Soorte resepte:

Heerlike koekieresepte vir die feestyd

Vakansietyd is koekietyd; so kry jou kinders en sit die oond aan, nou gaan ons bak!

Japtrap-koekies

Dié ryk en bros grondboontjiekoekies maak jy binne 30 minute van begin tot einde.

Kry die resep hier.

Japtrap-koekies (Foto: Janie Monsieur)

Slimjan-koekies

Maklike vakansiekoekies wat die kinders sommer self kan maak.

Kry die resep hier.

Slimjan-koekies (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Miljoenêrskoekies

Hierdie brosbroodbasis is heerlik en veerlig met dekadente lae tuisgemaakte karamel en sjokolade.

Kry die resep hier.

Miljoenêrskoekies (Foto: Annelien Pienaar)

Krakerige gemmerkoekies

Goue, krakerige gemmerkoekies met tonne geur.

Kry die resep hier.

Krakerige gemmerkoekies (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Suurlemoenkoekies

Maklike koekies met eenvoudige bestanddele, selfs die kinders kan help uitdruk.

Kry die resep hier.

Suurlemoenkoekies (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Biltong-en-kruiekoekies

Hierdie koekies is perfek vir pieknieks, langpad reise en kosblikhappies. Die raklewe is lank en die koekies kan ook met sukses gevries word.

Kry die resep hier.

Biltong-en-kruiekoekies (Foto: Annelien Pienaar)

Ongebakte hawermoutkoekies

Hierdie koekies word nie gebak nie en die resep is eenvoudig genoeg dat kinders dit self kan maak.

Kry die resep hier.

Ongebakte hawermoutkoekies (Foto: Colette Schultz/Maroela Media)

Milkybar-sjokoladesplinterkoekies

Hierdie koekies is krakerig en bros met die heerlike smake van Milkybar-sjokolade wat trou met die vanielje-en-jogurtversiersel.

Kry die resep hier.

‘Milkybar’-sjokoladesplinterkoekies (Foto: Verskaf)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.