Dit is ongetwyfeld waar dat daar daadwerklik aan die kragprobleme van die land gewerk word, maar dit is te betwyfel dat die bestuur van die ramptoestand die beste oplossing sal wees.
Alles vir Vrydag 10 Februarie 2023
Aiden slaan sy span tot in eindstryd
Aiden Markram het gister met ʼn honderdtal in ʼn SA20-halfeindstryd uitgeblink, maar Faf du Plessis en Temba Bavuma is al twee vir nulletjies uitgehaal.
Ondersoek ‘ver van afgehandel’ in Koster-moordsaak
Die ondersoek sloer glo omdat die beskuldigde Stefan Nel nie vir die polisie toegang tot beeldmateriaal van ʼn kamera op die plaas wil gee nie.
Opposisiepartye kap Ramaphosa oor ramptoestand
Die DA is van plan om regsaksie te begin oor pres. Cyril Ramaphosa se aankondiging van ʼn elektrisiteit-ramptoestand terwyl die VF Plus meen die feit dat dr. Nkosazana Dlamini-Zuma hiervan in beheer gaan wees yskoue water gegooi het oor Ramaphosa se planne om die krisis te bowe te kom.
Vier wildtuin-kampe afgesny ná oorstromings
Vier kampe sowel as verskeie paaie en brûe in die Krugerwildtuin is ontoeganklik weens oorstromings, maar daar is nog geen beserings by mense of diere aangemeld nie.
Regstappe kom oor elektrisiteit-ramptoestand
“Ons durf nie toelaat dat die regering se magsvergrype tydens die Covid-19-ramptoestand herhaal word nie.”
Stories oor Mark Pilgrim se dood onwaar
“Mark het gevra dat mense hulle daarvan weerhou om vals nuus oor sy toestand te deel.”
Gedagte vir die dag: Jy is soveel meer as …
Dis Ek wat vir Sion sê: “Jy is Myne.” (Jesaja 51:16c)