Meer as 70 miljoen eksemplare van hierdie soekboek is al verkoop en die Waar’s Willie-reeks is beskikbaar in 31 tale.
Alles vir Vrydag 7 September 2018
‘Geen rede tot kommer’ oor optog op Puk-kampus
Grafika oor die optog wat vandag op die Noordwes-Universiteit se Potchefstroom-kampus gehou sal word, het talle studente bekommerd gelaat dat daar chaos op die kampus gaan heers.
Afrika se suidelikste polisiehoof praat prontuit
Sy is kaptein Carlene Swart en staan vrou-alleen aan die stuur van Afrika se suidelikste polisiestasie. In ’n onderhoud met Pierre Massyn praat sy openhartig oor haar belangrike taak as die no. 1-wetstoepasser op Struisbaai in die Wes-Kaap.
Moenie fopnuus oor kinderontvoerings versprei, pleit polisie
‘n Polisiewoordvoerder het daarop gewys dat die verspreiding van valse inligting of verdraaiing van feite onnodige paniek en onrus in die gemeenskap veroorsaak.
Vandag se sportnuus
Die Springbokke speel môre in hul derde wedstryd van vanjaar se Rugbykampioenskap teen Australië in Brisbane en Bafana Bafana speel môre in ʼn Afcon-kwalifiseringswedstryd teen Libië in Durban.
Seun (16) getuig oor afrigter: ‘Ek het gedink dit is die norm’
“In 2016, regdeur die seisoen, sou hy saam met ons in die swembad klim, aan ons geslagsdele vat, ons swembroeke aftrek en ons met handdoeke slaan.”
Mabuza ‘te siek’ om Gupta-vlug te onthou
“Die enigste ding wat ek kon agterkom is dat ek op ʼn vliegtuig is, maar ek was die hele vlug op baie sterk pynmedikasie.”
Gedagte vir die dag: Seisoene
‘n Vrolike mens is ’n gesonde mens, ’n neerslagtige mens raak uitgeput. (Spreuke 17:22)