Die Western Force-redder Andrew Forrest het Dinsdag sy nuwe Wêreldreeks-rugby (WSR) in Perth aangekondig saam met ʼn herleefde Force-groep wat sewe spelers met SA bande bevat.
Lees meerAlles vir Dinsdag 6 Maart 2018
Jonas wis nog niks van Nelson Mandelabaai-burgemeesterskap
Mcebisi Jonas, voormalige adjunkminister van finansies, het Dinsdag gesê hy het nog nie enigiets van sy party, die ANC, gehoor nadat die EFF aanbeveel het dat hy oorneem as burgemeester van Nelson Mandelabaai nie.
BTW-verhoging: ANC maak seker arm mense betaal vir foute, sê Maimane
Mmusi Maimane, leier van die Demokratiese Alliansie, het aan sy lede gesê die verhoging in BTW is die ANC se manier om seker te maak dat arm mense vir hul foute betaal en dat staatsgeld geplunder kan word.
Landboudepartement het wet oortree, sê OB
Die openbare beskermer Busisiwe Mkhwebane het Dinsdag gesê haar ondersoek oor die Vrystaatse departement van landbou het slegs gefokus op kwessies van wanadministrasie, wat aan die lig gebring het dat die hoof van die departement en ander beamptes onwettig opgetree het.
Brigadier met kriminele rekord werk steeds vir polisie
ʼn Polisiebrigadier wat in ʼn sekuriteitsklaringsdebakel gewikkel is en later by die polisie aangesluit het nadat sy aan diefstal skuldig bevind is, is nog steeds in diens van die Suid-Afrikaanse Polisiediens, het LP’s Dinsdag gehoor.
Brits-hof is bevoeg om Mooinooi-moordsaak aan te hoor
Die Brits-landdroshof het die jurisdiksie om ʼn borgtogaansoek aan te hoor van ʼn moord wat in Mooinooi plaasgevind het, het ʼn landdroshof in Noordwes Dinsdag bevind.
ANC krabbel terug oor Reserwebank
Die ANC het gister teruggekrabbel en ‘n omstrede parlementêre mosie oor die nasionalisering van die Reserwebank teruggetrek.
Klopjag op Gupta-eiendomme in Indië
Belastinginspekteurs in Indië het Dinsdag ʼn klopjag uitgevoer op eiendomme wat aan die Gupta-familie behoort, in verband met die vermoede dat hulle geld na hul land van oorsprong terugbring, het ʼn beampte gesê.
Paniek toe vrou tydens vlug kajuitdeur wil oopmaak
Volgens die webwerf was die vlug onderweg van San Francisco na Boise in die deelstaat Idaho. Daar was 73 passasiers in die vliegtuig.
Miljoene bestem vir Esidimeni-vergoeding
Die provinsiale regering het tydens verlede maand se arbitrasieverhoor ingestem dat die families van die 143 psigiatriese pasiënte, wat as gevolg van die oorplasing van die pasiënte vanaf Life Esidimeni na ongelisensieerde NRO’s gesterf het, individueel vergoed sal word.
Video: Magiese ‘Meerkat Maantuig’ ʼn fliek vir almal
Maroela Media het met die sterre van dié fliek gesels om uit te vind waarom hulle dink mense daarna moet gaan kyk.
Verbod op ‘Inxeba’ tydelik gelig
Die vervaardigers van die fliek, asook die fliek se verspreiders, het deur hul regspan hulself tot die hof gewend om te versoek dat die tribunaal se gradering omgeswaai word.
Die wêreld in foto’s – 6 Maart 2018
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie.
Foto’s: Almal gaande oor dié vlieënier en sjimpansee wat hy gered het
Kykers is net so dol oor die bebaarde vlieënier as die oulike sjimpansee – waarskynlik oor die vlieënier se liefderyke manier hoe hy die sjimpansee hanteer.
Video: Man sterf in wilde skietery in Randburg
WAARSKUWING: Die beeldmateriaal is grafies van aard en kan sensitiewe kykers ontstel.
Uitdrukkings oor grond
‘n Paar uitdrukkings oor “grond”
Man vas wat ma se beendere opgrawe
Die man was vier jaar oud toe sy ma dood is.
Landbou dra by tot ekonomiese groei
Statistieke Suid-Afrika het Dinsdag gesê ekonomiese groei in die vierde kwartaal van verlede jaar is onder meer deur die landbousektor ʼn hupstoot gegee.
Toyota Gazoo Racing SA mik vir nommer een
Enigiemand met brandstof in die are het al van Giniel de Villiers gehoor. Giniel , saam met Toyota Gazoo Racing SA, mik vir hul eerste wenkans as span.
Nuwe flieks en reekse in Maart op Showmax te sien
Daar is verskeie opwindende reekse, flieks en kinderprogramme wat in Maart op Showmax te sien is.