Die taxibedryf en die munisipaliteit het ʼn ooreenkoms in Durban bereik en ʼn vier dag lange staking is opgeskort.
Alles deur die skrywer African News Agency
N2-ongeluk: 2 dood, 52 beseer
Minstens twee persone is Donderdag dood in ʼn ongeluk op die N2 naby Harding in KwaZulu-Natal.
Minstens 25 dood ná Jemen-selfmoordbom
Minstens 25 aanbidders is Donderdag dood en talle persone beseer tydens ʼn selfmoordbomaanval in ʼn moskee in Sana’a, Jemen.
Noordwes waarsku oor vals lughaweposte
Bedrieërs in Noordwes maak geld uit niksvermoedende werksoekers deur vals poste aan te bied by Mafikeng- en Pilanesberg-lughawens.
Geen beurtkrag Donderdag verwag nie
Eskom het Donderdagoggend in ʼn verklaring bevestig die kragnetwerk is stabiel en daar sal na verwagting geen beurtkrag toegepas word nie.
Hlaudi kry verhoging van amper R1 miljoen ondanks reuseverlies
Hlaudi Motsoeneng, omstrede bedryfshoof van die SAUK, se salaris het die afgelope jaar met nagenoeg ʼn miljoen rand gestyg.
TUT-studente betoog oor ‘ou kos’, misdaad op kampus
Die polisie is Dinsdag na die Tshwane Universiteit van Tegnologie se kampus in Pretoria-Wes ontbied toe betogende studente bande aan die brand gesteek en infrastruktuur beskadig het.
Te veel swart mense op OVK-kortlys, sê Zuma
President Jacob Zuma het Dinsdag gesê die kortlys vir kandidate om ʼn vakante pos by die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) te vul, het te min vroue en wittes op.
Datum vas vir Oscar-appèlsaak
Die staat se appèl teen Oscar Pistorius se skuldigbevinding aan strafbare manslag gaan op 3 November in die appèlhof in Bloemfontein aangehoor word.
AfriForum: ‘44 plaasmoorde vanjaar’
“Berekeninge van onafhanklike navorsingsinstansies dui daarop dat die kans dat ʼn boer vermoor word twee keer groter is as die kans van ʼn polisiebeampte. Hierdie moorde gaan ook dikwels gepaard met buitensporige vlakke van brutaliteit.”
Openbare vervoer tot stilstand geruk nadat polisie 300 taxi’s skut
“Ons moes reageer op die hoë vlakke van wetteloosheid in die taxibedryf. Soos jy weet, is meer as 80% van konflik in die bedryf oor roetes.”
Grabouw-verkragtingslagoffer wil nie praat nie, sê haar ma
ʼn 14-jarige meisie wat in Julie in Grabouw in die Wes-Kaap wreed aangerand en verkrag is, se ma sê sy sukkel om met haar te praat.
Vermiste man se oorskot dalk gevind
ʼn Menslike skedel en beendere is in die Magaliesbergreeks in die Hartbeespoortdam-gebied naby Brits in Noordwes gevind.
Geskorste Valke-hoof ontken bedrogbewerings
Genl.maj. Johan Booysen, geskorste hoof van die Valke in KwaZulu-Natal, sal tot Oktober moet wag voordat ʼn datum in die hooggeregshof in Durban vasgestel kan word vir sy hofaansoek teen sy skorsing.
Polisieman wat glo vrou, dogter doodskiet, vra vir borgtog
“Toe hy die aand teruggekeer het, het hy sy vrou gevra om vir hom kos te maak. Terwyl die vrou besig was om kos te kook, het hy na bewering ʼn vuurwapen in ʼn ander kamer gaan haal, teruggestap en sy vrou en dogter doodgeskiet.”
Verdagte vas 16 jaar ná gru-moord op tienermeisie
Valencia Farmer kon daarin slaag om na ’n nabygeleë pad te kruip ná die aanval. Die meisie is 53 keer met ʼn mes gesteek en is twee dae later in die hospitaal dood.
10 000 moet glo een kraan deel in Noordwes-dorpie
Die gemeenskap van Kraaipan in Noordwes het glo net een kraan vir 10 000 mense, het die DA Sondag gesê.
SA’ners leef nou langer, sê minister
Jeff Radebe, minister in die presidensie, het Sondag gesê Suid-Afrikaners se lewensverwagting het oor die afgelope tien jaar toegeneem.
Drie vas oor dwelms
Drie buitelanders is in Bellville naby Kaapstad in hegtenis geneem vir die beweerde besit van dwelms, het die Wes-Kaapse polisie gesê.
Beurtkragvoorspelling vir Sondag
“Ons het vroeër die week gewaarsku dat die kragnetwerk onder druk sal wees tot vandag.”