ʼn 7-jarige meisie is vroeg Vrydagoggend per ongeluk deur haar pa doodgeskiet na rowers op hul huis in Lyttelton, Centurion, toegeslaan het.
Alles deur die skrywer Phillip
Video: Oud-Blou Bul se liefdesdriehoek ontbloot
ʼn Video oor ʼn nuusstorie wat Suid-Afrika aan die praat gehad het, kom met die hele sak patats vorendag oor die liefdesdriehoek van oud-Blou Bul Deon Helberg, sy model-meisie Jalien Reyneke en haar ma, Manda..
Zuma-skildery: Galery gaan dit nie verwyder nie
Die Goodman-kunsgalery in Johannesburg gaan nié die skildery van president Jacob Zuma, wat sy privaatdele ontbloot, verwyder nie.
Leeuwyfie op vrye voet
Polisie in Noordwes vra inwoners in die Mahikeng-omgewing om paraat en op die uitkyk te wees vir ʼn wilde leeuwyfie wat in die gebied waargeneem is.
Donna Summer sterf
Donna Summer, een van die mees invloedryke sangers van die disko-era, is Donderdag op 63-jarige ouderdom aan kanker oorlede.
Reeksverkragter kry tot 17 keer lewenslange tronkstraf
Die man wat bekend geword het as die Avalon-begraafplaasverkragter, is Donderdag in die Suid-Gautengse hooggeregshof tot 17 keer lewenslange tronkstraf gevonnis.
Kunswerk van ontblote Zuma het land aan’t gons
Die ANC is woedend oor ʼn kunstenaar se kunswerk wat president Jacob Zuma ‘ontbloot’ en het hul regspan gevra om die howe te nader om die kunstenaar te dwing om die kunswerk te verwyder en alle promosiemateriaal daaroor te vernietig.
Regering wil SAL geldelik onder sy vlerk neem
Die regering beplan om die Suid-Afrikaans Lugdiens (SAL) geldelik te ondersteun om die veiligheid van lugvervoer te verseker.
ID-boekies dalk gou iets van die verlede
Die bekende groen ID-boekies mag dalk binnekort iets van die verlede wees. Na wat verwag word, gaan slim ID-kaarte reeds teen die volgende verkiesing gebruik word.
Twee lyke op strand gekry
Die liggame van ‘n 21-jarige vrou en 65-jarige man is Woensdagmiddag op ʼn strand in Hartenbos in die Wes-Kaap gekry.
Verkragting-video: 13-jarige vir evaluasie gestuur
Die 13-jarige seun wat daarvan beskuldig word dat hy deel was van ʼn groep wat vroeër vanjaar ʼn 17-jarige verstandelikgestremde meisie in Soweto verkrag het, is Donderdag vir sielkundige evaluasie gestuur.
Chanelle Henning-moord: Valke voer klopjagte uit
Die Valke het Donderdagoggend op verskeie eiendomme van Nico Henning, die vervreemde man van die vermoorde Chanelle Henning, toegeslaan om dit te deursoek.
E-tolstelsel: Regering gaan hofbevel appelleer
Hoewel Sanral nie die tydelike hofbevel teen die instelling van die e-tolstelsel gaan appelleer nie, gaan die regering wel.
Dief skiet makker raak
Johannesburgse polisie het drie verdagtes aangekeer ná een van hulle deur sy medepligtiges in die bors geskiet is, en hy gevolglik in ʼn hospitaal aangekeer is.
Meisie verkrag na Twitter ontmoeting
’n 13-jarige meisie is glo in haar huis verkrag ná sy ʼn man, wat sy deur Twitter leer ken het, daar ontmoet het.
Drie kinders slagoffers van bendegeweld
Drie kinders is in kruisvuur gewond na bendegeweld Woensdagaand in Kaapstad uitgebreek het.
Polisievrou moet opdok ná sy kougom gaps
ʼn Mpumalanga reserwe-konstabel is tot 60 dae tronkstraf gevonnis of die opsie om ʼn R1000 boete te betaal ná sy kougom ter waarde van R10 gesteel het.
Gemeenskap en taxi-bestuurders stamp koppe
Buspendelaars en Taxi-bestuurders het vanoggend in Olievenhoutbosch, naby Pretoria, koppe gestamp na taxi-bestuurders gister gewelddadig teen busdienste in die gebied opgetree het.
Busongeluk eis vier lewens
Vyf mense is Woensdagoggend dood na ʼn bus van SA Roadlink op die N1 naby Bloemfontein, die pad verlaat en omgeslaan het.
Plaasaanval: Bejaardes oorleef, rower sterf
ʼn Rower is Saterdag dood na hy ʼn bakkie, wat hy tydens ʼn plaasaanval gesteel het, gerol het. Die bejaarde egpaar by wie die voorval plaasgevind het, het die aanval op hul plaas tussen Zeerust en Lichtenburg oorleef.