Met dié resepteboek word ma’s tydelik uit die kombuis verban sodat pa’s en die kinders ʼn bietjie kan uithelp in die kombuis. Die resepte is maklik om voor te berei en ʼn heerlike manier om ma te bederf – kyk net hoe heerlik lyk dié sjokoladekoek.
[Resep] Hoender-en-klapper-kerriesop
Dié smaaklike sop is maklik om voor te berei, maar gesofistikeerd genoeg om as elegante eerste gang vir ʼn deftige ete op te dien. Almal geniet ʼn laatoggend- of namiddaghappie.
[Resep] Voupakkies met roereier, spinasie en sampioene
Dis ʼn maklike manier om ʼn kosblik-ete vullend en voedsaam te maak én dis vinnig om voor te berei.
[Resep] Gebakte pasta met kerrie-botterskorsiesous
Hierdie is een van daai “goedvoel”-resepte – perfek vir die koue weer wat op pad is.
[Resep] Susan se soeterige Sondaghoender
Die patats met die skil in die plek van aartappels verlaag die ete se GI en is gesonder as aartappels. Die klappermelk, saam met die patats, gee die gereg ʼn soet smakie. Die gereg is vinnig om op ʼn Sondagoggend voor kerk gereed te kry, en dan gou in die oond te druk sodra jy by die huis kom, skryf ʼn Maroela-leser, Susan van Pretoria.
[Resep] Slaai met appel en eier plus ʼn veelsydige slaaisous
Dis amper winter, maar daar is nog gereeld ʼn sonskyndag of twee, wat ʼn mens lus maak om nog ʼn kraakvars slaai vir middagete te geniet. Hier is ʼn maklike resep met appel, eier, avo en kekerertjies.
[Resep] Terijaki-en-roosmaryn-biefsosaties
Kyk net hoe pragtig lyk dié, en jy maak dit sommer in ʼn japtrap.
[Resep] Maalvleispoffertjies
ʼn Heerlike peuselhappie vir die komende naweek!
[Resep] Malvapoeding
Dié ou staatmaker lyk sommer pragtig in kleiner porsies. Wie kan nee sê vir dié lekkerny?
[Resep] Kerrie-en-soetrissie-roomsop
Die winter kan maar kom, ons is reg vir die koue met dié heerlike sop.
[Resep] Mieliebrood
Mieliebrood is een van daardie baie gewilde resepte waarvoor elkeen dalk hul eie weergawe het, maar dit bly iets waarvoor die meeste mense baie lief is.
[Resep] Boerewors-en-koeskoes-slaai
[Resep] Boerewors-en-koeskoes-slaai
[Resep] Ongebakte grondboontjieblokkies
Hierdie resep is perfek vir die langnaweek – so ietsie soets gaan mos goed saam met kuier en rus!
[Resep] Lamsvleis-en-groentebredie
Jy hoef nie ʼn sjef te wees om dié resep te bemeester nie. Dis doodeenvoudig om aanmekaar te slaan.
[Resep] Filotert met spinasie, bone en feta
Nog ʼn langnaweek, nog ʼn lekker kans vir eet en kuier. Hierdie filotert is ewe geskik vir ʼn kosblik of as ʼn lekker iets-te-ete vir…
[Resep] Suurlemoenblokkies
Suurlemoenblokkies klink soos die perfekte smulhappie vir ʼn blou Maandag.
[Resep] Oondgebakte noedel-en-groentegereg
As jy raadop is oor wat om vir jou gesin dié winter voor te sit, sal dié noedel-en-groentegereg jou weer inspireer om iets nuuts te beproef. Jy kan dit saam met ʼn groenslaai of vrugteskywe voorsit.
[Resep] Visslaai
Die hele gesin sal heerlik eet aan hierdie slaai – ertjies en al!
[Resep] Amerikaanse sjokoladebruintjies (brownies)
Saam met boeretroos voor die kaggelvuur sal hierdie sjokoladebruintjies heerlik in die winter wees.
[Resep] Bone in tamatiesous met gebakte eiers
Hierdie laatontbyt kan met min moeite voorberei word. Selfs al kamp julle of het net ʼn vuur of gasbraaier om mee kos te maak, is hierdie idee maklik, vinnig en lekker.