Twee plaaslike derbies en die sukkelende Bulls sal Saterdag die Superrugby-fokus in Suid-Afrika wees.
Limpopo-Bulle se nuwe superliga skop af
Die Limpopo Blou Bulle se nuwe superliga wat krag teen krag meet, skop Saterdag met drie wedstryde af.
Arrogante verloor-Aussies wil kitaar bly slaan
Die arme Wallabies. Nou wil hulle spelers glo staak omdat een van hulle – meestal gemiddelde – spanne skynbaar uit die hersiene Superreeks gelaat sal word.
Sandveld: kampioen kry wind van voor
Die heersende kampioen in die Griffons se Sandveldliga is besig om die wind van voor te kry in vanjaar se reeks.
Hoe gaan die nuwe sportminister die bal vang?
Dis dalk nie die belangrikste kabinetskuif nie, dit sal nie die Rand oor die afgrond stoot nie, maar tog sal miljoene Suid-Afrikaanse sportondersteuners, veral in rugby, asem ophou oor die aanstelling van Thembelani Nxesi as die nuwe sportminister.
Politiek en Altrad kan Lions Ackermann kos
Politiek en die dik-dik beurs van die Siriër Mohed Altrad kan die deurslag gee in die Lions-afrigter, Johann Ackermann, se besluit om ʼn aanbod te aanvaar om in Engeland af te rig.
Crusaders sal vir Australasiese hoogtepunt sorg
Die Crusaders gaan waarskynlik hierdie naweek hul plek bo-aan die algehele punteleer van die Super-reeks verstewig
Toe rugby nog lekker én daar nie hofsake was nie
Om te dink in die oud dae het ʼn mens gespeel omdat rugby vir jou lekker was, jy lid van ʼn span was, ook van die groter rugbyfamilie. Na ʼn oorwinning is daar saam met teenstanders gekuier en moes jy hoor van die swak ref wat hulle verneuk het.
Van skaaf- en brandplekke weet ons alles
Een van enige rugbyspeler se grootste nagmerries is wanneer hy by die teenstanders se veld aankom.
Tragedie op rugbyveld
ʼn Tienerseun is Woensdagmiddag tydens ʼn rugbyoefening dood.
Halfeindstryd oorgespeel ná hofgeding
In ʼn haas ongehoorde stap word een van die wedstryde in die halfeindronde van die Oos-Kaapse Super 12-reeks Donderdag oorgespeel nadat een van die partye hom tot die hof gewend het.
Dallas-sewes word jonges se poort na Amerika
Met die berig van nog ʼn Amerikaanse beursaanbod en die nuus dat verskeie Suid-Afrikanse spanne weer vanjaar aan die Dallas-o.19-sewestoernooi toernooi sal deelneem, lyk dit of dié toernooi ʼn nuwe poort na Amerika vir jong SA rugbyspelers skep.
Groot nuus vir hoërskoolrugby
Verdere goeie nuus vir rugbygeesdriftiges is dat van die wedstryde van die 2017-toernooi ook op kykNET uitgesaai sal word.
Is goed genoeg ook oud genoeg?
Moet Curwin Bosch nou al vir die Bokke gekies word?
Suid-KZN in noppies met eie rugbyakademie
Rugbylui in die Suid-KwaZulu-Natalse Subunie (SKZNRSU) is in hul noppies met die totstandkoming van hul eie rugbyakademie as satellietinstelling van die welbekende Sharks-akademie.
Goue Beker bied trap boontoe vir topspelers
Nes verlede jaar is die uitblinkers van die afgelope internasionale reeks om die Goue Beker (GB) besig om ʼn trappie hoër te klim danksy die blootstelling wat hul spogvertonings in die reeks hulle besorg het.
Ackermann kies dieselfde span teen die Sharks
Die Lions sal Saterdag met dieselfde span teen die Sharks opdraf as die een wat die wedstryd verlede week teen die Kings en met 42-19 gewen het.
Vryheid kry honderdtal in Noord-Natalse liga
ʼn Onkeerbare Vryheid het Saterdag ʼn honderdtal op Arborpark, Newcastle, in die Noord-KwaZulu-Natalse Subunie (NKZNRU) se senior liga opgestapel.
Luiperdsliga: kampioen spring op wennoot weg
Die houer van die Luiperds se Jaap Steynbeker het Saterdag die nuwe seisoen op ʼn wennoot weggespring in `n wedstryd wat in ʼn baie goeie gees afgehandel is.
Koue storte … en ʼn bord kos in die lou oond
In die ou dae het almal nog klubrugby gespeel: Frik du Preez, Naas Botha, Danie Gerber en Morné du Plessis.