Is dit die einde van die pad vir die All Blacks se ysterflank Jerome Kaino, of word hy maar net reg bestuur om later in die Rugbykampioenskap op die Springbokke losgelaat te word?
Nuwe kaptein vir die Goue Leeus teen WP
Ryan Kankowski se liesbesering lei daartoe dat die Goue Leeus Vrydag op Nuweland deur ʼn nuwe kaptein in die Curriebekerbotsing teen die Westelike Provinsie op die veld gelei sal word.
Flikker Superrugby-gevaarligte reeds vir Pro14?
Die Cheetahs en die Southern Kings het nog nie eens hul eerste wedstryde in die nuwe tussenvastelandse Pro14-reeks gespeel nie, of daar is aanduidings dat die gevaarligte vir die reeks begin flikker.
Jake White ook briesend oor die rooi Boktrui
Die gewese Springbok-afrigter Jake White het hom by duisende ander briesende ondersteuners aangesluit oor die omstrede besluit van die Suid-Afrkaanse Rugbyunie (Saru) om die Bokke in die komende Rugbykampioenskaptoets in Salta in rooi truie teen die Argentynse Poemas te laat speel.
Die rugbygene sit dik in Adam Coleman se bloed
Toe die jong boontjierank Adam Coleman verlede jaar sy toetsbuiging vir die Wallabies gemaak het, was daar in sekere kringe bedenkinge of hy fisiek genoeg sou wees vir die stampe en stote van toetsrugby.
Krake in SA rugby wys weer
Die taak vir die Springbokspan om Saterdag in Port Elizabeth teen die Argentyne Poemas in die Rugbykampioenskap die krake in Suid-Afrikaanse rugby toe te smeer, raak al hoe groter nadat die Suid-Afrikaanse Skolespan Dinsdag in die Paarl skandes gemaak.
Woelinge in die Bokkamp voor toets teen Poemas
ʼn Springbok is beseer, ʼn ander weer nader getrek, en vyf spelers wat in die groep van 34 spelers was vir Saterdag se Rugbykampioenskaptoets in Port Elizabeth teen die Argentynse Poemas, is vrygestel om die naweek Curriebekerrugby te speel.
SA o.20-speler maak buiging vir WP
ʼn SA o.20-speler, wat reeds Superrugby vir die Stormers gespeel het, maak Vrydag op Nuweland sy buiging vir die Westelike Provinsie teen die Goue Leeus.
Maseru kry internasionale sewestoernooi
Maseru kry sy eie internasionale sewestoernooi, het die sportpromotor Willem Strauss aangekondig.
Dit help om die rieme in rugby dunner te sny
Dis ʼn balansstaat wat elke rugbyspelende land groen van jaloesie sal maak … al 14 provinsiale unies in Nieu-Seeland het verlede seioen ʼn wins gemaak.
Bokke, All Blacks moet met skoon lei begin
Elke rugbyspan se moed sak in sy skoene wanneer ’n sekere skeidsregter vir ʼn komende toets aangewys word.
Valke, OP se Goue Beker-klubs bekend
Met die Valke en die Oostelike Provinsie se deelnemers aan die oop klubs se internasionale reeks om die Goue Beker beklink, is net twee deelnemers nog nie bepaal nie.
Robbie Coetzee onskuldig nadat rooikaart die Leeus kos
Robbie Coetzee, haker van die Goue Leeus wat Saterdag ná 51 minute afgestuur is omdat sy stewel na bewering kontak met ʼn Sharksspeler se gesig gemaak het, is Maandag deur ʼn tugkomitee onskuldig bevind.
Force-besluit: Die stryd begin in alle erns
ʼn Mens hoef nie van die Aussies te hou nie en kan hulle van baie dinge beskuldig, maar dalk kan hulle ons tog ʼn les leer van hoe om saam te staan en nie om tou op te gooi nie.
SuperSport ontken minister kla oor Derick se twiet
“My bedoelings was rein – ek verstaan almal se agtergronde. Maar as jy al vir die beste gespeel het, sien jy niks anders as talent nie.”
Dit kan binnekort Noorder- én Suider-Bokke wees
Jurie Roux, die uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru), het baie groot drome vir Suid-Afrikaanse rugby.
Coles kry nog ʼn stamp teen die kop
Die All Black-haker Dan Coles se loopbaan hang aan ʼn dun draadjie.
As spanne nie kan verdedig, is dit neusie verby
Dit was Saterdag ʼn opwindende fees van hardlooprugby in die Curriebeker-reeks, maar ai, waar was die verdediging?
Beserings en rooi kaart kelder Goue Leeus
Die Goue Leeus was op Ellispark goed op pad om dit drie uit drie vir die buiteperde in Saterdag se Curriebekerstryde te maak toe beserings en ʼn rooi kaart hulle van stryk gebring het.
WP knoop Bul se stert sommer voor rustyd al
Die Westelike Provinsie het op Nuweland grootliks verras deur sommer in die eerste helfte al met die Blou Bulle klaar te speel.