Krejcir: Uitleweringsverhoor weer uitgestel

Radovan Krejcir Foto: www.lidovky.cz

Radovan Krejcir Foto: www.lidovky.cz

Die veroordeelde krimineel Radovan Krejcir se uitleweringsverhoor is Donderdag weer in die Kempton Parkse landdroshof uitgestel.

Eddie Classen, Krejcir se prokureur, het gesê hy sal weer op 9 Desember in die hof verskyn wanneer landdros William Schutte sal bepaal of daar vordering gemaak is in Krejcir se versoek om asiel, wat tans by die vlugtelingsappèlraad hersien word.

Schutte het op 29 Augustus gesê hy sou op 12 September besluit of Krejcir se saak uitgestel moet word nadat Classen aangevoer het dat die hof eers moet wag totdat die vlugtelingsappèlraad hul besluit gemaak het.

Krejcir wil in Suid-Afrika bly en staan pogings deur die Nasionale Vervolgingsgesag teë om hom aan sy land van herkoms, die Tsjeggiese Republiek, uit te lewer waar hy tronkstraf van 11 jaar moet uitdien.

Die vlugtelingsappèlraad het verlede jaar geweier om hom vlugtelingstatus toe te ken. Hy het appèl aangeteken teen dié besluit. Die staat en die verdediging het ingestem om die saak uit te stel totdat die raad ‘n finale besluit geneem het.

Krejcir is verlede jaar in absentia in die Tsjeggiese Republiek gevonnis vir geldwassery.

Lees ook:
Krejcir weer in die hof
Krejcir se vermeende aanvaller dalk veiliger agter tralies
Krejcir se winkel beroof
Foto’s: Krejcir oorleef bisarre sluipmoordaanval
Eis teen Lolly Jackson se boedel uitgestel
Lolly Jackson se moord moontlik binnekort opgelos
Polisiehoë afgedank na beweerde betrokkenheid by Jackson-moord
Vermoorde Teazers-baas se laaste oproep glo aan vermeende moordenaar

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Trippie ·

Snert – lewer hom uit, anders moet ONS weer vir hom sorg !

SKOERT ! TSAMAIA !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.