Maroela Media se 10 gewildste Taaltoffies vir 2022

Hierdie 10 artikels is in 2022 die meeste gelees op Maroela Media se Toetentaal-afdeling.

  1. Westdene-busramp: Meer as 35 jaar later

Dit was 27 Maart 1985, omstreeks halfvier die middag, slegs twee dae voor die skoolvakansie.

  1. Luister: Ben Booysen se geskenk aan sy kleinkinders

“Ek wil hê my kleinkinders moet eendag lees hoe hulle oupa uitgestyg en een van die beste polisiemanne in die land geword het.”

  1. Pa publiseer dogter (9) se boek

Die 9-jarige Giulia le Roux het onlangs een van die jongste skrywers in Frankryk geword ná haar pa, Erik le Roux, stilletjies haar boek Cinq Plumes Perdues (Five lost feathers) laat publiseer het.

Die 9-jarige Giulia le Roux het onlangs een van die jongste skrywers in Frankryk geword. (Foto: Erik le Roux)

  1. Plaasaanvalle: Jou woorde kan ’n verskil maak

Nico Schamrel, eienaar van Ns. Skrywershuis, het die behoefte gesien om boere en hul werkers wat nie net fisiese nie, maar veral ook emosionele letsels van plaasaanvalle dra, emosioneel by die staan.

Anneline Kriel-Bacon en Jacques LaGrange (Foto: Leonard Arendt)

  1. ʼn Afrikaanse brief uit Argentinië

Augusto Romeo woon in Argentinië. Hy het aan die begin van 2020, en aan die begin van die wêreldwye Covid-19-pandemie, ʼn belangstelling gekweek in Afrikaans en die geskiedenis van Suid-Afrika.

Augusto Romeo en Juliet (Foto verskaf)

  1. Hoekom in Afrikaans Poetin en nie Putin?

Maroela Media word oorval met navrae van lesers wat wil weet waarom buitelandse eiename soms op ʼn spesifieke wyse gespel word.

Pres. Wladimir Poetin. (Foto: Alexei Druzhinin/Sputnik/AFP)

  1. Laingsburg-vloed: 40 jaar later

Op 25 Januarie 1981, vanjaar 41 jaar gelede, het ʼn vloed verwoesting in Laingsburg, en omliggende gebiede, gesaai.

Op 25 Januarie 1981 het ‘n blitsvloed die dorp van Laingsburg verwoes. (Foto: Fotograaf onbekend)

  1. Speel Wordle in Afrikaans

Wordle, die Engelse woordbouspeletjie wat wêreldwyd die belangstelling van taalliefhebbers en vertalers geprikkel het, kan nou ook in Afrikaans gespeel word.

Watse, die Afrikaanse weergawe van Wordle, is deur AH Welgemoed vir Klyntji ontwikkel. (Foto: Klyntjie/Facebook)

  1. Video: Maroela Media bederf Engelse dogtertjie wat volhou sy is Afrikaans

Maroela Media het besluit om klein Indya met haar ontdekkingsreis van Afrikaans te help deur vir haar ʼn eg Afrikaanse geskenkpakkie te stuur.

  1. Luister: Vrou vertel oor 40 jaar saam met ʼn narsis

Ná 40 jaar saam met ʼn narsis het Ilse Verster daarin geslaag om haarself uit dié hel op aarde te red.

Ilse Verster, skrywer van ‘So lyk ʼn vrou…’ (Foto: Verskaf)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.