Daar is ’n verskeidenheid van genadegawes, maar dit is dieselfde Gees wat dit gee; daar is ’n verskeidenheid van bedieninge, maar dit is dieselfde Here wat die opdrag gee; daar is ’n verskeidenheid van kragtige werkinge, maar dit is dieselfde God wat alles in almal tot stand bring. (1 Korintiërs 12:4–6)
ToekomsVenster: Woord van kennis wys wat ons moet weet
Aan ‘n ander gee Hy die gawes van spesiale kennis.
Gedagte vir die dag: Die gawes van die Gees
Julle moet die liefde nastreef. Lê julle toe op die gawes van die Gees, maar veral daarop om God se boodskap te verkondig. (1 Korintiërs 14:1)
ToekomsVenster: Woord van wysheid vra hoe
Woorde van wysheid help ons om in lyn te kom met wat God vir ons/Sy gemeente beplan en verhinder dat ons vasgevang raak in gebeure en omstandighede.
Gedagte vir die dag: Werk met ewigheidswaarde
‘Julle moet nie werk vir die voedsel wat vergaan nie, maar vir die voedsel wat nie vergaan nie en wat ewige lewe gee. Dit sal die Seun van die mens vir julle gee, want God die Vader het Hom die mag daartoe verleen.’ (Johannes 6:27)
ToekomsVenster: Operasionele riglyne vir die gawes van die Gees
In 1 Korintiërs 12 gee Paulus aan die gelowiges bepaalde riglyne waarbinne die gawes van die Gees verstaan behoort te word.
Gedagte vir die dag: Die hele skepping juig
Prys die Here vanuit die hemele, prys Hom in die hoë hemel! (Psalm 148:1)
Gedagte vir die dag: Die vreugde van my voorregte
Jy moet al die goeie dinge geniet wat die Here jou God aan jou en jou huisgenote gee, jy en die Leviete en die vreemdelinge wat by jou woon. (Deuteronomium 26:11)
Gedagte vir die dag: Loof God vir sy Woord
U woord is die lamp wat my die weg wys, die lig op my pad. (Psalm 119:105) God se woorde is met ’n doel vir…
ToekomsVenster: Ontwikkel jou geestelike ID
Wanneer jy hierdie Skrifgedeelte toelaat om jou identiteit te omvorm, verloor sonde sy mag oor jou!
Gedagte vir die dag: Loof God vir alles wat ons het
En nou loof ons U, o God, ons prys u glansryke Naam, want wie is ek en wie is my volk dat ons die vermoë sou hê om sulke gawes te bring? Alles kom tog van U af en ons gee aan U wat ons van U gekry het. (1 Kronieke 29:13–14)
ToekomsVenster: Die Gees lei ons in waarheid
Jy besef nou dat Sy Woord ewig waar is en dat niks die ewige Skrifwaarhede en -beginsels gaan verander nie.
Gedagte vir die dag: Loof God vir alles wat Hy is
Dawid het ’n lofprysing aan die Here in teenwoordigheid van die hele vergadering uitgespreek. Sy woorde was: ‘Geloofd sy U, Here, God van ons voorvader Israel, van ewigheid tot ewigheid. Die grootheid, Here, die krag, die glans, die roem en die majesteit behoort aan U, ja, alles in die hemel en op aarde. Aan U, Here, behoort die heerskappy; U is bo almal verhewe.’ (1 Kronieke 29:10–11)
ToekomsVenster: Negatiwiteit verhinder die Heilige Gees
Bely alles wat jou verhinder om deur die krag van die Heilige Gees te opereer. Moet veral nie toelaat dat ander mense se foute, gebreke en oortredinge jou beroof van ’n lewe van oorvloed nie.
Gedagte vir die dag: Eindelik, vreugde!
‘Here, laat u dienaar nou in vrede gaan volgens u woord, omdat my oë u verlossing gesien het wat U gereed gemaak het voor die oë van al die volke: ’n lig tot verligting van die nasies en tot eer van u volk Israel.’ (Lukas 2:29–32)
ToekomsVenster: Die eeue-oue Woord is ook vandag se Woord
Die Bybel bevat nie slegs beloftes nie, maar ook voorwaardes tot daardie beloftes en voorskrifte vir ’n seëngevulde lewe. Gehoorsaamheid aan God se Woord verseker ’n lewe van oorvloed.
Gedagte vir die dag: Volkome blydskap
‘Maar nou kom ek na U toe. En Ek sê dit terwyl Ek nog in die wêreld is, sodat hulle my blydskap in al sy volheid in hulle kan hê.’ (Johannes 17: 13)
ToekomsVenster: Die Heilige Gees vernuwe ons
Dis ’n keuse om Hom bo alles te kies en in alles te gehoorsaam. Het jy al die Heilige Gees toegelaat om hierdie opdrag in jou te verlewendig?
Gedagte vir die dag: Prys die Here
Dit is goed om die Here te loof, om u Naam te besing, Allerhoogste, om elke môre van u liefde te getuig, en elke aand van u trou, om dit te doen met snaarinstrumente, met harp en lier. (Psalm 92:2–4)
Gedagte vir die dag: Meer en meer soos Jesus
Ons almal weerspieël die heerlikheid van die Here, want die sluier is van ons gesig af weggeneem. Ons word al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word. Die heerlikheid wat van ons uitstraal, neem steeds toe. Dit doen die Here wat die Gees is. (2 Korintiërs 3:18)