Woolworths het Dinsdag 12 roomys- en sorbetprodukte herroep wat nie die nodige waarskuwings vir persone met ʼn grondboontjie-allergie bevat het nie.
Alles deur die skrywer African News Agency
ANC vaar uit oor OB se betrokkenheid by Nkandla-hofsaak
Die ANC het Maandag teen Thuli Madonsela, die Openbare Beskermer (OB), uitgevaar nadat sy kragte met die EFF saamgesnoer het in lede se geveg teen die omstrede Nkandla-sage.
Multi-miljoenrandse belastingbedrog oopgevlek
Twee mans wat die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) na bewering met meer as R5 miljoen bedrieg het, is Maandag op borgtog van R50 000 elk vrygelaat in die Nigel-landdroshof.
Krejcir vandag gevonnis
Radovan Krejcir, die Tsjeggiese sakeman wat in Augustus skuldig bevind is aan poging tot moord en ontvoering, sal Maandag in die hooggeregshof in Johannesburg gevonnis word.
ANC soek diepte-ondersoek na welvaartsbelasting
Die ANC se hoofraad wil opnuut die moontlikheid laat ondersoek om die land se rykes verder te belas.
SAUK-hoof vaar uit teen ‘kwaadwillige’ koerantopskrif
Hlaudi Motsoeneng, omstrede bedryfshoof van die SAUK, het Sondag uitgevaar teen ʼn “kwaadwillige” koerantopskrif en volgehou dat hy volle respek vir die regstelsel en Openbare Beskermer het.
SAL bestee glo R9.4 miljoen op Guptas se koerante
Die Suid-Afrikaanse Lugrederye (SAL) het tot op hede R9.4 miljoen bestee op The New Age-koerante wat deur die Gupta-familie besit word, ten spyte van die lugredery se finansiële krisis.
SA sal van internasionale strafhof onttrek, sê ANC
Die ANC se hoofraad het Sondag besluit dat Suid-Afrika van die Internasionale Strafhof sal onttrek.
Twee vas wat bejaarde met skroewedraaier steek
Twee mans is in hegtenis geneem enkele minute nadat hulle by ʼn Johannesburgse huis ingebreek en ʼn bejaarde man met ʼn skroewedraaier gesteek het.
Twee sterf, vier beseer in dramatiese skietvoorval
Twee mense is dood en vier beseer nadat ʼn man glo op ʼn minibustaxi vol passasiers losgebrand het voordat hy homself geskiet het.
Man vas vir gesteelde motor by grenspos
ʼn 18-jarige man is Saterdag by die Lesotho-grenspos in hegtenis geneem nadat hy glo probeer het om ʼn gesteelde voertuig oor die grens te neem.
Mthethwa: ‘Omvang van korrupsie word oordryf’
Die omvang van korrupsie en die implikasie daarvan in Suid-Afrika word oor die algemeen oorbeklemtoon, het Nathi Mthethwa, lid van die ANC se uitvoerende komitee, Saterdag gesê.
Polisiebeampte skiet vrou glo per ongeluk
ʼn Gautengse polisiebeampte is Vrydag in hegtenis geneem nadat hy glo sy vrou in die gesig geskiet het.
Taxi-skietery: ‘Staat het geen bewyse nie’
Twaalf mans wat daarvan beskuldig word dat hulle verantwoordelik is vir ʼn skietery by ʼn Durbanse taxistaanplek waarin drie mense dood is, het Vrydag beweer dit sal onregverdig wees om hulle in polisieaanhouding te hou terwyl twaalf ander, wat na bewering ook betrokke was, nie eens aangekla word nie.
Oscar se paroolbesluit wéér uitgestel
Die besluit of Oscar Pistorius op korrektiewe toesig vrygelaat sal word, is Vrydag vir die soveelste keer uitgestel, hierdie keer om Reeva Steenkamp se familie kans te gee om insette te lewer.
Paroolraad besluit dalk vandag oor Oscar
Die departement van korrektiewe dienste het Vrydag bevestig dat die paroolhersieningsraad van die Kgosi Mampuru II-gevangenis vandag sal vergader om te besluit of Oscar Pistorius onder korrektiewe toesig vrygelaat sal word.
Bfn-restauranteienaar vas oor perlemoen
Die eienaar en kok van ʼn restaurant in Bloemfontein is in hegtenis geneem nadat ʼn wenk ontvang is dat daar perlemoen by die restaurant verkoop word.
Skokonthullings van kindermishandeling in ma en ouma se saak
ʼn Durbanse vrou en haar ma word nie net daarvan beskuldig dat hulle die jonger vrou se driejarige vermoor het nie, maar ook dat hulle die vrou se drie ander kinders gemartel en seksueel misbruik het. WAARSKUWING: Die inhoud van die berig is grafies van aard en kan sensitiewe lesers ontstel.
Ma, ouma weer in hof ná dogtertjie se dood
Die ma en dogter wat daarvan beskuldig word dat hulle die driejarige Jamie Naidoo vermoor het, het Donderdag in die Chatsworth-landdroshof verskyn.
Polisie soek vrou oor babalykie in rioolwerke
ʼn Babalykie is in ʼn munisipale rioolpompstasie in Virginia in die Vrystaat gevind.