“In sommige van die foto’s was die vrou halfkaal, ander was baie eksplisiet en daar was sommige waar sy heeltemal kaal was.”
Alles deur die skrywer African News Agency
Appèlhof beslis Madonsela mag nie geïgnoreer word
Die appèlhof het Donderdag in sy uitspraak oor Hlaudi Motsoeneng, omstrede bedryfshoof van die SAUK, gesê die Openbare Beskermer (OB) se mond mag nie gesnoer word deur haar aanbevelings te ignoreer nie.
Durban-man deur kapers doodgeskiet
ʼn Man is Woensdagaand deur kapers in Lotus Park in die suide van Durban doodgeskiet.
Seun (10) getuig in modelagentskap-baas se kinderporno-verhoor
ʼn Tienjarige seun het Woensdag getuig in die kinderpornografie saak van Dawie de Villiers (35), die eienaar van ʼn bekende Suid-Afrikaanse modelagentskap.
Man vertel aan hof hoe hy en meisie ma vermoor
Hulle het ooreengekom dat wanneer Rosemary terugkeer, sou Phoenix haar aandag aftrek deur saam met haar buitentoe te stap om haar die sterre te wys en dan sal Maspero “van agter af kom, ʼn tou om haar nek glip en haar verwurg terwyl Phoenix haar stil hou”.
Plaasaanvallers vrygespreek op moordklag
Twee mans wat daarvan beskuldig is dat hulle ʼn Kaapstadse polisiebeampte tydens ʼn rooftog op ʼn plaas doodgeskiet het, is op ʼn aanklag van moord vrygespreek.
Byna 200 werkers by platinummyn hul werk kwyt
Byna 200 werkers van die Royal Bafokeng-platinummyn in Rasimone naby Rustenburg is afgelê.
Polisieman vas wat Eskom-krag verkoop
“Spookverkope” is ʼn praktyk waar misdadigers elektrisiteitkoopbewysmasjiene steel en die koopbewyse aan kraggebruikers verkoop wat voorafbetaalde elektrisiteitmeters gebruik.
Kohler-Barnard-sage: ‘Bewys van wit heerskappy’
Die DA se reaksie op Dianne Kohler-Barnard wat ʼn omstrede inskrywing oor PW Botha op sosiale media gedeel het, is bewys daarvan dat die party wit heerskappy handhaaf, het die ANC in die Wes-Kaap gesê.
Siamese tweeling in Brits-hospitaal gebore
ʼn Siamese tweeling wat in die Brits-distrikshospitaal in Noordwes gebore is, is in ʼn stabiele toestand.
46 getuies gaan teen modelagentskap-baas getuig
Die staat het 46 getuies geroep om teen die eienaar van ʼn bekende Suid-Afrikaanse modelagentskap, wat onder meer teregstaan op aanklagte van verkragting en die besit van kinderpornografie, te getuig.
SA vra Strafhof vir meer tyd
Die Suid-Afrikaanse regering het die Internasionale Strafhof vir meer tyd gevra om te reageer op die hof se versoek vir ʼn verduideliking oor hoekom die president van Soedan, Omar al-Basjir, nie tydens sy besoek aan die land in hegtenis geneem is nie.
Modelagentskap se baas in hof vir beweerde verkragting, kinderporno
Die baas van ʼn bekende Suid-Afrikaanse modelagentskap het Maandag in die hooggeregshof in Palm Ridge skuld ontken op aanklagte van verkragting, die besit van kinderpornografie, bedrog en intimidasie
Geslagsdele in vrieskas: Deen doen nie aansoek om borgtog
Die polisie glo dat Frederiksen al sedert 2010 operasies op vroue uitvoer. Die meeste van sy slagoffers is vermoedelik van Lesotho afkomstig. Een van hulle is glo net sewe of agt jaar oud.
Bfn-sakeman vandag in hof oor geslagsdele in vrieskas
Die Deense man wat verlede maand in Bloemfontein in hegtenis geneem is nadat die polisie vroue se geslagsdele in sy vrieskas gevind het, sal Maandag in die plaaslike landdroshof verskyn.
Talle vas oor dwelms by musiekfees
Talle verdagtes, insluitende ʼn 28-jarige vrou, is vir die besit van dwelms in hegtenis geneem tydens die Rocking the Daisies-musiekfees in Darling in die Wes-Kaap.
Duisende steenkoolmyners gaan staak
Nagenoeg 30 000 steenkoolmynwerkers gaan Sondagmiddag begin staak, het die mynvakbond, National Union of Mineworkers (NUM), pas gewaarsku.
Sakeman se skietdood meer as ‘net gewone polisieondersoek’
Bozwana het glo al meer as R1 miljard se kontrakte van Noordwes se provinsiale en plaaslike regerings ontvang. Hy was ook glo betrokke by regeringsprojekte ter waarde van R305 miljoen.
Inisiasieskool-eienaar swaar gevonnis vir verkragtings
Die eienaar van ʼn inisiasieskool in Mpumalanga is Vrydag swaar gevonnis nadat hy skuldig bevind is dat hy 17 meisies by die skool verkrag het.
Skokfeite in Johan Booysen-saak onthul
Op die dag wat Johan Booysen, hoof van die Valke in KwaZulu-Natal, geskors is, het die man wat hom geskors het, sowel as die provinsiale hoof van die polisie, probeer om toegang tot sy kantoor te kry.