Vier verdagtes, onder wie twee werknemers, is in hegtenis geneem in verband met ’n plaasaanval in Thabazimbi verlede Vrydag waartydens Petro Res (59) doodgeskiet is.
Alles vir Maandag 28 September 2015
Boek: Marie-Louise
Na ’n stormagtige en ongelukkige huwelik trek Marie-Louise na Kaapstad. Sy ontmoet Douw Lategan en sy word oorreed om by hom op Stellenbosch in te trek.
Nuuskommentaar: Katalane stem wéér vir onafhanklikheid
Die verkiesing vir Katalonië se streekparlement het opnuut op ’n oorwinning vir die pro-onafhanklikheidsgroepe uitgeloop. Die uitslag bied ruimte om ook die Suid-Afrikaanse posisie onder die loep te neem.
Nóg ʼn antwoord aan soekende student
Jy hoef nooit ’n slagoffer van ’n oppervlakkige kultuur te word nie! Jy kan op grond van die waardes wat jy deel, keuses maak wat tot volheid en betekenis lei.
Mars-raaisel vandag opgeklaar
’n Tergende geheim oor Mars word vandag tydens ’n nuuskonferensie deur Nasa opgeklaar, aldus ’n mediaverklaring deur Nasa.
Tien vissermanne sterf naby Kaapstad
Tien vissermanne is dood en drie word vermis nadat hulle Sondagaand in onstuimige seetoestande van ’n vistreiler afgespring het toe dit naby Kaapstad begin water opneem het.
WAT Woord van die week: kontrotter
Die WAT Woord van die Week is “kontrotter” – die woord wat jy gebruik as jy nie ‘n voorwerp se naam kan onthou nie!
[Foto’s] Landspoedrekordpoging in 2017 in SA
Die Bloodhound SSC-renmotor sal in 2017 in Hakskeenpan in die Noord-Kaap poog om die landspoedrekord te verbeter.
Ses vas oor bokke in kattebak
Ses mans is in Wolmaransstad in Noordwes in hegtenis geneem nadat twee bokke in die kattebak van ʼn Volkswagen Jetta gevind is.
Twee in hof oor vuurwapens, ammunisie
Twee mans, onderskeidelik 31 en 32 jaar oud, sal na verwagting Maandag in die Johannesburgse landdroshof verskyn op aanklag van die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie.
Twee vas oor gesteelde hare
Twee mans is Saterdagoggend vroeg in Johannesburg se middestad in hegtenis geneem in verband met ʼn groot aantal haarstukke wat vermoedelik gesteel is.
Gedagte vir die dag: Die huishouding van die Vader
Wat my en my gesin betref, ons het ons keuse klaar gemaak, ons gaan die Here dien. (Josua 24:15, Die Boodskap)