Verskeie nie-winsgewende organisasies kan vanjaar ʼn vroeë Kersgeskenk te wagte wees nadat die tweede nasionale Tekkie Tax dag meer as R4.8 miljoen vir liefdadigheid ingesamel het.
Goeie nuus: Helpende Hand bewaarheid 30 Kerswense
Solidariteit Helpende Hand het hierdie maand ʼn projek van stapel gestuur waar die organisasie vanaf 10 November tot 10 Desember 30 Kerswense ter waarde van ʼn R1 000 elke sal bewaarheid.
Uitdrukkings: Goedhartigheid
Maroela Media fokus saam met verskeie organisasies hierdie week op Goeie Nuus. Taaltoffie fokus as deel hiervan vandag op alle uitdrukkings wat verwys na “goedhartigheid”.
Redakteursbrief: Goeie nuus: Maar is dit nuus?
Maroela Media fokus vandeesweek op goeienuus-stories. Maar lees mense nog goeie nuus? Kyk bietjie wat skryf Susan Lombaard.
Goeie Nuus: PTA-dieretuin se leeus “tree af” in Harrismith
Die Nasionale Dieretuin in Pretoria se leeubevolking bars uit sy nate en om dit onder beheer te hou gaan die dieretuin twee van sy oudste leeus op ʼn leeuplaas buite Harrismith in die Vrystaat laat “aftree”.
Goeie nuus: Kaapstad-kelner se weldaad roer wêreldwyd harte
ʼn Kelner van Kaapstad het sosiale media behoorlik aan die gons en gryp wêreldwyd harte aan weens sy nederige daad aan ʼn gestremde.
Goeie nuus: By POPUP ontvang jy nie net nie, jy léér
POPUP (People Upliftment Programme) is ʼn nie-winsgewende organisasie wat 14 jaar gelede tot stand gekom het. Hulle fokus is die opheffing van gemeenskappe, ongeag die ras of kultuur.
Goeie nuus: Video: Alles gaan oor liefde – Bouwer Bosch
Bouwer Bosch gesels oor sy gedig “Kleurblind” wat gaan oor ons as mense, hoe ons ander mense sien en hoe hy voel dat jy nie ‘n Christen en ‘n rassis kan wees nie.
Goeie nuus: Mev. SA as eerste prinses aangewys by Mev. Wêreld – video
Sarah-Kate Scott, Mev. Suid-Afrika en die bekende radiopersoonlikheid Darren Scott se vrou, is as die eerste prinses aangewys in die Mev. Wêreld-kompetisie in Maryland in die VSA.
Goeie nuus: Dít gee my hoop!
Hoe wonderlik is dit nie wanneer iemand dit reg kry om uit baie moeilike omstandighede op te staan en al daai negatiewe energie om te sit in iets goeds nie.
Goeie nuus: Elizma Theron sing ʼn noot vir nood
Die sangeres Elizma Theron, wat November as haar welwillendheidsmaand aangekondig het, bied binnekort ʼn groot vertoning aan saam met Kurt Darren, Nicholis Louw en Pieter Koen vir liefdadigheid.
Goeie nuus: Samaritaan ná drie jaar vrygespreek
Drie jaar se trane en stres, ʼn naweek agter tralies, ʼn skuldigbevinding en gevolglik vonnis is wat dit vir ʼn barmhartige Samaritaan, Annari du Plessis, gekos het om seker te maak dat geregtigheid uiteindelik vir haar en slagoffers van verkragting en mishandeling geskied.
Goeie nuus: Laurel and Hardy herleef
Al is hul laaste film reeds in 1953 vrygestel, het Stan Laurel en Oliver Hardy se aanhangers vir ʼn geruime tyd nie dié twee Britse karakters vergeet nie. ‘n Video met hul manewales volg onderaan die berig.
Video: Goeie nuus: Kankervegtertjie inspireer musiekvideo
Jordan Pelser, die dapper vierjarige seuntjie wat in remissie is nadat hy vroeër vanjaar met Burkitt-leukemie gediagnoseer is, se storie het ʼn musiekvideo geïnspireer wat geld vir liefdadigheid insamel en ook bewustheid oor kindersiektes skep.
Goeie nuus: Nog ʼn groot daling in brandstofpryse verwag
Die prys van petrol kan moontlik op 3 Desember met meer as 70c per liter daal terwyl die groothandelprys van diesel met sowat 50c kan daal, het die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) Dinsdag gesê. Dit sal die eerste keer in vyf jaar wees dat die prys van petrol jaar-op-jaar laer is.
Goeie nuus: Afrikaners het leiers… en kan saamstaan
As deel van Maroela Media se Goeie Nuus-week-veldtog, skryf Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum: “Afrikaners staan deesdae saam soos nooit tevore nie en hulle leiers is van dieselfde kaliber as al die vorige generasies se leiers.”
Goeie nuus: Video: Pretorianers maak hulle harte oop vir Street Store
The Street Store het Sondag gesorg vir ʼn hele paar glimlagte toe hulle vir behoeftiges die kans gegee het om gratis “inkopies” te doen.
Goeie nuus: Vermiste oupa stuur SMS
Kobus van der Berg (65), die pensioenaris van Pretoria wat Saterdag verdwyn het, het Maandagaand van hom laat hoor.
Goeie nuus: Akteur trap ver vir honger magies
Die akteur, Ivan Zimmermann, gaan binnekort ʼn fietstoer van Kaapstad na Kaïro in Egipte onderneem om kos vir honger kinders in te samel.
Goeie nuus: Hennie Smit weer op die been
Die akteur Hennie Smit maak goeie vordering sedert hy in September in die intensiewesorgeenheid van die Wilgers-hospitaal in Pretoria opgeneem is vir dubbele longontsteking waarna heelwat komplikasies ingetree het.