Sanger Juan Boucher is baie trots op 2018 se matrikulante wat skouer aan die wiel gesit het om by die wenstreep te kan uitkom.
Alles vir Vrydag 4 Januarie 2019
Uitgespoelde dolfyn betyds gered
Die NSRI is omstreeks 06:00 deur die publiek na die strand ontbied nadat strandgangers op die dolfyn afgekom het waar dit uitgespoel het.
Matriek-video 2018: Dié Vrystater wil dokter word
Hierdie oud-leerder van Hoërskool Reitz, Corné Pretorius, het met nie minder nie as agt onderskeidings geslaag.
Jakkie Louw sê geluk aan die matrieks van 2018
Jakkie Louw sê die groot wêreld wag nou op die matrieks van 2018.
Matriek-video 2018: Medies ʼn jarelange droom
Lissette van Niekerk, oud-leerder van Hoërskool Centurion, se sewe onderskeidings het nie net in haar skoot geval nie. ʼn Huis vol klank en kleur het gemaak dat Lissette tydens die eksamen so ʼn bietjie harder moes konsentreer om gefokus te bly.
Matrieks 2018: Hoërskool Zwartkop spog met hul matrieks
Matrieks 2018: Hoërskool Zwartkop kan voorwaar met hulle 2018-matriekgroep spog. Hier is ’n paar van die uitblinkers.
Matriek-video 2018: Sestien vraestelle kry haar nie onder
Kayleigh Victor, trotse oud-matrikulant van Hoërskool Monument, spog met nege onderskeidings.
Elma en Deanré vier fees saam met die matrieks
“Whoo hoo!” is dalk van die eerste woorde wat by jou mond uitgekom het toe jy jou uitslae kry. Bekende aktrise Elma Postma en Deanré Reiners, bekend vir sy rol in die fliek, Mossie, is vandag saam met jou bly.
Matriek-video 2018: Dokter word haar grootste droom
Johné Hattingh spog met agt onderskeidings. Sy het verlede jaar haar skoolloopbaan aan die Hoërskool Waterkloof voltooi.
Nuuskommentaar: Geluk matrieks – maar kry ook perspektief
Te midde van die goeie nuus oor ’n hoër matriekslaagsyfer spreek verskeie kenners hul bedenkinge uit. Die voorbehoude bly jaarliks min of meer dieselfde.
Matriek-video 2018: Nicola wil pediater word
Hoërskool Centurion se oud-hoofdogter, Nicola Janse van Rensburg, stap haar toekoms met sewe onderskeidings tegemoet.
Matriek-video 2018: Jean wil ʼn verskil maak
Al die ure wat Jean Brink, oud-leerder van Hoërskool Waterkloof, agter sy lessenaar deurgebring het, het dividende gelewer en hy spog met sewe onderskeidings.
DZL is trots op die matrieks van 2018
Gaan rus bietjie, nou begin die groot stappe en groot besluite!
Matriek-video 2018: Drikus sien uit na die koshuislewe wat wag
Dié oud-leerder van Hoërskool Zwartkop, Drikus Gräbe, skryf sy agt onderskeidings aan sy familie en onderwysers se ondersteuning toe.
ʼn Spesialis se gratis geskenk aan baba
“Dat hy deurgetrek het, was klaar ʼn wonderwerk.”
Matrieks 2018: Seldsame siekte stuit Ian nie
Ian Bouwer moes ’n besonder moeilike pad stap om sy matrieksertifikaat te verwerf. Dié agtienjarige vasbyter is in 2005 met serebellêre ataksie gediagnoseer – ’n toestand wat spieraktiwiteit en koördinasie aantas.
Duisende toeriste verlaat Thailand terwyl storm nader
Dit word gevrees dat Pabuk selfs erger kan wees as die tifoon wat Thailand in 1989 getref en die dood van meer as 900 mense veroorsaak het.
Talle meen matriekuitslae ‘laat rooi ligte flikker’
“Slaag- en toelatingsvereistes wat deurentyd verlaag word – soos wat pas weer die geval met toelatingsvereistes vir tersiêre studie was – skep die indruk dat selfs die groep wat slaag, toenemend minder het om aan werkgewers te bied.”
Matriek-video 2018: ʼn Passie vir tale
Erika Bos is nie verniet as Hoërskool Centurion se akademiese duxleerder vir 2018 aangewys nie. Sy het bewys sy verdien dié toekenning deur onderskeidings in ses vakke te kry!
Bouwer is trots op elke matrikulant!
Bouwer Bosch het ‘n spesiale boodskap vir elke matrikulant van 2018 wat suksesvol die eksamen voltooi het!