“Beeldmateriaal toon hoe die adjudant-offisier twee mans ontmoet wat in sy voertuig klim en ʼn rukkie later weer uitklim en wegstap.”
Alles vir Maandag 18 September 2017
Woord van die week: slytig
Die woord van die week is “slytig”
Het die All Blacks 1949 se twee spanne vergeet?
Deesdae se All Blacks is seker beter daartoe toegerus om twee spanne te kies, maar ʼn mens wonder of Steve Hansen dalk vergeet het van die slag in 1949 toe hulle dit wel gedoen het.
Oom Herrie se kerrie: Die groot onreg, die leeus en die komiteeklerk
Die idee bly darem van in die sweet van sy aanskyn sy brood verdien, en dan is die arbeider sy loon (en verlof/teetyd) waardig.
Vandag se sportnuus
Suid-Afrika en Denemarke het mekaar in die Davisbeker-kompetisie in Denemarke gepak.
Twee vra vir genadedood
ʼn Nuwe saak vir genadedood begin eersdaags in die Johannesburgse hooggeregshof nadat ʼn dokter en haar pasiënt, wat albei terminaal siek is, gesamentlik aansoek gedoen het om die wet teen genadedood ongrondwetlik te verklaar.
[Foto’s] Betogings duur voort in St Louis
Die polisie in St Louis, Missouri in die VSA, het Sondagaand verskeie persone in hegtenis geneem toe hulle vensters gebreek en eiendom beskadig het tydens die derde aand van betogings nadat ʼn wit polisiebeampte vrygespreek is ná ʼn swart man doodgeskiet is.
Suksesvolle kinders het dié agt karaktereienskappe
Elke ouer en onderwyser (opvoedkundige is ’n baie beter benaming) behoort baie in Tough se lys belang te stel. Ons is immers in die bedryf om kinders suksesvol te help maak, dan nie?
Merafong se skuld ‘buite beheer’, sê DA
Die Demokratiese Alliansie het Sondag gewaarsku dat water- en kragtoevoer na inwoners in Merafong-munisipaliteit (Carletonville) in Gauteng “binnekort” afgeskakel kan word, as gevolg van skuld aan Rand Water en Eskom wat “buite beheer” is.
Uitspraak in die PanSAT-saak, raad wil appelleer
“Ons tale is te kosbaar om op die politieke altaar geoffer te word en ʼn pion te word in die ANC se interne struwelinge.”
Gedagte vir die dag: Pas God se kudde op
Pas die kudde van God wat aan julle toevertrou is, goed op. Hou toesig oor hulle. En dan, wanneer die Opperherder kom, sal julle die heerlikheid as onverganklike kroon ontvang. (1 Petrus 5:2, 4)
Oud-WP-slot kry tweekuns in Engelse Premierliga
ʼn Gewese Curriebker-slot van die Westelike Provinsie het Vrydag twee drieë vir die Northampton Saints in die Engelse Premierliga gedruk.