Pastapot

Ek het hierdie resep jaar na jaar gebruik toe ek kos-ma was vir die eerstejaarskamp op die PUK en elke jaar was dit ‘n treffer. Die hele gereg is binne 45 minute kant en klaar en is oorgenoeg vir 4 tot 6 mense.

4-stap-sysagte-skons

Ek het hierdie resep by my ouma gekry. Sy glo vas dat ‘n mens altyd gereed moet wees om onverwagse gaste met ietsie lekkers te verwelkom. Daarom het sy altyd die bestanddele vir hierdie vinnige en maklike sysagte-skons in haar koskas.

Pampoenpastei

Susan Lombaard – Ons was skaars ʼn week terug van wittebrood af toe my skoonma vir Sondagmiddagete kom kuier. Ek wou haar beïndruk en het hierdie pampoenpastei gemaak.