Treurig oor Treurgrond-twis
‘n Bitter twis het uitgebreek oor iets waaroor alles Suid-Afrikaners eendragtig saam behoort te staan: plaasmoorde. Dit is ’n ideologiese stryd waar die rolprent, ‘Treurgrond’ en die feit dat Steve Hofmeyr die hoofrol vertolk, as slaansak gebruik word.
Vyf vas na groot dwelmklopjag
Die Valke het vyf mense in hegtenis geneem en op Mandrax-tablette ter waarde van R25 miljoen beslag gelê in een van die “grootste dwelmklopjagte nog in Gauteng”.
Man verdrink tydens doop
ʼn Man het Sondag tydens ʼn doopseremonie in Buccleuch, Johannesburg verdrink.
Ses vas vir George-moord
Vier mans en twee vroue is in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn man van Pacaltsdorp in George in die Wes-Kaap.
Sondela Akademie: Jou alternatief vir ʼn klaskamer
ʼn Paar jaar gelede was daar baie min opsies as dit gekom het by die keuse van waar jy gaan studeer om ʼn goeie, erkende kwalifikasie te verkry. Vandag is daar ʼn baie groter keuse vir skoolverlaters.
Boek: Sarah du Pisanie Omnibus 10
Drie liefdesverhale in een van Sarah du Pisanie se omnibusse.
Maroela Media Top 20: 16 Februarie 2015
Daar is hierdie week ‘n nuwe nommer een op Maroela Media se Top 20. Anders neem die eerste posisie oor nadat Nadine vier weke bo-aan die Top 20 was.
EFF-LP’s se foto’s glo gebruik vir staatsrede-oefening
Die veiligheidspersoneel wat die EFF tydens Donderdagaand se staatsrede uit die Nasionale Vergadering verwyder het, het foto’s van die party se LP’s gebruik om hul taktieke te oefen, het City Press berig.
Rea Vaya-busbestuurders ontslaan
Stakende busbestuurders van die Rea Veya-busdiens is na afloop van ʼn dissiplinêre verhoor ontslaan.
Ma, seun sterf in brand
ʼn Ma en haar seun is dood nadat hulle plakkershut vroeg Maandagoggend in Durban Deep in Roodepoort afgebrand het, het die Johannesburgse nooddienste gesê.
Gedagte vir die dag: Ons lieflike Rolmodel
As Ek, wat julle Here en julle Leermeester is, dan julle voete gewas het, behoort julle ook mekaar se voete te was. Ek het vir julle ’n voorbeeld gestel, en soos Ek vir julle gedoen het, moet julle ook doen. (Joh 13:14-15)