ʼn 7-jarige seun is ernstig by sy laerskool in Bloemfontein beseer na ʼn groot sementpyp vandag op hom geval het.
Alles deur die skrywer Phillip
ABSA trek bedankingsbriewe terug
Die finansiëledienstevakbond Sasbo, wie die meerderheid ABSA-werknemers verteenwoordig, het pas bekend gemaak dat die bank ingestem het om die bedankingsbriewe van die bank se IT-afdelings terug te trek.
Boer vat mynreus aan
ʼn Boer van Delmas is keelvol vir hoe myne in die gebied opereer en het besluit om ʼn mynreus aan te vat.
Innibos-feeskomitee laat ‘kat’ uit die mou
Innibos is vanjaar nege jaar oud, en soos die spreekwoordelike kat met nege lewens, gaan daar vanjaar heerlik gekattemaai word.
Vertroue in Zuma val
Volgens ʼn peiling deur TNS Research Surveys het sy ondersteuningsyfer tot 46% in April gedaal, na die syfer op sy hoogste 55% in Februarie was.
Man sterf tydens valskermsprong
‘n 56-jarige man is Sondag tydens ʼn valskermsprong dood. Die voorval het omstreeks 09:00 by ʼn valskermklub in Durban plaasgevind.
“Polisie het my gekaap”
ʼn Man is Vrydagaand in Johannesburg deur mans wat hulself as polisielede voorgedoen het, met ʼn vuurwapen aangehou en van sy Porsche beroof.
Taxi drywers staak oor petrolprys
ʼn Taxi staking in Johannesburg het vanoggend duisende pendelaars gestrand gelaat. Die Taxi bestuurders staak om oor verskeie aspekte te protesteer. Luidens die SABC is hulle onder andere ontevrede oor die e-tolstelsel en die stygende hoë petrolprys.
Nasionale tesourie sê polisie moet verminder
Die nasionale tesourie het aanbeveel dat die polisie sy personeel met tot 9 000 lede moet verminder.
Vyf dood op Namibiese plaas
‘n Gesin van drie en ‘n plaaswerker is op ‘n plaas naby Rehoboth oos van Windhoek Sondag doodgeskiet. Die vermeende aanvaller is ook daarna aan beserings dood.
Joernalis uit Zimbabwe-tronk vrygelaat
‘n Fotojoernalis van Nieu-Seeland, wat onlangs in Zimbabwe in hegtenis geneem is, is na 25 dae in aanhouding vrygelaat.
Polisie bekommerd oor reeks verkragtings
Polisie van die Noordweste het Sondag hul veroordeling teen ʼn reeks verkragtings oor die afgelope agt dae in dié provinsie uitgespreek.
Skole sukkel steeds met handboekprobleme
Die DA het vandag erg kapsie gemaak omdat sekere skole vyf maande vandat die skooljaar geopen het, steeds nie handboeke ontvang het nie.
“Ontneem De Klerk se Nobelprys”
Die National Health and Allied Worker’s Union (Nehawu) het vandag versoek dat oudpresident FW de Klerk se Nobelprys teruggetrek word.
Sexwale ondersteun glo Malema-familietrust
’n Maatskappy wat gedeeltelik deur minister Tokyo Sexwale besit word, het minstens R100 000 in die familietrust van Julius Malema betaal.
Sexwale wil glo leisels by Zuma oorneem
Volgens die City Press het vier ingeligtes na aan Tokyo Sexwale aan die koerant bevestig dat Sexwale ’n veldtog voer om in Desember die leisels oor te neem wanneer die ANC sy nuwe leiers kies.
Video: Pa spring uit bewegende kar om kind te red
ʼn Man het uit ʼn bewegende voertuig gespring om sy 4-jarige dogtertjie te red wat in ʼn besige kruising uit die voertuig geval het.
Zuma gee Moedersdagboodskap
“Moedersdag is ʼn spesiale dag vir verskeie redes. Gelukkige Moedersdag aan alle ma’s en oumas van ons land.” – President Jacob Zuma
Clifton-vistreiler: Reddingspoging hervat
Pogings gaan vandag voort om die vistreiler wat gister op Eerste Strand in Clifton gestrand het, terug in die see te kry.
Trein tref vliegtuig ná noodlanding
ʼn Vlieënier en passasier van Pretoria het Donderdag twee keer die dood gekul na hulle ʼn noodlanding oorleef het én die vliegtuig kort daarna deur ʼn trein getref is.