BBC One het in sy program, Super Cute Animals, ʼn insetsel opgelaai van ʼn baie “kwaai” padda.
Lees meerAlles vir Maandag 16 Februarie 2015
Skerpioen steek vrou op vliegtuig
ʼn Skerpioen het ʼn passasier Saterdag op haar hand gesteek net voordat die vliegtuig by Los Angeles in Amerika sou opstyg.
Malamulele-betoging opgeskort
Inwoners van Malamulele in Limpopo het Maandag ʼn ses week lange betoging in die gebied opgeskort.
46 matrikulante het by Kaapstad-kollege gekul
Altesaam 46 persone van ʼn privaat kollege in Athlone in Kaapstad is skuldig bevind nadat hulle tydens die matriek-eksamen gekul het.
Rugby-moord: Uitspraak word in Junie gelewer
Blayne Shepard, die man wat daarvan beskuldig word dat hy die voormalige seesoldaat in die Royal Marines, Brett Williams na ʼn rugbywedstryd vermoor het, sal in Junie sy lot weet.
Video: Chaos in parlement onder die loep
‘n Politieke ontleder, professor Dirk Kotzé, praat oor president Jacob Zuma se staatsrede en die chaos wat dit voorafgegaan het in die parlement.
Luister: Amerikaanse skrywer Randy Frazee praat oor sy nuutste boek ‘Ek Glo’
Randy Frazee, senior leraar by Oak Hills kerk in San Antonio, Texas, het verlede week in Suid-Afrika kom kuier tydens die bekendstelling van sy nuutste boek, ‘Ek glo’.
Seun kritiek ná hy by skool val
ʼn Sesjarige seun is in ʼn kritieke toestand in die hospitaal nadat hy Maandag twee verdiepings ver by ʼn skool in Tongaat, naby Durban in KwaZulu-Natal, geval het.
Nog ses renosterstropers in Limpopo vasgetrek
Ses vermeende renosterstropers is oor die naweek in Limpopo in hegtenis geneem, wat die totale inhegtenisnemings die afgelope week op 14 te staan bring.
Sukkelende Italië voorbeeld vir Bulls
Italië kry dit reg al wen hy amper nooit nie, maar die Bulls sukkel om hul mense op Loftus te kry.
Kom nou, mense, hou by die Blou of jou eie span!
Sulke dinge hoort mos nie in rugby nie, en veral nie in Pretoria nie. Dit kan ‘n baie lang seisoen raak as ondersteuners ná net een wedstryd kerm, kla en ween.
Knysna-man vas vir skoolseun se moord
ʼn 51-jarige man is in hegtenis geneem vir die ontvoering en moord op ʼn skoolseun van Knysna in die Wes-Kaap.
Hoe sal dit wees om op die maan te woon?
Iemand wat op die maan wil gaan woon, of selfs net daar wil gaan vakansie hou, gaan volop te doen hê en enigiets van baie hoë berge tot diep kraters en selfs spelonke kan besoek, maar gevare skuil om elke hoek en draai.
Luister: TV-reeks volg in die spore van Afrikaans
Afrikaans is een van die jongste erkende tale in die wêreld en vier vanjaar sy 90ste bestaansjaar. ‘In die spore van Afrikaans’ het gaan uitvind watter soort invloede die moderne taal se ontwikkeling gehad het.
Parys-vliegongeluk: ‘Hy was ʼn goeie man en pa’
Hy was ontsettend lief vir sy twee seuntjies en sou enigiets in sy vermoë doen om seker te maak hulle kry nie seer nie, het ʼn verslae Anouka Petr (39) gesê na haar man, Hans (38), en hulle sesjarige seuntjie Alexander die naweek in ʼn vliegtuigongeluk oorlede is.
Bekende sjokolade-man sterf op Valentynsdag
Michele Ferrero, die bekende sjokolademaker en eienaar van die Nutella-groep is Saterdag in die ouderdom van 89 oorlede.
Baba sterf ná ‘pa’ haar as ʼn wapen gebruik
ʼn Man van Pretoria is in hegtenis geneem nadat hy glo sy twee dae oue dogtertjie as ʼn wapen gebruik het om sy vriendin mee aan te val.
Gemeenskap staan saam in soektog na Centurion-tiener
Die ouers van ʼn tiener van Centurion het die gemeenskap onvoorwaardelik bedank wat soos een man saamgestaan en help soek het totdat sy veilig en ongedeerd opgespoor is.
WAT Woord van die Week: sikkeneurig
Is daar ‘n sikkeneurige persoon in jou familie of is een van jou kollegas dalk sikkeneurig? Lees vandag se Taaltoffie vir meer inligting oor dié woord.
Oom Herrie se kerrie: Politiek amper soos in ou dae
Oom Herrie is nou nie juis een vir die politiek nie, maar as dit nou weer so warm gaan word soos in die goeie ou dae dan mag hy dalk weer belangstel.